Thursday 5 January 2012


Bybel:
 
Genesis 1& 2:
God is die Meesterontwerper – Hy het ook vir jou ontwerp.
“Volgens God se ontwerp is ek …………….” (gebruik Ps 139:14; 1 Kor 11:3; Efesiers 2:10, 5:21-6:9 & Titus 2:14.
Basiese vrae (beantwoord deur 1ste vers van Bybel)
1)       Wat is daar ? Hemel & aarde
2)       Was daar ‘n spesifieke punt waar dit alles begin het? Ja
3)       Hoe het dit daar gekom ? Dis alles geskep.
4)       Wie of wat is daarvoor verantwoordelik ? GOD

Genesis 3-5:
Vergelyk Gen 3 met Matt 4:1-11 = Satan versoek altyd op dieselfde 3 maniere:
1)       Sondige begeertes
2)       Alles wat die oé sien
3)       Gesteldheid op besit (1 Joh.2:16)

Gen.6-9:
Maak ‘n lys van geloofstappe wat Noag geneem het
Noag was gehoorsaam aan God deur ‘n hamer en spykers op te tel – wat vra die Here van jou om gelowig en gehoorsaam te wees ?

Gen.10-11:
God bedoel elke woord wanneer Hy ‘n opdrag gee. Dit is nie bedoel om ontleed en gedebatteer of verontagsaam te word nie. Hy gee gebooie en
Opdragte om gehoorsaam te word. Jy kan baie ellende van jouself afweer as jy net gehoorsaam is.

Gen. 12-14:
Dis nie genoeg om net gewillig te wees om bruikbaar vir God te wees nie; jy moet ook bereid wees om geslyp en voorberei te word.

Gen.13-17:
Wees gewaarsku: om God se wil op jou manier uit te voer, beteken dat jy God se wil nie uitvoer nie – dat jy ongehoorsaam is !!
God belowe ons nooit ‘n maklike pad nie, maar wel ‘n veilige aankoms.

Gen.18-20:
God werk elke dag met “onmoontlike” gevalle . Wat kan vir Hom onmoontlik wees as Hy die heelal en alles daarin geskep het?

Gen 21-24:
Dis slegs deur gehoorsaamheid dat ons die groot vreugde van God se wil ontdek.
Onthou dat die tydsberekening van die Een wat tyd gemaak het altyd volmaak is – Sy tyd om jou gebede te verhoor, is altyd die regte tyd!!!

Gen.25-26:
Leer om jou hand op al die geestelike seeninge in Jesus Christus te plaas en te sé: “Dis myne!!”

Gen.27-31:
Om op die verhoring van jou gebede te wag, is dikwels deel van die antwoord.
God gebruik ander en situasies om jou te tug – en dit laat jou geestelik volwasse word.
Om God aan te help om Sy beloftes te vervul, maak jy vir jouself baie onnodige ongeluk en probleme.

Gen.32-36:
‘n Bestuurder is iemand wat self niks besit nie, maar tog vir alles verantwoordelik is.
God seen ons oorvloediglik (as ons gehoorsaam is) – onthou net hierdie seen is sodat ons vir ander tot seen kan wees.

Gen.37-40:
Getrouheid aan God, beteken soms ‘n dat jy ‘n duur prys in wereldse terme gaan betaal (ongewild, teenkanting, ens) Maar getrouheid aan God het                                 sy eie voordele: “Die Here was by hom” (hfst 39).

Gen.41-44:
Die sondes wat ons wegsteek, word nie deur God weggeneem nie. “God het ons sondes aan die lig gebring”(44:16)
Bely jou sondes, dan sal jy vergifnis en vrede ervaar.

Gen.45-47:
Kyk terug oor jou lewe en jy sal duidelik God se voorsienigheid sien – beide aspekte van God se plan: die menslike en die Goddelike.

Gen.48-50:
God se plan is groter as ‘n enkele mens – Hy weef verskeie mense saam om Sy plan uit te voer. Dink daaraan hoeveel mense beinvloed jy elke dag
 – en laat God jou gebruik om hulle ten goede te beinvloed – met vriendelikheid, bedagsaamheid en liefde.

****************************************************************************************************************

Exo.1-2:
Geduld is ‘n deug wat geduld vra.
Vra God om jou te help om jou lesse in geduld onder die knie te kry – dan sal jy gereed wees vir groter diens wanneer God jou roep.

Exo.3-6:
God se “Ek is” is so duidelik dat jy nie jou eie “ek kan nie” kan hoor nie.
God se beloftes is in Sy karakter gegrond – dis al wat ons moet weet. God is onveranderlik – dis al bemoediging wat ons ooit nodig het.

Exo.7-10:
Mense wat vir God “nee” sé, moenie verbaas wees as hulle plae (sprinkane) sien kom nie!!
Die plae reken met die Egiptiese gode af (12:12). Jy beter die Skepper aanbid, en nie die skepping nie.
Dan ook,
1ste 4 plae = ongemak vir mense veroorsaak.
Plaag 5 = verlies aan inkomste
6de = ligaamlike pyn
7&8 = ekonomiese chaos
9de = emosionele en geestelike angs
10de = dood in gesinne.

Exo.11-12:
Die bloed van Christus, ons pasga Lam, verseel die verbond – en hou ons lewend.

Exo.13-15:
Kinders weet nie altyd wat goed is vir hulle nie – daarom het God ouers voorsien.
God is ons Vader: Ons hoef nooit aan God se goeie sorg te twyfel terwyl die lelies blom en die mossies eet nie.
Soms vat God ons deur ‘n woestyn situasie om ons te leer wat dit beteken om in elke omstandigheid op Sy daaglikse voorsiening staat te maak.

Exo.16-18:
Is jy ook geneig om net altyd te kla ? Lees dan Exo.16:8. ‘n Gesindheid van tevredenheid wat tot danksegging lei, is een van die beste aanduidings
van jou liefde vir die Here.

Exo.19-20:
God vereis reinheid van ons as ons Hom kom aanbid – dus reinig jouself van sonde (deur dit te belei) voordat jy met aanbidding en gebed
in God se teenwoordigheid kom.
Die 10 gebooie is bedoel om die hele volk te lei – maar dis opvallend dat daar telkens “jy” (in die enkelvoud) staan, en nie julle nie !! Die karakter
Van die nasie is afhanklik van die regte optrede en lewenstyl van elke burger.

Exo.21-24:
In Exo 20:1-17 gee God sy wet in ‘n opgesomde vorm. In Exo 20:22-23:19 voorsien Hy die besonderhede van die toepassing. In die 1ste deel kry
Ons die breé morele beginsels en in die 2de deel verduidelik Hy hoe daardie beginsels prakties toegepas moet word.

Exo.25-27:
God is presies in Sy beplanning en skepping – daarom gee Hy presiese opdragte vir die skep van die Plek van aanbidding.

Exo.28-31:
Na die nuwe testament is jy – gered deur Jesus – beide tabernakel (want God woon nou in en by jou) en priester (deur God bekragtig om mense na
Hom te roep). Sien jy kans om dit te doen? Gee jou antwoord nou vir God.
[God kom kuier dikwels by ons, maar ons is meestal nie tuis nie. Voel dit of God ver weg is? Raai wie het beweeg!]

Exo.32-34:
Alhoewel die volk se lippe trou aan God beloof het, was hulle harte ver van Hom af. En toe die leier vertrek, het hulle ware karakter na vore
gekom (sonde en afgodediens). Dieselfde het nou met die wereld gebeur toe ons Leier Jesus Christus vir ‘n rukkie terug na God is. Wat staan
jou nou te doen ? (1 Korintiers 10:11-14)
Moses se gesig het dit weerkaats dat hy in God se heerlike teenwoordigheid was – jy het dieselfde werk: om die heerlikheid van Jesus Christus
Te weerkaats na almal met wie jy in aanraking kom. (Skitter jou gesig vir Christus ?!?)

Exo.35-40:
Herlewing is niks meer en ook niks minder nie as ‘n nuwe besluit om aan God gehoorsaam te wees.
Die doel van hierdie deel van die Bybel is om ons te leer dat jy alles vir God 100% moet doen en uitvoer – dit geld ook vir gehoorsaamheid en
Heiligheid: halfhartigheid deug nie by God nie!!!!

*****************************************************************************************************************

Lev.1-3 (Lofoffers):

Jy kan steeds vandag aan God offers bring: Brandoffer – Jouself as “lewende en heilige offer”aan God gee (Rom.12:1);
Graanoffer – jou besittings gee as offer aan God, {bv.: Iemand in finansiele nood help (Fil.4:18)}; Maaltydoffer : bring aan God ‘n lof-offer
As uitdrukking van jou dankbaarheid vir Sy sorg.

Lev.4-7 (Hersteloffers):
Die lewe is ‘n lang les in nederigheid. Daar is baie onaangename lesse in die lewe wat tog tot jou voordeel is. Die belangrikste les
Is om te gaan regmaak as iets of iemand verkeerd gegaan het. (bv. Luk.19:1-10)

Lev.8-10:
Jou nalatigheid en ongehoorsaamheid tas God se eer aan – benadeel Sy reputasie. Jou lewe as christen is moontlik die enigste “Bybel”
Wat baie mense sal lees. Openbaar jy die heilige God deur jou verbintenis om self heilig te lewe ? Of bevlek jy God se Naam met ‘n
Wisselvallige lewe?
Onthou altyd: “God se eer is in my lewe op die spel. Ek wil dit graag verhoog en nie verlaag nie.”

