Monday 9 January 2012


My Nuwe Lewe Daaglikse Gebed:
Vader  help my om ‘n nuwe ingesteldheid teenoor die lewe te ontwikkel en te glo dat daar in U vir my ‘n beter toekoms is. Help my om te onthou dat U my horizon verbreed omdat ek op U vetrou om meer in en deur my te doen.
Help my Vader om nuut na myself te kyk - deur geloofsoe. Ek gaan die ontsaglike potensiaal wat U in my lewe uitgestort het, raak sien. Help my om in geloof te lewe – sodat ek die lewe kan raaksien wat U vir my bestem het.
Vader help my om ontslae te raak van alles negatief – ek glo U wil my visie verbreed, my horizon verruim en vir my ‘n lewe vol betekenis gee.
Vader, ek is gereed en bereid om op U te vertrou en te glo dat meer goeie dinge in my lewe vir my beskore is. Help my om ontslae te raak van ou gesindhede wat my visie beperk en veroorsaak dat U werk in my tot stilstand kom. Ek glo in U groter guns!!!
Vader help my om my dag met geloof en verwagting te begin, en te glo dat goeie dinge vir my in die vooruitsig is. Help my om sterker te word wanneer my geloof wankel, sodat ek U al meer kan vertrou en kan ontavng wat ek in geloof verwag.
Here help my om my oe op U gevestig te hou – dan sal ek in oorwinning leef.
Gee my die moed om te glo in ’n goeie dag vandag en ‘n beter toekoms more. Dankie dat U soveel meer vir my bestem het.
Heilige Gees help my om voortdurend na te dink oor GOD se goedheid, en met geloof en verwagting te leef, want dan sal God my meer gee as wat ek ooit kon vra, met meer gawes as waaroor ek ooit kon droom.
Ek gaan vandag op U vertrou om dinge in en deur my lewe te doen wat selfs wonderliker is as alles wat U voorheen gedoen het.
Vader, dankie dat U goeie dinge vir my bestem omdat ek in geloof op U vertrou om my in die regte rigting te lei.
Vader, dankie dat U engele wag hou oor my en dat U guns altyd met my sal wees.
Vader, ek verwag om vandag goeie dinge van U te ontvang.
Vader, dankie dat ek U guns ontvang en dat U my lei en die pad aandui.
Vader, leer my om gunsbewus te leef, om die beste te verwag, om sukses te voorsien en om te fokus op die goeie.
Vader, help my om hoopvol te bly tot die einde, ongeag my omstandighede. Dankie date k met selfvertroue en durf kan reageer omdat ek U guns het. Dankie dat U vir my geleenthede skep.
Vader, danksy U kan ek groot droom. Ek weet ek kan die doelwitte bereik wat U in my hart gevestig het as ek in U glo en op U vertrou.
Vader, help my om myself lief te he sodat ek U liefde meer doeltreffend aan ander kan betoon.
Vader, laat my asb deur U oe na myself kyk: Ek is deur U geskape na U beeld; U het my gekies as kind en U het my lief net soos ek is!! (U werk steeds aan my om my te maak wie en wat U my van die begin af beplan het om te wees).
Here help my om nie toe te laat dat my swak selfbeeld verhoed om my Godgegewe  gawes en mag te gebruik nie, en my so te beroof van die oorvloedige lewe wat U vir my wil gee.
Vader, dankie vir U vryspraak. Dankie dat u my goedkeur en tevrede is met my ten spyte van my sonde. Ek dank U dat ek vergewe is. Ek weet dat ek U kind is.
Ek weet ek kan U liefde nie verdien nie Vader, maar leer my om dit te geniet, my eie te maak en U liefde uit te stort oor ander.
Dankie Heer dat U weet wat my potensiaal is; en dat U my aanvaar en lief het.
Vader. Ek glo dat U ongelooflike dinge in my lewe kan doen, dinge wat ek nie eens kan verstaan nie. Ek gaan vandag my geloof uitleef en glo in wonderlike dinge wat tot U eer gaan gebeur, ongeag wat vandag met my gaan gebeur.
Vader, ek kies om liewer te glo en nie te twyfel nie. Ek gaan vandag my geloof uitleef en op U vertrou vir alles wat ek nodig het, want ek weet U sal my help, selfs wanneer dit moeilik gaan.
Ek gaan vandag op U fokus, op Wie U is en op wat U kan doen in en deur my.
Dankie Vader dat U my vandag seen!!
Here, ek dank U dat U beter dinge vir my bestem as wat ek ooit kon kies. Dankie dat U droom vir my groter is as my eie drome. Ek weet U hulpbronne is onuitputlik – en dis alles tot my beskikking.
Help my om U genade en goedheid beter te verstaan terwyl ek my plek as koningskind inneem – dankie heer dat U my as U kind gekies het.
Help my om die mens te genie twat U geskep het en om elke dag te leef met die wete dat U my op hierdie tydstip met ‘n doel geplaas het waar ek is. Dankie dat U betekenis en waarde gee aan my lewe.
Dankie Vader dat U my die selfvertroue gee om myself te wees. Ek gaan my nie steur aan wat ander van my dink nie. Solank U met my tevrede is, is ek gelukkig.
Omdat ek weet dat U ‘n wonderlike plan vir my lewe het, Vader, kan ek die gawes en talente wat U my gegge het, met selfvertroue gebruik en word wat U my bestem het om te wees.
Heilige Gees help my om op God te fokus, en op Sy goedheid – my God is groter as my probleme!! Lei my denke in ooreenstemming met U Woord.
