Thursday 5 January 2012


My liefste kind,
Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart. Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander - selfs toe jy nog net ‘n gedagte was…
Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot. Jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou vingertjies sal Ek nooit weer herhaal nie.
Jy is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie. Ek maak net mense na My beeld.
Toe die tyd reg was, het Ek jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms geplaas …. Ek het in jou ogies gestaar en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak.
Nog nooit het Ek daarna My oe van jou afgehaal nie. Ek het jou gesien opgroei. In die dag bewonder Ek jou en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.
Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos ‘n mislukking gevoel het. Daar was dae wat jy seer gekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was. Dae wat pyn jou wou vernietig het!! Ek het saam met jou gehuil, My hande gehou en jou kosbare trane opgevang.
Ek ken seer, Ek ken pyn. Daar was self ‘n tyd wat mense My nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp het en aan ‘n kruis vasgeslaan het, daarom weet Ek hoe jy voel.
Daar is dae wat jy deurmekaar sal voel en wonder wat, waar en hoekom. Ek wil net vandag vir jou vertel dat nie een van die foute wat jy maak, vang my onkant nie. Ek is nie verbaas nie. Ek weet alles. Ek vestaan alles. Ek sien alles.
Ek kyk na jou met oe wat nie oordeel nie. Ek kyk na jou met oe vol liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek ‘n God is wat uit liefde bestaan.

Soms het mense al ‘n verkeerde prentjie van My vir jou geskilder. Ek wil jou nie straf nie. Ek is nie ver van jou af nie. Ek ken jou beter as enige iemand anders. Ek weet wie jy werklik is. Ek het jou gemaak en Ek maak nie foute nie!! Die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie – Wie jou gemaak het, bepaal wie jy is.

Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van die item … en die enigste prys waarmee Ek jou kon koop, was met My lewe.

Kom kyk vir ‘n slag na jouself deur My oe. Ek ken jou potensiaal, Ek weet waartoe jy instaat is. Ek ken die wenner binne jou. Ek ken jou mooi hart. Ek ken jou sagte persoonlikheid. Ek sien ‘n pragtige mens wanneer ek na jou kyk.

Dalk was daar dae wat jy gese het jy glo nie in My nie, maar Ek se vandag vir jou: Ek glo in jou!!!
Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig. Ek wil jou weer laat glo jy kan. Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms.
Ek wil he jy moet My toelaat om My liefde vir jou te wys.

Praat met My. Ek is by jou …..

Jou Hemelse Pa (wat net ‘n asemteug ver is).

No comments:

Post a Comment