Lev.11-15
Dis menslik onmoontlik om aan die regverdige eise van God te voldoen. Maar God is reeds besig om ons daarmee afhanklikheid
Van Hom te leer – met die reinheidswette: jy kan slegs deur die wonderbaarlike voorsiening en krag van die sondelose Verlosser.
Jesus Christus, in staat wees om heilig te lewe. (Kol.2:6)

Lev.16-17

Versoening was God se idée – vir die vegifnis van ons sondes. Hy het die inisaitief geneem om ‘n offer van versoening in te stel
Wat ‘n plaasvervanger vir die bloed van ons as skuldiges is : Jesus Christus. (1 Joh.2:2)
Bid vir mense wat Jesus Christus se versoening nodig het.

Lev.18-20
Die ware toets van die lewe is nie diens nie, maar liefde vir God en die naaste. Naaste liefde is moeilik omdat om dit te doen, ons
By ons naaste betrokke moet raak – en ons is van nature selfsugtig, en nie selfloos nie. Jou naaste is enige iemand wat jou hulp en
Bystand nodig het (met liefdevolle betrokkenheid)

Lev.21-23
Onthou dis makliker om die leier te volg as om die volgelinge te lei.
Is jou Sondag hoofdis “geroosterde predikant”? Hoe gereeld bid jy vir jou geestelike leiers ?

Lev.24-27
As jy alles het wat jou hart begeer, is die kanse goed dat jou hart iets anders wil hé. Eienaarskap is ‘n sensitiewe saak. Daarom
Leer God ons met die jubeljaar dat alles inwerklikheid aan Hom behoort en Hy dit net aan ons gee om te bestuur en rentmeesters
Van te wees vir Hom (ons mag dit geniet, maar dis steeds God sin).

*****************************************************************************************************************
Levitikus het die mense vir aanbidding voorberei – Numeri maak hulle gereed vir oorlog!

Num.1-4
Doel van die sensus is om te toon dat orde en besonderhede vir God belangrik is. Verwarring en ‘n deurmekaarspul in
Jou lewe is ‘n seker teken dat bepaalde beginsels wat God verheerlik oor die hoof gesien word (1 Kor.14:40).
Jou lewe kan nie volgens plan verloop as jy nie ‘n plan het nie.

Num.5-8
Die beste oefening om jou hart sterk te maak, is om uit te reik en mense op te tel.
Die belangrikste instrument om God te dien, is jou liggaam. (Rom.12:1-2 wys jou hoe om jou liggaam vir God se diens
Voor te berei).
Nasireérgelofte: Is afgelé deur mense wat in God se besondere diens wou staan, maar nie Liviete of  priesters was nie.
Hierdie mense het afstand gedoen van dinge wat sy heiligheid en toegewyde diens aan God in gedrang kan bring. (dit
Het die belofte van persoonlike seen ingehou vir dié wat getrou was.)
                        Wyn = simbool van gerief en genietinge
                        Dood = beeld van verontreiniging
                        Lang hare = uitbeelding van Godgegewe krag en waardigheid.
Dus deur hierdie belofte het die nasireér sy totale toewyding aan God verklaar.

Num.9-12
Om God se wil te gehoorsaam, is nie altyd gerieflik nie, maar dit is altyd voordelig. (moes die wolkkolom volg)
Party mense vra God om hul te lei en dan gryp hul self die stuurwiel.

Num.13-16
Dis moeilik om jou tong te beheer (Ps.140:4 & Jak.3:8).  Die Israeliete het ook gedurig gekla en teen God
Gemurmereer.
In die meeste gevalle is die eerste skroef wat in ‘n mense se kop los skud, dié een wat die tong op sy plek hou!!
Vra vriende en mede-gelowiges om jou te help om jou op hierdie probleem by jou te wys – en vra veral God se
Hulp daarmee.

Num.17-20
Sonde is op daardie oomblik lekker, maar dan volg ‘n ewigheid se selfverwyt. As jy jou sonde bely, ontvang jy
God se volle vergifnis (1 Joh.1:9) – maar dis nie altyd moontlik om die merke van die sonde heeltemal weg te neem nie.
Christus het gesterf om ons sonde te vergewe – maar ook sodat die sonde vermy kan word = dink vooraf aan die
Gevolge van jou optrede!! En vermy “littekens” deur nee te sé vir sonde.

Num.21-25
Die volk se ongeduld gee tot kritiek aanleiding – en die kritiek het op bitter veroordeling uitgeloop.
‘n Sleutelaspek vir ‘n groeiende geloofslewe is om aan God tyd te gee om te werk – skurwe kante moet met tyd
weggeskuur word.
Wanneer ‘n geleentheid aan die deur klop, kla die suurknol oor die geraas!!

Num.26-30
(die volk se getalle het afgeneem vanaf die vorige sensus – weens ongehoorsaamheid ?!)
Jy moet leer hoe, wanneer en aan wie jy gehoorsaam moet wees (GOD) voor jy suksesvol sal wees.
1 Kron.4:10 = Jabes: Ja. God seen ook sy ongehoorsame kinders – praat met Hom oor dié deel van jou
“grondgebied” wat jy vergroot wil hé (tot eer van Sy Naam!!!)

Num.31-33
Hfst 33 bewys dat ons die gevolge van ons sonde sal dra – maar dat God ook deur dit ons sal lei, en vir
Ons sal bly voorsien en bewaar. Ons sal elke dag Sy troue sorg ondervind – tydens Sy oordeel.

Onthou: God het jou só lief dat Hy nie kan toelaat dat jy ongehoorsaam bly nie


Num.34-36
Jy kan nie iets geniet as jy dit nie besit nie
Ons kan nie op God se beloftes staatmaak, as ons nie Sy opdragte nakom nie.
‘n Belofte kan slegs tot uiting kom as jy dit vir jouself toe-eien!!!! Met gehoorsaamheid en geloof.

************************************************************************************************************
Deuteronomium (beteken “tweede wet”) gaan hoofsaaklik oor Moses se drie preke vir die volk – met die klem op die
Tien gebooie Hy beveel die volk om gehoorsaam te wees aan God, hul kinders te leer oor en van God en gehoorsaamheid aan
 God; en om God nie te vergeet in tye van voorspoed nie. Hulle sal oorwin – nie uit eie krag nie, maar deur God se krag.

Deut.1-4
Gehoorsaamheid aan God bring oorwinning en seen – ongehoorsaamheid bring neerlaag en oordeel.
Die beste preke het met Goddelike oortuiging te doen: dit toon uit die Here se Woord aan waar ons verkeerd optree,
En probeer ons oortuig om ons optrede of houding te verander sodat ons aan God se wil kan beantwoord.

Deut.5-7
Die meeste van ons probleme is weens te veel tyd op hande en te min tyd op ons knieé!!
“Ek wil alles hé, en ek wil dit NOU hé!” dis mos ons houding – maar God word gelukkig nie deur ons ongeduldige
tydrooster beperk nie. God se metode is nie haas nie (7:22), maar tree vir tree.

Deut.8-11
Gehoorsaamheid aan God = voorspoed. Ongehoorsaamheid = straf.
Jou dankbaarheid bepaal hoe gelukkig jy is. Onthou om by elke moontlike geleentheid vir God dankie te sé vir
Sy voorsiening aan jou – in alles.

Deut.12-16

God vereis dat ons lewens anders as die van die ongelowige wereld moet wees – daarom vereis Hy gehoorsaamheid aan
Sy Woord (dit weerspieel ons unieke verhouding met God).
Eerste belangrike waarheid: Ons weet dat ons alles wat ons het as geskenk van God ontvang het. Tweede belangrike
Waarheid: God verwag van ons om op ons beurt ewe vrygewig te wees met die seeninge wat ons van Hom ontvang -
deel dit met ander (minder bevoorregtes). Jy kan jou besittings deel, want die Here as die Gewer van alle goeie 
gawes sal in jou behoeftes voorsien. (Matt 10:8) deur tot seen van ander te wees, ontvang jyself ook seen.

Deut.17-20
Moses gee God se opdragte deur t.o.v burgerlike wette & menswaardigheidswette.
Spreuke 14:34 – “Gehoorsaamheid aan die Here laat ‘n volk strek staan; sonde bring skande oor ‘n volk”
Lees die volgende gedeeltes oor riglyne vir jou lewe: 17:2-5; 17:8-11; 18:9-14; 19:15-19.
Bid vir jou hoofde, regeerders, ens.

Deut.21-26
Moses gee wette en reels deur om die volk te help om rustig en vreedsaam te kan lewe.
Reinheid is vir sommiges amper Goddelik, maar vir ander amper onmoontlik. Efesiérs 2:1-7 help jou om te bepaal
wat jou kan verontreinig, en wat jy uit jou lewe moet hou as jy God met oorgawe wil dien.

Deut.27-30
Moses het die keuse tussen lewe en dood aan die volk voorgehou met 2 baie eenvoudige (en onveranderlike) formules:
                                                                     Gehoorsaamheid = Lewe
                                                                   Ongehoorsaamheid = Dood
Dis so eenvoudig – en dis jou keuse: vir God en Lewe; of teen God en sterwe geestelik. Jy moet vandag nog kies.
                                                                                                                                                                                                                       
Deut.30-34
Moses gee aan die volk ‘n lied om die boodskap oor die lewe makliker te onthou (Hfst 32) – sing hierdie lied om
Jou toewyding aan God uit te druk – in goeie en slegte tye.
Is jy ‘n mooiweersvriend of onweersvriend vir/van God ?
Mooiweersvriend = die soort vriend wat jou ken as alles goed gaan, maar verdwyn sodra dinge begin skeefloop.
Onweersvriend = die soort vriend wat by jou staan as alles verkeerd is, maar jou verlaat as alles goed gaan.
Israel was God se onweersvriend – het God geken en aangeroep toe dinge sleg gegaan het met hulle; maar toe
Hulle voorspoed beleef, toe ken en erken hulle nie meer vir God nie. (31:16; 32:15,18)

**************************************************************************************************************

Josua 1-5

God hou daarvan om met onmoontlike situasies in jou lewe te begin ….. en dan doen Hy die onmoontlike.
(Droé sandale volg op gelowige gehoorsaamheid).
God sal jou nooit na waters lei wat Hy nie kan deurklief nie, na ‘n stroom wat Hy nie kan oorsteek nie, na lyding wat
Hy nie kan dra nie.