Ek kies om vandag positiewe gedagtes te koester. Dankie dat u my gedagtes nuut maak en my ‘n nuwe gesindheid van hoop gee.
Vader, help my om my gedagtes te he waarmee U tevrede is – bepaal my gedagtes by U goedheid en seen en gawes.
Dankie my Here en my God dat ek aan die beloftes in U Woord kan vashou, en weet U sal U beloftes aan my nakom.
Vergewe my Vader date k toegelaat het dat vrees en kommer my gedagtes oorheers het. Ek sal voortaan op U vertrou en positief wees, want U krag, liefde en genade  is tot my beskikking.
Vader, ek is opgewonde oor hierdie dag wat U gemaak het. Ek gaan juig en jubel en dit geniet – tot U eer. Here, ek weet U beloon die wat tot U nader; daarom dank ek U byvoorbaat vir U guns, seen en oorwinning in my lewe vandag!!!
Here God, U Woord is my dryfkrag. Help my om voortdurend daaroor te mediteer en deur geloof en psotiewe denke U geleentheid te gee om my te seen met U oormaat. God ek wil se’: Ek glo Here, help my met my ongeloof!! Ek bid dat U teverde sal wees met my denkpatrone.
Vader, help my asseblief om te konsentreer op U en op die waarhede in U Woord. Dat ek nie bang sal wees nie, maar vol vreugde en vrede te glo en te vertrou dat U net die beste te alle tye vir my wil gee.
Here God, help my om denke in lyn te bring met U denke - ek glo U Woord, daarom is niks onmoontlik vir my nie.
Vader, dankie dat ek nie allen in hierdie wereld is nie - U is altyd met my.
Vader, mag my woorde voortdurend gevul wees met geloof en hoop, en mag my woorde ‘n atmosfeer skep waarin U groot en magtige dinge in en deur my lewe kan doen!
Mag my woorde U wil en U Woorde weerspieel in alle situasies waarin ek beland. Ek wil woorde van geloof spreek. Ek vetrou op U Woord om genesing en gesondheid te bring wanneer ek bid!!
God help my om seenwense uit te spreek - oor myself, my familie, vriende en my personeel.
Ek kies vandag om te glo dat U goeie dinge vir my bestem deur U wonderlike liefde en genade.
Dankie Vader dat my verlede vergewe is, en dat ek kan fokus op die wonderlike toekoms wat U vir my beplan.
Here, alles wat ek nie verstaan en antwoorde voor kry nie, laat ek by U. Ek vertrou dat U iets goeds daaruit vir my sal maak.
Help my Vader om U te alle tye en in alle situasies te vertrou. Help my om te vergewe en vir  ander te bid - en nie verbitterd en haardraend te wees nie. Help my asb om alle bitter en kwaad van my verlede te bely en te vergewe, sodat ek skoon en nuut in U wil kan leef.
Here God, help my om elke dag nuut te begin: om te kan vergewe en vergeet. Ek wil daagliks U genade en vergifnis ontvang, en uitleef.
Vader, ek vertrou op U om die negatiewe sitausies te gebruik vir iets goed. Met U hulp gaan ek die goeie aanbied in ruil vir die bose, liefde in ruil vir onderdrukking, haat of onverskillihgheid.
Dankie my Vader en my God dat U vir my voorspoed en ‘n wonderlike toekoms beplan.
Here, ek weet U is volkome inbeheer en U sorg dat ek presies is waar U wil he ek moet wees. Daarom gaan my geloof nie wankel nie. Ek  gaan met blydskap voortgaan, omdat ek weet U gaan hierdie probleem tot my voordeel  aanwend.
Vader, gee my die moed, krag en bereidwilligheid om die veranderings te maak wat U van my verwag.
Here God baie dankie vir al U liefde, genade en gawes wat U so mildelik in my lewe uitstort - help my om dit met ander te deel uit danbaarheid.
Here, ek wil nooit weer kla oor alledaagse dinge nie. Ek wil waardeer wat U vir my gee. Ek weet hoe bevoorreg ek is omdat U my lief het en vir my sorg.
Liewe Heer ek wil U meer dank wanneer ek met U gesels as wat ek wil vra - help my asb daarmee o Heilige Gees.
Vader ek weet U beloon die wat U vertrou en daarom gaan ek aanhou glo dat U alles vir my ten goede gaan laat uitwerk.
Vader help my om my medemens se behoefte raak te sien en hulle en U bo my eie ek te stel.
Dankie Here dat ek so geseend is - ek wil dit gebruik tot seen vir ander; en tot U eer.
Help my Heer om ‘n goeie rekenmeester vir U te wees, sodat ek nog meer vir ander kan doen - gee my ‘n oop hand en hart vir my medemens.
Here maak my sensitief vir my medemens se behoeftes. Sodat ek van hulp kan wees waar daar nood is.
God help my om getrou, gelowig en vol vreugde te bly ook wanneer U besig is om my gereed te maak vir groter dinge.
Dankie my God dat U altyd by my is - en dat U ‘n plan met my het.
Ek bid dat U verheerlik sal word deur my lewe, deur alles wat ek se’ en doen, en deur wie ek is. Ek wil he’ my woorde en dade moet U tevrede stel en U plesier.
Vader ek bid dat my lewe daagliks van nuuts af deur U goedheid geinspireer, deurdring en gevul sal word. Ek bid dat ander U in my lewe sal sien - en ook U kinders sal wil wees.
Gee dat my entoesiasme vir U ander se aanmoedig om U ook met passie te dien.
AMEN.

No comments:

Post a Comment