Thursday 5 January 2012


Elke uur van die horlosie het 'n boodskap:

EENUUR
sê vir my ek leef net een maal en daarom moet ek die lewe waardeer en my tyd hier op aarde reg gebruik.

TWEE-UUR
sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.

DRIE-UUR
herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet dien.

VIERUUR
herinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook
al mag gaan ek die Hemel se kompas (die Bybel) nodig het om vir
my rigting aan te dui.

VYFUUR
dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet
werk om my brood eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die
Here.

SESUUR
sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van
die week werk.

SEWE-UUR
sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus.

AGTUUR
laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die
sondvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by
Christus skuiling soek.

NEGE-UUR
herinner my aan die nege melaatses wat nie
teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle gesond geword
het nie en maan my om dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat
ek uit Sy hand ontvang

TIENUUR
herinner my aan tien jong meisies waarvan vyf
nie
gereed was toe die bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie
so dwaas soos hulle te wees nie

ELFUUR
herinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel
om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my
om altyd gereed te wees om die Here te ontmoet.

TWAALFUUR
sê vir my die genadetyd is haas verby. Om
middernag kom die Bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agterbly
as Hy Sy kinders kom haal nie.

ELKE TIK VAN DIE HORLOSIE,
ELKE KLOP VAN DIE HART
BIED 'N GELEENTHEID,
GEBRUIK DIT TOT EER VAN DIE HERE

No comments:

Post a Comment