Josua 6-8
God se bevele  moet tot die kleinste besonderheid uitgevoer word; ongehoorsaamheid lei tot nederlaag en dood.
God se wil met ons lewens is nood wisselvallig en impulsief nie (Hebr.13:8 & Jak.1:17)
“Waar ek die wil van God verstaan, sal ek dit doen; wanneer ek nie die wil van God verstaan nie, sal ek Hom vertrou ….
En dit in elk geval doen!!!!!

Josua 9-12

Praat met God oor alle besluite wat jy moet neem. Die Here wil graag mense help wat erken dat hulle Hom nodig het
(Spr. 3:5-6). As jy God ignoreer, sal jy die gevolge daarvan nie kan ignoreer nie !

Josua 13-17
Die belangrikste enkele karaktertrek van ‘n christen in nie hoeveel van God se Woord hy ken nie, maar hoeveel hy uitlewe.
Kaleb is ‘n rolmodel – hy het geweet wat dit beteken dat God sy beloftes uitvoer, en daarom het hy getrou gebly aan God.

Josua 18-21
Maak hierdie eenvoudige reel die riglyn van jou lewe: om geen wil behalwe God se wil te hé nie.
Lees hoe God Sy wil aan jou wil bekend maak: Ps 119:105; Rom.12:1; 1 Tess.4:2-7 & 5:18.

Josua 22-24
Josua 24:15 – “Kies dan vandag wie julle wil dien. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Waak daarteen om kits afleidings te maak en te oordeel, alvorens jy nie al die feite het nie !!

*****************************************************************************************************************

Rigters 1-5

Sonde is soos onkruid – aanvanklik sien mens nie die gevolge nie, maar later word die verwoesting duidelik. Jy kan dit
Op 2 wyses beheer: wortel en tak uitroei; of net bo-langs afsteek. Slegs eersgenoemde is werklik suksesvol.
Ontwortel die sondes in jou lewe, en gehoorsaam God onvoorwaardelik.

Rigters 6-8
Die eerste stap op die pad na oorwinning is om die vyand uit te ken. Dit gaan nie oor groot die leer in die geveg is nie,
Maar oor hoe groot die God is wat in die leér is.

Rigters 9-12
“”n Mens kan die beste beoordeel word deur te kyk hoe hy mag hanteer”. Hoe hanteer jy mag – tot God se eer, of slegs
tot jou eie voordeel ? (Matt.23:11 is ons riglyn om mag en gesag wat aan ons toevertrou word te hanteer)

Rigters 13-16
Selfs ‘n lang ry mislukkings in jou lewe hoef jou nie die voorreg te ontneem om in die Here se diens te staan nie. Maar dan moet
Jy aanhou om te groei in jou verhouding met Hom. (Hebr.10:38) Tenspyte van jou tekortkomings moet jy deur die geloof lewe en op
God se beloftes bly bou. Ons is  nie sondeloos nie, maar ons moet dag tot dag groei in geloof (2 Tim.2:21).

Rigters 17-21
Verval in die christelike lewe is gewoonlik nie soos ‘n band wat bars nie, maar soos een wat geleidelik pap word.
As jy God as koning verwerp en ander gode dien, sal die gevolge vir jou algehele chaos en verdorwenheid wees.

***************************************************************************************************************

Rut:
Plig laat ons dinge doen, maar liefde laat ons dit mooi doen.
As jou liefde nie tot dade oorgaan nie, is dit nutteloos (teenoor God en jou naaste en vriende en familie, en almal)

**************************************************************************************************************

1 Sam.1-3

Ouers wat nie geleer het om hul voet dwars neer te sit nie, het gewoonlik kinders wat op hul tone trap.
Dit is God se opdrag dat ons kinders met streng dissipline opvoed (Spreuke 19:25; 23:13-14; 1 Sam 3:13)
Gehoorsaam hierdie opdrag, en kyk hoe God jou gesin seen.
Eli het hierdie opdrag geignoreer, en dit het veroorsaak dat sy hele familie uitgewis is.

1 Sam 4-8
Hoe minder mens op God vertrou, hoe meer vertrou mens op mensgemaakte dinge.
Ontevredenheid maak ryk mense arm, terwyl tevredenheid arm mense ryk maak. Om te begeer wat ander mense
Het , is nie net menslik nie – God noem dit sonde. En sonde verwyder ons van God. God se kinders moet gekenmerk
word met tevredenheid, nie afguns nie. Onthou Matt.6:33

1 Sam 9-12
“Mense kyk na die uiterlike, maar God na die innerlike”(16:7) Leiereienskappe behels allereers om aan God al die eer
te gee en om te gee vir mense – gehoorsaam God, dien en eer Hom en dien jou medemens.
Jes.48:17 leer ons hoe God ons wil lei.

1 Sam 13-15
Net iemand wat glo, is gehoorsaam; net iemand wat gehoorsaam is, glo. “Gehoorsaamheid is beter as offerhande, om te
Luister is beter as die vet van baie ramme”(15:22) Dis belangriker om God se Woord en Sy gebooie te gehoorsaam, as
Om iets te doen wat jy dink Hy van sal hou.

1 Sam 16-19
Die koning na die mense se hart word verwerp; die koning na God se hart word aangewys (Dawid – omdat hy hom
Heelhartig aan God  toewy.)
‘n Eenvoudige gesindheidsverandering verander soms ‘n moeitevolle plig na ‘n opwindende geleentheid. (Ps.139)
Weet en onthou: een mens en God is ‘n meerderheid.
God berei Dawid vir 15 jaar (vandat hy gesalf word tot hy gekroon word) voor vir sy taak om die volk te lei.

1 Sam 20-23
Gevaar maak nie helde of lafaards nie; dit wys net wie helde of lafaards is.
Alle geloofshelde het mislukkings en suksesse behaal – nes jy. Gelowiges is nie volmaak nie, hulle is net vergewe!!
Maar hulle groei in en na God; en hulle plaas hul volle vertroue in God.

1 Sam 24-26
Geduld is om ‘n moeilike situasie te aanvaar sonder om vir God ‘n sperdatum te gee om dit weg te neem. Dit beteken
Om te wag sonder om jou te bekommer.
Gee aan God jou wraak om te vervang met liefde en vergewing. Dit bly jou keuse – is jy gewillig? Lees Efe.4:31-32
Hoe om dit te doen.

[RIV op grafte (rus in vrede) in Hebreeus = “saamgebind in die bondeltjie van die lewendes”(1 Sam.25:29) want
Waardevolle goed is in bondeltjies saam gebind om te bewaar (gen.42:35)]

1 Sam 27-31

By God is gehoorsaamheid en krag ‘n siamese tweeling!!
Moeilikhede en krisisse bring dikwels die beste in iemand na vore (as jy aan God vashou) Laat God vir jou stry.

Lees Ps.37:1-8

Bly weg van hekse en mediums en fortuinvertellers – God se opdrag : Lev.19:31

***************************************************************************************************************
1 Samuel handel oor dood en moedeloosheid – 1 koning en sy familie sterf; en die volk rou.
2 Samuel skyn ‘n straal van hoop – Dawid en sy familie word gevestig; die regering hervorm

2 Sam 1-4
Het jy jou vyande life soos Dawid vir Saul life gehad het? Dis ware naaste liefde (1 Kor.13:4-7)
Dawid rou oor Saul soos Jesus rou oor Jerusalem en sy mense (2 Sam.1:11-12 versus Matt 23:37)

2 Sam 4-7
Vir Dawid is om God te dien die belangrikste, maar hy leer ‘n duur les: ‘n mens moet God se werk op God se
Manier en volgens God se tydrooster doen – en nie volgens jou idees nie. (Spreuke 16:9) Erken altyd God se heiligheid.
Om die pad van gerief eerder as gerhoorsaamheid te kies, kan jou meer hinder as help.

2 Sam 8-10
Ons kan nie God se deel doen nie; en Hy wil nie ons deel doen nie: ons moet veg – God sal die oorwinning gee.
Saam met God is ons onoorwinbaar: God gee die krag en beskerming, ons moet die stryd veg.

2 Sam 11-14
Geheime sondes bly nie lank geheim nie. Jy kan nie jou rug op jou sonde keer voordat jy dit nie in oé gekyk het nie.
Selfs een klein sonde / sondige gedagte, kan lei tot ‘n reeks van sondes en verwoesting.
Moenie jou Godgegewe gesag misbruik vir jou eie gerief nie – dit kan jou duur te staan kom.

2 Sam 15-18
Jy sal die gevolge van jou dade / sonde dra (elke aksie het ‘n reaksie – God sal jou sonde vergewe as jy dit bely, maar
Jy sal steeds die nagevolge daarvan dra en deurleef)
Slegs God kan ‘n gebroke hart heel: Hy neem die gebroke stukkies en maak iets pragtigs en bruikbaar tot Sy eer.
Lag vir jou probleme, dan sal jy altyd iets hé om oor te lag.

