Thursday 5 January 2012


Die Here sê vandag vir jou:
 
Jy kan My nie voel nie, en tog is Ek die krag in jou hande,
Ek is besig om jou te lei, al verstaan jy nie My weë nie,
Ek is besig om te werk, al sien jy nie My werke nie,

Ek is nie vreemde wee nie. Ek is geen misterie nie,
Net in absolute stilte, waar die eie ek nie meer bestaan nie,

sal jy My ken soos Ek is,
en selfs dan sal dit ‘n gewaarwording en geloof wees.
Tog is Ek hier. Ek hoor. Ek antwoord.
As jy my nodig het, Ek is hier.
Selfs al twyfel jy soms in My, is Ek hier.
As jy eensaam en alleen is, is Ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.
Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy in My.
Al gaan jy in ‘n dal van doodskaduwee is Ek met jou. Ek sal jou nooit faal nie.
Al is jou geloof in My nog klein sal My geloof in jou nooit wankel nie, want….

Ek ken jou, en Ek het jou lief.
Geliefde, hier is Ek.  Sit jou hand in myne en ek sal jou styf
teen my bors vashou al die dae van jou lewe.
Ek het jou uit vele gekies... jy is my kind en Ek is jou Vader.

Ek is jou Herder en niks sal jou ontbreek nie!!! Bid sonder ophou.

Ek is die Enigste Waaragtige God wat jy ooit sal ken

No comments:

Post a Comment