2 Sam 19-20
Twee maniere om vinnig ‘n ramp te veroorsaak is om na niemand se raad te luister nie, en om na almal se raad te luister.
(Ps.1:1 & Spreuke 19:20 & Ps.33:11) Luister na God se raad – luister na Sy Woord, gehoorsaam dit en leef daarvolgens.

2 Sam 21-24

Dit is nie altyd genadig om iemand NIE te straf nie.
As jy God in die steek gelaat het, vlug jy weg van Hom af of na Hom toe? Weet net God se genade is groter as dié van mense.
(24:14). Selfs as jy gestraf moet word, is God se arms die beste plek om te wees. Lees Hebr.12:5-11 en dank God vir Sy tug.

*************************************************************************************************************

1 Kon.1-5

Jy word geestelik sterk deur God se Woord te memoriseer.
Vra in kinderlike nederingheid van God wat jy nodig het, nie wat jy wil hé nie. (vra IN God se wil na God se wil). En Hy sal jou seen.
Eien God se beloftes soos in Jes.41:10 vir jou toe, en verwag dan dat God jou sal help.

1 Kon 6-8
Die rede waarom mens voel jy is ‘n mislukking, is omdat jy dinge nie klaarmaak / voltooi nie. Die geheim van deursettingsvermoé is
Toewyding aan God.
(God het die temple met Sy teenwoordigheid gevul eers nadat alles voltooi is.

1 Kon.9-11

Moet nooit eer vir jouself toeéin nie – gee altyd aan God al die eer. Jy moet slegs ‘n weerkaatsing van God se grootheid hier op aarde wees.
Een talent wat gebruik word, is beter as 10 wat onbenut lé.

1 Kon.12-16
Dis baie erger om jou kind te laat groot word sonder Christus as om hom nooit te leer lees en skryf nie.
“Tyd” is die belangrikste ding om aan jou kinders en geliefdes te gee. Salomo het hierin gefaal – sy seun was geestelik arm.
Een tree van gehoorsaamheid is meer werd as 100 preke.

1 Kon.17-19

Ons kan nie verkeerd lewe en terselfdertyd doeltrffend bid nie !

Elia was ‘n kragtiger bidder, want hy het alles na God in gebed geneem – sy moegheid, moedeloosheid, alles. Hy het dikwels ‘ongerieflike’
Gebede gebid: hy bid dat God iets groots moet doen …. En sé hy is tot God se beskikking as God hom wil gebruik – selfs al moet hy ongerief
Verduur om God te dien.

1 Kon 20-22
Dit is gevaarlik om God teen te staan. Die enigste koninkryk wat in hierdie wereld sal bly voortbestaan, is die een wat nie van hierdie wereld is nie.
Moenie God ignoreer as Hy met jou praat nie.

**************************************************************************************************************

2 Kon 1-3
Die wereld is vol gewillige werkers – party is gewillig om te werk, en die ander is gewillig om hulle te laat werk.
Elia: wys wat God kan doen deur een mens wat gewillig is om alleen te staan. Elisa was wat God kan doen deur iemand wat gewillig is om in die
Skaduwee te staan. Elia is bekend vir sy krag (geestelik); Elisa is bekend as die een wat Elia help, dien en opleiding ontvang. Elia verkondig
God se heiligheid; Elisa demonstreer God se heiligheid. Elia moedig aan; Elisa bemoedig. God gebruik beide!!
Moenie ander probeer na-aap nie – word die beste wat jy kan wees, met God se help en tot Sy eer.
Daar is niks te klein om goed te doen nie.

2 Kon 4-8
Elisa is ‘n wonderwerk doener vir God.
Die duiwel se beste helper is nie ‘n aktiewe sondaar nie, maar ‘n onaktiewe christen.
Geestelike bysiendheid = jy sien die probleme raak, maar kyk God se voorsiening mis.
              1 Konings beskryf:                                            2 Konings beskryf:
               Elia se werk                                                        Elisa se werk
               God vedra sonde                                                 God straf sonde                                                                                                           
              Groeiende ongeloof                                             Gevolge van ongeloof
              Seen van gehoorsaamheid                                   Vloek van ongehoorsaamheid
              Wyding van die tempel                                        Ontwyding van die temple

2 Kon 9-12

Die meeste christene het genoeg godsdiens om hul ordentlik te maak, maar nie genoeg om hul dinamies te maak nie.
God verwag dat ons voortdurend al hoe meer gelykvormig moet wees aan die beeld van Sy Seun (Rom.8:9) Dien God heelhartig, met toewyding
En voluit – en verkry so God se goekeuring. Voer God se opdragte heelhartig uit.

2 Kon 13-17
Die armste van almal is die een wat net geld besit. Jy kan voorspoedig, maar steeds bankrot wees. Materialisme is niks sonder geestelike rykdom
In God nie. Oppas vir morele verval ter wille van geldelike wins – dis geestelike bankrotskap.

2 Kon 18-21
Hiskia het God gedien met ‘n passie – hy roei alle afgoddediens uit. Hy verkies om sy vertroue in God te plaas, i.p.v op soldate, ens. Hy was
‘n bidder. God seen hom, verhoor sy gebede en verleng sy lewe. (18:7) “Hy was voorspoedig in alles wat hy gedoen het”. Lees ook 18:3&18:6
Streef ook hierdie getuigskrif van Hiskia na vir ‘n suksesvolle lewe.
Onthou: wat jy besit word na jou dood iemand anders sin, maar wat jy is, is vir altyd joune.

2 Kon 22-25
Hiskia was die beste koning, sy seun Manasse die slegste: Jy kan nie jou kind se lewe en doen en late lei nie – jy kan nie jou ouers verantwoordelik
Hou vir jou lewe nie. Jy moet self leef en verantwoording doen. Sonder God en Sy Woord gaan jy ‘n failure wees en ‘n gemors maak van jou lewe –
Al dink die wereld jy is bakgat, in die ewigheid is jou naam net gat!!

*******************************************************************************************************************
Kronieke gee dieselfde geskiedenis as Samuel en Konings weer, maar as Goddelike kommentaar en uit ‘n priesterlike oogpunt. Dit verduidelik
God se betrokkenheid in die volk se geskiedenis.

1 Kron.1-9

Geskiedenis is net ‘n versameling verhale van hoe God in die lewe van afsonderlike mense op aarde werk.
Geslagregisters is daar om jou die geskiedkundige basis vir jou geloof te gee. Dit gee die geslagte in volgorde om te wys hoe God Sy plan
En doelwitte deur die jare in die lewe van gelowiges uitwerk: Dus, God het ‘n plan met die geskiedenis, en ook met jou.

1 Kron.10-16
Regte dade met regte motiewe, maar op die verkeerde manier gedoen, het dodelike gevolge.
Iemand wat opreg gehoorsaam, gehoorsaam ten volle.

1 Kron 17-21
Voordat jy iets groots vir God doen, laat God toe om eers iets groots in jou te doen.
Wy jou drome aan God toe ….. en kyk hoe God in en deur jou werk. Moenie oorhaastig wees en God se seeninge mis nie.
Onthou christenskap is nie ‘n godsdiens nie, dis ‘n verhouding.

1 Kron 22-27
Beplanning is nodig – ook in jou geloofslewe. Om sonder God te beplan, is verkeerd (Jak.4:13-17), maar biddende beplanning vir die
Toekoms is reg (2 Korintiers 9:1-8). (wie nie daarin slaag om te beplan nie, beplan nie om te slaag nie!!)

1 Kron 28-29
God het werk vir elkeen wat Hy stuur, want Hy stuur niemand om ledig te sit nie.
Dawid was ‘n man na God se hart, want 1) hy het gelewe om te dien (Hand 13:36) met goedhartigheid, regverdigheid en nederigheid;
2) hy het gelewe om God se wil te doen = dit was sy lus om God te gehoorsaam;  3) hy het God se wil gedoen – deur God se krag.
Jy kan nie 3) hé sonder 1)&2) nie. God se wil vir Sy kinders sluit diens in (Efe.6:6)

**************************************************************************************************************

2 Kron 1-5
Salomo het volgens Kol.3:23 – Alles wat jy doen, moet jy van harte doen asof jy dit vir die Here doen; en 1 Kor.10:31 – “Doen alles tot
Eer van God” geleef en gewerk. As jy so diens lewer sal dit tot vreugde van jouself en van God wees.

2 Kron 6-9
Op Salomo se lof en dankgebed, vul God se teenwoordigheid die temple : loof en dank God en jy sal ook gevul word met Sy wonderlike
Goddelike teenwoordigheid.

Jy as christen is sout, magneet en lig vir God : sout = maak ander dors na God; magneet = trek hulle aan na God; lig = wys hul die pad na

God.
Nadat mense na Salomo se lewe gekyk het, het hulle God geloof en ge-eer. Doen jou lewe dieselfde ?

2 Kron 10-12
Is jou godsdiens soos ….
                          ….. ‘n noodwiel ? (net vir noodgevalle) Hos.13:6
                          ….. ‘n kruiwa ? (moet gedurig gestoot word)
                          ….. ‘n bus ? (word net gebruik as dit gaan waar jy wil gaan)
                          ….. ‘n pasaangeér ? (iets om gedurig op te vertrou)
Iemand wat skaam is vir sy godsdiens, het waarskynlik ‘n godsdiens waarvoor hy hom moet skaam.

2 Kron 13-16
Weef in geloof en die Here sal die weefgare voorsien.
As jy van God wegdraai en jouself probeer red in krisistye, sal God jou daaroor bestraf.
Vertrou God in goeie en slegte tye – Hy is altyd dieselfde en daar vir jou. Moenie jou eie planne maak nie, vertrou op God …ALTYD.

2 Kron 17-20
‘n Bybelstudie program wat lei tot geestelike herlewing en ‘n hernieude belanstelling in en gehoorsaamheid aan God se wette en Woord,
sal seen, vrede en voorspoed tot gevolg hé.
Lees 2 Kron 20:17 en LEER. As die oormag van die vyand onoorwinlik lyk, moenie weghardloop nie – staan stil, sing lofsange en kyk hoe
God werk.

2 Kron 21-25

Die regte vyande kan soms vir jou meer beteken as verkeerde vriende. ‘n Slegte huwelik kan ‘n goeie opvoeding bederf. Oppas dat jou
vriende of mense na aan jou jou nie van God vervreem nie. (2 Korintiers 6:14)

2 Kron 26-28
Pasop om soos Ussia te wees – 2 Kron. 26:5,16 – hy het eers na aan God geleef, maar toe dit goedgaan, hoogmoedig en afvallig geword.
Onthou: God tugtig ons omdat Hy ons lief het en ons wil reghelp.

2 Kron 29-32
Jy kan vewag dat God sal ingryp as jy die moeite dien om in te tree (ook in gebed).
“As ek vir Christus in die kamer langsaan vir my kon hoor bid, sou ek geen vyand gevrees het nie. Tof maak afstand geen verskil nie; en
Hy bid vir my !!” Ds Robert Murray McCheyne. Glo dit – Jesus Christus het belowe Hy sal vir ons by die Vader intree !! Leef in oorwinning.

2 Kron 33-36

As jy God verlaat en die pad van sonde kies, moenie wonder waarom jy gestraf word nie. God gee jou egter altyd ‘n tweede kans om te
belei en terug te keer na Hom – Hy is getrou en regverdig, en sal jou vergewe. Jy kan uit jou mislukkings opstaan om groot dinge vir God te doen.
Nes Moses, en al die geloofshelde.

******************************************************************************************************************

Esra 1-3
Selfs in moeilike tye sal God jou nooit vergeet of in die steek laat nie – Hy wag op jou om na Hom te draai en Sy aangesig te soek.
God is ‘n God van fyn besonderhede en orde. Laat 1 Kor.14:40 jou aanspoor om aandag te gee aan terreine van jou geestelike en persoonlike lewe
wat aandag nodig het.

Esra 4-6
Al jou take moet by die altar begin, nie by die werksbank nie.
Daar sal altyd kritiek wees. Hanteer dit as volg: As wat mense oor jou sé waar is, maak jou doen en late reg. As dit nie waar is nie, vergeet daarvan
En hou aan om die Here te dien !
Die grootste van alle foute is om van nie een bewus te wees nie.

Esra 7-8

Herlewing vind plaas wanneer mense ‘n hart vir God ontwikkel – en terugkeer na die bepalings en wette van God.
Gemiddelde leier vertel; goeie leiers verduidelik; uitstaande leiers inspirer.
Om jou aan die onderrig van God se Woord te wil toewy, vat jy geweldige verantwoordelikheid: (Esra 7:10) -
1)       Jy moet jou hart voorberei om God se Woord te ondersoek.
2)       Die betekenis van God se Woord ondersoek
3)       Doen wat jy ontdek
4)       Onderrig wat jy ontdek

Esra 9-10
Moet nooit saamloop met iemand wat weier om by Christus in te haak nie.
‘n Susksesvolle huwelik is altyd ‘n driehoeksverhouding : jy, jou maat en GOD. (Deut.7:1-5; Rig.3:5-7; Neh.13:23-28; Mal.2:11; 2 Kor.6:14
1 Kor.7:10-16)

******************************************************************************************************************

Nehemia 1-2
Gebed is om onsself, eerder as ons behoeftes, voor God te plaas.
2 Soorte gebed : Geriefsgebede (“Here, beantwoord hierdie behoefte”) en toewydingsgebede (“Here, gebruik my om hierdie behoefte te beantwoord”)
Moenie bid om grieflik in jou omstandighede te wees nie; bid eerder om beskikbaar en gereed te wees om die wil van God in elke situasie te doen.

Nehemia 3-4
Soek vir elke probleem ‘n Godverheerlikende oplossing (in gebed, voorbereiding en geloof in God se krag!!)
Hoe hanteer jy bespotting ? Met vergelding, of laat jy dit aan God oor ?! (Matt.5:11-12)

Nehemia 5-7
Die geliefde strik van die duiwel is om mense te keer om die Bybel te ondersoek.
Jy sal die duiwel se strike slegs raaksien en kan vermy as jy die Bybel ken. (2 Pet.3:18)

Nehemia 8-10
Herlewing is slegs moontlik as God se heiligheid erken word.
Formule vir herlewing: 1) Lees God se Woord; 2) bely jou sonde; 3) wy jou heelhartig aan God toe.

Nehemia 11-13
Om mekaar te vergewe is ‘n opdrag van God; om te kritiseer, aan te kla en te veroordeel, is nie.
Om halfhartig te vergewe is niks beter as om glad nie te vergewe nie. Onthou God gaan jou vergewe soos jy ander vergewe (Onse Vader-gebed)

******************************************************************************************************************

Ester 1-2

As gelowige is jy nooit alleen nie – God is altyd teenwoordig as jou liefdevolle Vader.
Stap met God die onbekende tegemoet, wees Hom in alles gehoorsaam en vertrou op Sy krag = en niks sal vir jou teveel wees nie.

Ester 3-4
Om wraak te neem, stel jou gelyk met jou vyand – om bo wraak uit te styg, verhef jou bo jou vyand. God verwag van jou om te vergewe – ook
Jou vyande. (Matt.6:12)

Ester 5-7
God is te groot om deur die boosheid van mense van koers afgedwing te word.
Om jou trots te sluk, sal nie vir jou slegte spysvertering gee nie.
Spr.16:18 & Spr.19:23– oppas vir hoogmoed.
Lees 1 Pet.5:6-7

Ester 8-10
Geloof is so eenvoudig, en so moeilik, soos om te glo dat God omgee.

*****************************************************************************************************************

Job 1-3

2 Tim.3:12 en Job bewys dat regverdiges ook vervolg en aangeval sal word deur die duiwel. Christenskap belowe nie dat alles altyd goed met
jou sal gaan nie. Het jy die regte wapenrusting om satan teen te staan en sy aanvalle teen te staan ? Efe.6:11-17 gee wat jy benodig.

Job 4-7
Berei vir die slegste voor, verwag die beste, en aanvaar wat God ook al vir jou gee.
God laat soms lyding toe om Sy volmaakte mag te midde van menslike swakheid te demonstreer – of om ‘n ander rede volgens Sy volmaakte wil.
As jy nie ‘n aardse oorsaak vir jou lyding kry nie - as jy niks hier kry nie, vertrou  God dat daar ‘n hemelse rede moet wees.

Job 8-10
As jy soms voel dat God te groot en te ver is om Hom met jou probleme en krisisse te bemoei, onthou dat jy ‘n Middelaar in Jesus Christus het
wat namens jou vir jou by God intree. (1 Tim.2:5). Lees Joh.15:3 en ontvang God se reiniging.

Job 11-14
Betaal kwaad met goed en ontneem die kwaaddoener al die ‘plesier’ van sy boosheid. (Rom.12:21) God verwag van jou om die kwaad met goed
te beveg / te beantwoord – reageer in en met liefde.

Job 15-17
Die ware maatstaf van God se liefde is dat Hy sonder mate liefhet.
Rom 8:31 _ God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? Dank God dat Sy liefde sterker is as enige bekommernis of probleem wat jy mag hé.
God is altyd by ons – ook in ons donkerste oomblikke.

Job 18-19
Wees versigtig waarop jy in tye van nooed steun (Familie en vriende, ens) – as jou bron van krag te kort skiet, sal jy b\gebroke en ontnugter daarvan
afkom. Slegs God se teenwoordigheid en krag is genesend !! (Job 19:25-26) Jesus is die enigste Vriend deur Wie jy jou nood in jou Vader se hart
kan stort.
Let op Job se groeiende geloof in ‘n hemelse oplossing vir sy aardse ellende:
                         As daar maar iemand was wat tussen ons kon regspreek (9:33) Geloofskrisis
                                             Ek het ‘n getuie in die hemel (16:19) Geloofsanker
                                                  My Losser leef (19:25) Geloofsgroei

Job 20-21
‘n Pessimis is iemand wat deur sy hele lewensreis seesiek is.
Optimisme is familie van geloof; pessimisme van twyfel. ‘n Gelowige is iewers tussen-in: sonder om die harde werklikhede van sy omstandighede                                                   te ontken, fokus hy steeds op al God se beloftes en gawes vir sy situasie, om bo sy omstandighede te leef.

Job 22-24
Een korreltjie geloof is meer werd as ‘n see van kennis.
Job 23:8-12 = mengsel van twyfel en vertroue. Job weet slegs God kan sy omstandighede verduidelik en verander. En dit is die sleutel vir ons
lewens – God eis van ons onverdeelde trou (vertroue op Hom). Dit gaan oor vertroue; nie oor kennis nie.

Job 25-28
28:28 = “om die Here te dien, dit is wysheid; om die kwaad te vermy, dit is insig.”
‘n mens word wys deur op te let wat met jou gebeur wanneer jy dit (wys)  nie is nie.
Om te leef volgens God se wil, is meer as om bloot te weet wat om te doen; dit beteken om te doen wat jy weet. Dit vra van jou dat jy
“moet doen wat die Woord sé en dit nie net aanhoor nie”(Jak.1:22)

Job 29-31
God praat steeds met die wat tyd maak om te luister.
‘n Christen se lewe sal “muf” as dit nie elke dag met God se Woord geventileer word nie. As jy muwwerig voel, raak stil voor God en luister net.

Job 32-34
Job se trots was omdat hy  homself as meer regverdig beskou het;  oppas vir valse trots – ‘n trotse persoon sien altyd neer op ander dinge en
mense; en solank as wat jy afkyk (om neer te sien), kan jy nie sien wat bo jou is nie ….. dus, ook nie vir God nie !!!
Die groot “G” pas nie voor ‘ek’ nie – dit maak van my ‘n groot ‘gek’; die groot ‘G’ is niks en niemand anders as “GOD” nie.
Tel altyd jou kop op, maar sorg dat jy jou neus op ‘n vriendelike hoogte hou.

Job 35-37
Soms kan ons meer deur ‘n traan as deur ‘n teleskoop sien.
Onthou God is God, en al lyk Sy optrede vir ons soms totaal en al overstaanbaar – weet dat ons hom tenvolle kan vertrou. Jy sal ongewone
omstandighede positief kan hanteer wanneer jy God daarin sien werk. Daar is nerens ‘n hoek buite God se sig nie.
God het al die antwoorde – vir al jou vrae – leer om met Hom te kommunikeer, en Hom om antwoorde te vra vir en in elke omstandigheid.

Job 38-39

As jy ‘n horlosie dophou, sal jy leer dat dit die tyd deurbring deur besig te bly.
Lees weer hierdie dele, en kom tot die besef van God se Almag – God se vrae beantwoord nie Job se spesifieke hoekom nie, maar begin wel
Om die groter Wie te beantwoord.

Job 40-42
Om te verstaan dat die Almagtige God in beheer is – en nie om Hom met vrae te peper nie – het die behoefte in Job se hart beantwoord.
Ondervinding is wat jy kry wanneer jy iets anders verwag het.
Die les van die boek Job: Wees gou om ‘n ander se las te help dra (Gal.6:2), maar stadig om ‘n ander se optrede te veroordeel (Matt.7:1)
En weet dat die almagtige God in beheer is – altyd !! In jou goeie tye, maar ook in jou donkerste tye. Hou met geloof en vertroue in Hom vas.

****************************************************************************************************************

Ps.1-6

Ps 1 leer jou hoe belangrik dit is om God se Woord te oordink; Ps 2  die Here as Koning te erken; en jou voortdurend in goeie en slegte
tye in gebed aan God toe te wy (Ps 3-6)
As jy slapeloosheid ervaar weens jou probleme, lé jou fokus op die verkeerde plek – lees Ps 3 (veral v.6) en leer – jy kan maar slaap, want
jou Probleemoplosser slaap nooit.
(Dis makliker om jou man te staan as jy ‘n geloofsman is.)

Ps.7-12
Tyd bring genesing, maar hy wat op die Here wag, ontvang ook geregtigheid.
God handel alle sake regverdig en op Sy eie goeie tyd af. En leef en sé soos Dawid “….daarom wag ek op die Here”(Ps.7:2 = jou gebed van geduld)

Ps.13-18
Net omdat God die gelowiges beskerm, beteken dit nie dat jy luilekker kan sit en niks doen nie! Praat met God oor wat jy moet doen sodat jou
gehoorsaamheid aan Hom jou vertroue in Hom kan weerspieél.

Ps.19-24
Ons is die hele tyd in God se oog, en in Sy hand; Hy bly met ons besig om ons te begelei tot by Sy bedoeling vir ons.
God bemoedig ons nie om moed te skep nie, maar om bemoedigers te wees vir ander.
Die Bybel verwys dikwels na die gelowiges as skape: eienskappe van skape = 1. skape is baie weerloos; 2. dis vir hul moeilik om kos en water
te kry; 3. hul besef  hul eie swakheid en kan maklik verskrik word; 4. het ‘n swak sin vir rigting; 5. kan hulleself nie skoon hou nie.
Dink oor hoe dit op jou van toepassing is en dank God dat Hy jou Herder is en vir jou omgee en sorg.

Ps.25-30
Gebed is die magtigste wapen tot ons bekikking.
Hou ‘n gebedsjoernaal – skryf jou gebedsversoeke neer en dateer dit, bid daagliks daaroor en kyk hoe God met jou werk! God beantwoord ons
Gebede op 3 maniere: “ja”, “nee” en “wag”!!!!

Ps.31-36
In gebed lyk dit of ons God oortuig van ons wil, maar eintlik is dit ons wil wat vernuwe word om soos Sy wil te wess.
Matt.5:44 – opdrag van Christus dat ons obs vyande moet liefhé en moet bid vir dié wat ons vervolg. Ps.35 wys ons hoe om dit reg te kry (moet
nie kwaad met kwaad vergeld nie en behou perspektief in moeilike situasies deur God te loof omdat Hy altyd in beheer is)

Ps.37-41

Ps.41 = “hoe om die Here in lyding te loof”.
In plaas van om in moeilike tye te kerm en te kla (te teem) oor jou lyding, gebruik liewer die tyd om oor God se genade en liefde na te dink. En
Loof en prys God !!!!!

Ps.42-49
Jesus Christus beliggaam die neerbuiging van God en die verhoging van die mensdom.
Verheerlik Christus as die Gesalfde Koning; en stel ander mense aan Hom voor.

Ps.50-54
As ons gebede ons nie verander nie, bid ons nie reg nie.
Slegs as God altyd die bron van jou hulp is, kan jy die daaglikse slaggate en versoekings oorwin.
Onthou dat vergifnis 2 partye insluit: die oortreder en die een teenoor wie oortree is. Tensy die een teenoor wie oortree is, bereid is om die
oortreding te vergewe en te vergeet, kan gemeenskap met mekaar nie herstel word nie. Bely jou ootredinge sonde en vra vergifnis –
en aanvaar dan God se volkome vergifnis in/deur Jesus Christus. (Ps.51:19)

Ps.55-59
Lof in moeilike tye is die beste van alle offers en die ware getuienis van Godsvrug.
Probeer om soos Dawid in moeilike omstandighede vir God te loof en te prys met ‘n vreugdevolle gesindheid. Kyk weg van jou situasie
of omstandighede, kyk op na God en plaas jou vertroue in Hom terwyl jy Hom loof en prys met blydskap.

Ps.60-66
Ook in Dawid se klaagpsalms, sien en erken hy God se almag en soewereiniteit – God besit alles en almal, en is alom teenwoordig.
Daarom verheug Dawid hom in God se groot mag; en weet hy “met God aan ons kant sal ons oorwin”

Ps.67-72
Gebed is ‘n offergawe vir God, ‘n skild vir die siel en ‘n kastyding vir satan.
Ps.72 help jou hoe om vir jou leiers te bid om regverdig te lei.
Onthou God is en moet jou rots, jou toevlug en jou sterkte wees.

Ps.73-77
Om God te bewonder en te besing, is die edelste deel van die gelowige se werk hier op aarde, want in die hemel sal dit sy hooftaak wees.
Oordink God se groot dade (ook teenoor jou) en kom tot die gevolgtrekking dat God Lofwaardig is – en loof en prys Hom dan!!!!!

Ps.78-83
Ons weiering om God te gehoorsaam, veroorsaak dat ons baie seeninge misloop wat God aan ons wou gee …. maar nie kon nie. Spyt kom
altyd te laat.
Lees God se wet, en luister en leer sodat jy die Here jou God kan dien en gehoorsaam.

Ps.84-89
Die kenmerk van ‘n egte herlewing is volhardende bekering.
Herlewing moet by jou begin – vra God “maak weer die lewe vir ons nuut”(Ps.85:7)
Bid: “Ek wil luister na wat God die Here sé, want Sy Woord bring vrede vir Sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer
afdwaal nie.”(85:9)

Ps.90-97
Sing lofsange vir God, om Hom te eer en te verheerlik, want musiek kom die naaste daaraan om die onuitspreeklike te sé.
Sing vandag ‘n gebed van lof aan God; verhef jou stem, want Hy is lou lof waardig!! (bv. Ps.95)

Ps.98-103
Om te prys is eenvoudig om jou waardering te laat oorloop.
Te jou seeninge – gebruik Ps.98-102 om jou te help om dit te doen.
Ps.100 is ‘n gepaste lied om God toe te sing en te vereer en te verheerlik.

Ps.104-106
God wil hé dat jy oor Sy magtige dade moet getuig (en sing); en dat jy jou dankbaarheid moet wys oor wat Hy al alles vir jou gedoen het – deur
vir nog te kom vra (Ps.105:4-5)
God hou Sy beloftes deur beskerming en voorsiening, leiding, liefde en lof in die lewe van Sy getroue dienaars te bring (Ps.105:42)

Ps.107-110
Ps 110 is die Ps wat die meeste in die Nuwe Testament aangehaal word – want dit verwys na Jesus Christus, ons verhewe Heer en Koning.
Selfs al is daar baie om oor te kla in vandag se lewe, hoef en moet ons net altyd onthou dat die Here die Koning is !!!!

Ps.111-118
God is almagtig, maar Hy is nie afsydig nie! Hy bemoei Hom steeds daagliks met jou en die heelal. Loof die Here vandag; Hy seen jou elke dag.
Deel Ps 113 met ander  - en stel God aan ander bekend.

Ps.119
Hierdie Ps verhef die wonderlike Woord van God. Lees die Bybel en laat jou lof en liefde vir God se Woord ook eindeloos wees wanner jy dit
vandag en elke dag die fokus van jou toewyding maak.
Ps 119 gee ‘n getuienis oor die vermoé en volmaaktheid van God se wonderlike Woord.
Fasette van God se Woord:    Wet (om gehoorsam te word)      Getuienis (om gedeel te word)     Voorskrif (om toegepas te word)
                                                Belofte (om opgeéis te word)      Rigting (om gevolg te word)

Ps.120-127 (Hierdie groep Psalms is “liedere vir die lang pad”)
Ons slaap in vrede in die arms van God wanneer ons onsself aan Sy sorg oorgee.
Wees n vredemaker, omdat die Bron van vrede in jou woon.

Ps.128-134
Verligting van depressie is ‘n lofprysing ver.
Dié wie op die Here wag, sal rus en vrede by Hom vind – by God is daar krag vir elke dag.
Deur lofprysing, vetroue en erkenning van God se krag, sal jy uit die diepte van depressie na die hoogte van hoop en vrtroue verhef word.

Ps.135-139
Soek jy motivering om God te dien en te loof met jou hele hart? Kyk na Dawid se lewe en deel in sy motivering, want Dawid het
God met sy hele hart ywerig geloof, omdat:
1.        God het Dawid se voortdurende gebede om krag en beskerming in tye van nood geantwoord (Ps.138:3) ;
2.        God het Sy Woord groot gemaak deur Sy beloftes teenoor Dawid te vervul (v.2)
3.        Hoewel God groot en ryk aan glorie is, het Hy nogtans spesiale aandag aan Dawid gegee (v.5-6)
Lof is n siel wat blom.
     Laat jou lof só wees:                                                             Betoon dit deur:
     Persoonlik – jou eie diep gevoelens                                        ‘n Gebed
     Eerbiedig – vol aanbidding                                                      ‘n Psalm op te sé
     Waarderend – vol dank aan God                                              Kuns
     Verligtend – leer jou oor jouself en God                                  Instrumentale museik (sien Ps.150)
     Opreg – eerlik en betekenidvol                                                Sang
     Entoesiasties – verfrissend energiek                                        Skryf iets
‘n Lewe van lofprysing bring vreugde vir God en ook vir jou.

Ps.140-145
Jy kan toelaat dat probleme ‘n wig tussen jou en God indryf; of jy kan na die enigste seker Toevlug toe vlug.
Maak Ps.142:8 ‘n gebed: “Bevry my uit die gevangenskap, dat ek u Naam kan loof. Die regverdiges sal dankbaar om my kom staan wanneer
U aan my goed doen.”

Ps.146-150
Leef ‘n Psalm uit vir jou krag vir vandag.
Hierdie groep Psalms roep jou op tot lof – leef dit en vind vreugde en vervulling by God.
PRYS DIE HERE …. Vir jou verlede, hede en toekoms (sodat almal dit kan sien en hoor) ….. PRYS DIE HERE !!!!!!!

**************************************************************************************************************

Spreuke 1-4

Spreuke is bedoel “om die mense wysheid te leer”(1:2-5)
Dien van die Here = om die Here te vrees. Dit laat jou nie van God af wegvlug nie, maar bring ‘n diep ontsag en eerbied vir Sy krag en Sy heiligheid.
Dit laat jou luister na wat Hy sé sodat jy aan Hom gehoorsaam kan wees.
Wanneer mens teen God in opstand kom, lei dit tot jou eie ondergang.

Spreuke 5-9

Versoeking self is nie sonde nie, dis wel ‘n uitnodiging tot sonde. Weerhou jou van versoekings, want dit kan aanleiding gee dat jy sondig.
Geluk is nie rykdom of mag of wat ookal nie. Geluk = wysheid = om God te ken en aan Sy Woord gehoorsaam te wees.
Luister na die stem van Wysheid: by al die ander voordele lei dit tot “die guns van die Here”(8:35)

Spreuke 10-13

Hierdie deel is ‘n handleiding oor hoe om op die lewe te reageer soos God dit wil hé. ‘n Mens kan verstandigheid leer deur op te let wat gebeur
wanneer jy nie verstandig optree nie.
                                                          Soorte Spreuke opgesom:
Hfs. 1-9       Vaderlike raad (“my seun”)                            Hfs. 10-15     Teenstellings (“maar”)
Hfs.16-22    Aanvullende spreuke (“en”)                           Hfs. 23-31     Uitgebreide spreuke (meer as een vers)

Spreuke 14-17

Wysheid is vir God meer werd as al die skate van die wereld. Bestudeer die Bybel om hierdie wysheid te bekom.
Eerbiedige gesag vir God is die sleutel tot getrouheid in elke situasie. Leef toegewyd aan God in elke situasie en wees bereid om in gehoorsaamheid
aan God te lewe.

Spreuke 18-21

Hoogmoed en trots lei tot ondergang; nederigheid lei tot eer (nederigheid teenoor God, ander en jouself).
Stel ander se belange voor jou eie. Onthou, alles wat jy is en alles wat jy het, is deur God aan jou gegee (1 Kor.4:7)

Spreuke 22-24

Hierdie deel is goeie raad aan elkeen wat in ‘n leiersposisie is.
Onthou, ons wil staan onder God se gesag – wat ons doen kan vir ons goed en reg lyk, maar God toets ons gesindheid.

Spreuke 25-29

Wysheid is iets wat die Here gee, dis nie iets wat jyself verwerf nie.
Die Here se wysheid wys ‘n mens hoe om reg te kies as jy voor ‘n keuse te staan kom, en gee ook die regte perspektief oor aardse
besittings.
Spreuke oor :
                Die tong (25:11-15)                                                Die gevaar van ooreet (25:16-17)
                Ontrouheid (25:18-19)                            Meegevoel (25:20-22)
                Onverstandige optrede (26:1-12)            Luiheid (26:13-16)
                Skinderpraaitjies (26:20-22)                    Skynheiligheid (26:23-28)
                Rentmeesterskap (27:23-27)                   Verdrukking (28:15-17)
                Armoede (29:13-14)                               Dissipline (29:15-21)

Spreuke 30-31

Dit is merkwaardig dat Spreuke wat begin in die hemel (1:7) eindig by die gesin in die huis (31:15). As die Here se wysheid uitwerk in die huis, wat die smeltkroes van elke dag se bestaan is, sal dit elders ook uitwerk.

*************************************************************************************************************

Prediker 1-6

Die antwoord op die vraag “wat is die doel van die lewe?”is nie ‘n WAT nie, maar ‘n WIE.
Die lewe het slegs sin en betekenis as jy besef dat alle goeie dinge in die lewe “’n gawe uit die hand van God is!!”


Prediker 7-12
Die slotsom van alles is DIEN die HERE – dit is ‘n mens se hoogste plig.
Maak seker dat dit waarvoor jy lewe die moeite werd is om voor te sterwe. ‘n Lewe wat sin maak, die ewige lewe, oorvloedige lewe, kom net deur God te ken en Sy Seun, Jesus Christus (Joh.10:10,17:3)

**************************************************************************************************************

Hooglied 1-8

‘n Gelukkige huwelik bestaan uit 2 mense wat weet wat dit betekn om te vergewe – en dat God die middelpunt van hul bestaan is.
Die huwelik is een van die belangrikste beelde wat God gebruik om aan ons te verduidelik hoe Hy oor ons voel.
Efesiers 5:22-23 herinner ‘n christen egpaar dat hul huwelik vir die wereld ‘n idée moet gee van Christus se liefde vir sy bruid, die kerk.

*************************************************************************************************************

Jesaja 1-4

Sonde en ongeregtigheid wat deurdring tot in elke faset van die sosiale, politieke en geestelike lewe, is ‘n toestand wat vir God geheel
en al onaanvaarbaar is – en Hy sal dit nie ongestraf laat bly nie.
Geleenthede bring verantwoordelikheid mee – hoe gebruik jy jou geleenthede om jou geloof vrylik uit te leef ?

Jesaja 5-7

God soek nie na mense wat alles kan doen nie, maar na mense wat gewillig is om enigiets te doen.  (lees 6:5,7 & 9)
Wat jy vir die Here bereik hang nie soseer af van wat Hy deur jou kan doen nie, maar wat jy Hom toelaat om vir jou te doen.
Sodra jy ‘n besef van God se heiligheid en majesteit kry, sal dit jou dwing om jou lewe in diens van God te gee. Jy kan God nie dien
voordat jy Hom nie gesien het nie.

As ons sé God is heilig, beteken dit dat Hy heeltemal afgeskei is van die sonde, dat Hy rein en volmaak is. As ons sé dat iets of iemand heilig is,
beteken dit om afgesonder vir die Here en Sy eer te wees.
Ons heiligheid kan nooit soos God sin wees nie. Lees 1 Petrus 1:13-25 en  maak dit jou daaglikse doelwit.

Jesaja 8-12
Veiligheid is nie die afwesigheid van gevaar nie, maar die teenwoordigheid van God in elke gevaar.
Om een geveg te verloor beteken nie jy het die oorlog verloor nie – dis wel belangrik om die finale veldslag te wen (m.b.t sonde in jou lewe)

Jesaja 13-16
Die waarheid is nooit goedkoop nie, maar die regverdige kan dit altyd bekostig.
God is ‘n getroue en regverdige God – Sy beloftes en profisiee sal Hy altyd nakom. Hou daaraan vas. Jy kan ook jou laste na Hom neem –
En dit daar los!!!!

Jesaja 17-20
Elke straffende oordeel van God in die wereld geskiedenis was ‘n daad van bewaring.
God se tugtiging is altyd tot jou voordeel – Hy reinig en berei jou voor vir die rol wat Hy jou wil laat speel.
Lees Hstr 17:7 en laat dit jou lei na die antwoord wat God op hierdie oomblik van jou verwag.

Jesaja 21-23
Geestelike mislukking kom meer deur luiheid as deur ongeloof.
Leer meegevoel vir ander deur te dink oor hul ewige bestemming. Gee jy genoeg om om mense te konfronteer met die liefde van God en hul
verlore toestand? Bid vir ander en doen so iets daaraan. Vra God om jou die vrymoedigheid en kans te gee om met iemand oor God te praat.

Jesaja 24-27
Die Here se plan en doel met profesiee –1. Dui mense se sondes aand;
 2. roep mense terug na God se wette;
 3. waarsku mense oor die oordeel wat kom; en
 4. wys na die Messias.
 Die Here se mense word geseen, selfs in tye van krisis.

Jesaja 28-30
As jy heeltemal deur hierdie wereld in beslag geneem word, is jy nog nie gereed vir die volgende wereld (hiernamaals) nie.
Moenie op mense en dinge vertrou nie, want jy sal teleurgestel word. Vertrou op God, want Hy sal jou nooit in die steek laat nie.

Jesaja 31-35
Om die Here te prys is nie ‘n lee kompliment nie, maar ‘n natuurlike reaksie. Die wat Sy krag nie erken nie, sal ook ‘n probleem hé om Sy
redding te aanvaar.

Jesaja 36-39
Om ter wille van Christus te ly, moet beskou word as ‘n voorreg.
Weet dat iemand wat die God van die hemel ken, maak bespotting deur mense nie saak nie. Moenie mense se spot vrees nie – vrees God se
oordeel – en staan op vir God in en teen hierdie sondige wereld.

Jesaja 40-43
Ek sal liewer saam met God in die donker werk, as alleen wees in die lig.
Jou tevredenheid sal altyd afhang van jou vertroue op God !!
Weet God sal voor jou uit beweeg die hele dag. Ontspan dus en geniet Sy teenwoordigheid.

Jesaja 44-48
As dit vir jou kosbaarder is as God, spel dit a-f-g-o-d. ‘n Afgod is enige iets wat tussen jou en die Here kom.
Kyk na jou lewe en vra jouself af “trek ……. (hierdie ding/mens) my na die Here toe of trek dit my weg van Hom af?” Doen dan wat
Jes 46:8-9;12 vir jou sé.

Jesaja 49-51
Vir iemand wat dit uit liefde doen, kan diens nooit slawerny wees nie.
Christus as Dienaar se liefde het Hom selfs tot lyding genoop – volg Sy voorbeeld om ook so gewillig te wees om te dien en daardeur God se liefde in die werklike lewe uit te dra.
Dank God vir die geleenthede om daagliks diensbaar te wees vir ander.

Jesaja 52-57 (verwysing na Christus se lyding om my te verlos)
Ons kan nie na die kruis kyk en dan nog dink ons lewe het nie waarde vir God nie.
Menswording: Jesus Christus, die Seun van God, het mens geword sodat Hy werklik God was in ‘n menslike liggaam.
Redding: Hy het gekom om te ly en te sterwe, om Sy lewe as ‘n skuldoffer te gee en om “die sonde van baie” op Hom te neem.
Uitnodiging: Hy is gereed om elkeen wat reageer, genadig te wees en te vergewe.

Jesaja 58-62
Die invloed van een opregte liefdevolle mens op ‘n ander is ‘n seen.
Ons as christene se optrede moet wees dat God “die wat Hom soek, beloon”. (hebr.11:6) Jy moet sout en lig vir die wereld wees; en ‘n priester
wat mense terugbring na God toe (Matt.5:13-14; 1 Pet.2:9)
Bou vandag ‘n brug tussen ‘n sondaar en God – onthou brugbou vereis baie tyd en moeite.

Jesaja 63-66
Leer uit ander se foute om jou eie reg te stel.

Spreuke het jou geleer om die Here te dien is wysheid, want dit help jou om die regte keuses te maak wat vir God aanvaarbaar is. So bly jy
op die regte koers.
Prediker leer jou die wereld se genot en besittings kan, moet en mag nooit God se plek in jou lewe inneem nie.
Hooglied leer jou dat jou huweliksverhouding ‘n toonbeeld moet wees van God se onselfsugtige liefde.
Jesaja leer jou dat God sonde nie ongestraf laat bly nie – daarom het Hy Sy Seun gestuur om die lydende Dienaar te wees.

**************************************************************************************************************

Jeremia 1-3

Geestelike agteruitgang kan subtiel begin, maar dis nogtans dodelik.
As jy iets onaanvaarbaars een of twee keer toelaat (met huiwering), gaan jy dit later goedpraat, en dan selfs verdedig en uiteindelik sé dat
dit vir God ook aanvaarbaar is. Maar jy sal nooit die gevolge van jou sonde en agteruitgang kan vry spring nie, want die oordeel van God is
net so seker soos Sy Woord.

Jeremia 4 -6

Ons lewe in ‘n tyd waar daar nie meer erns met sonde gemaak word nie. Maar die Here se Woord is duidelik daaroor: enige sonde is ‘n
oortreding van die wet van God (1 Joh.3:4) en die straf vir ver van God wees en sonde doen, is die dood (Rom.3:23; 6:23)

Jeremia 7-10

Solank jou gewete jou vriend is, hoef jy jou nie oor jou vyande te bekommer nie.
Jou gewete is jou geestelike instink om jou lewe te beskerm – dit waarsku jou as jy sondig en oortree. Luister daarna en reageer daarop.

Jeremia 11-15

Daar is ‘n tyd om te bid … om sonde te bely … om op jou knieé na die Here te kom. Maar daar kom ook ‘n dag wanneer dit te laat sal
wees om te bid – vir jou en vir ander mense.
Jy moet vandag die keuse maak om die Here te soek, of Hom die rug te draai. As jy nie jou saak met God regmaak nie, sal daar ‘n dag
aanbreek dat geen gebede jou meer sal kan help nie – dan sal jy God se oordeel moet aanvaar.
Jesaja 55: 6 maak Hebr.11:6 waar.

Jeremia 16-20

Om Jesus te volg, kos iets – maar om Hom nie te volg nie, kos meer.
Verlossing is gratis, maar dissipelskap is ‘n uiters duur onderneming. Dissipelskap is soms pynlik, maar dis altyd iets met groot waarde.

Jeremia 21-25

1 Tim.2:1-2 sé jy moet vir jou regeerders bid. Leer hul name ken, want dis moeilik om vir iemand te bid as jy nie hul naam ken nie.

Die meeste volke het die soort regering wat hulle verdien – wat sé dit van jou regering en jou gebedslewe?!!

Jeremia 26-29

Die mens wat alleen bly en net vir homself leef, sal deur sy geselskap benadeel word.
‘n Juk wys na onderwerping – Jesus se juk is onderworpe aan ‘n Vriend wat ons alles gee wat ons nodig het om te lewe en aan God
gehoorsaam te wees. Hierdie juk beteken kontak met Hom en vreugde en vrede, en ons Verlosser se liefde – nie verdrukking nie.

Jeremia 30-33

‘n Beeld van hoe en wie die Here is: Hy haat sonde en veroordeel dit (30:12-15), maar Hy het die sondaar lief en vergewe hom (30:18-22).
God word kwaad (30:23-24); en Hy is vol liefde (31:1-9). Maar bo alles is Hy die Here wat red en weer Sy verspreide skape terugbring
(31:10-22) en ‘n nuwe verbond met hulle oprig (31:23-34) – ‘n belofte wat geborg word deur Sy almag (31:35-37; 33:19-22)
Die nuwe verbond –
·         God sal Sy wet in ons harte en gedagtes gee ( word deel van jou – om jou lewe van binne af te beinvloed; dis gee ons die innerlike
        vermoé om in gehoorsaanheid aan God te lewe en so Sy seen te ontvang. (via die Heilige Gees)
·         Hy belowe: “Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees”
·         Hy sal Sy volk se sonde vergewe via ‘n Plaasvervanger vir ons sonde – Jesus Christus.
(God vra nie of jy die vermoé het nie, maar of jy beskikbaar is)

Jeremia 34-39

Onthou die besluite wat jy neem, neem jou erens heen.
Die boek Jeremia = “die lewe en werk van ‘n man van God” – Hfst 1-33 handel oor Jeremia se profetiese boodskappe; en hfst 34-52 handel
oor sy persoonlike krisisse en swaarkry. Hy het getrou gebly aan sy roeping, ongeag omstandighede en gebeure.
Jeremia het God se Woord ter harte geneem, die volk het dit geignoreer en die koning het hom daarteen verset. Lg 2 het ten gronde gegaan.
Neem jy God se onveranderlike Woord ter harte ? Of stuur jy op ‘n afgrond af ?

Jeremia 40-45

Bekommernis mors vandag se tyd deur more se geleenthede te verloor deur gister se probleme.
Die Here is goed vir ons as Hy sekere singe in ons toekoms vir ons verberg, maar sekere dinge wel vir ons wys. Dit kan ons vreugde heeltemal
wegneem as ons presies weet wat die toekoms alles vir ons inhou. Daarom het Jesus gesé “moet julle nie oor more bekommer nie, …”
(Matt.6:34)
God gee ons die krag om elke dag se gebeure deur te maak – maar net een dag op ‘n slag. Vertrou dag vir dag op God en hou vas aan Hom en
Sy Woord.

Jeremia 46-49

God het seggenskap oor alle mense en volke – ook heidene is onderworpe aan God, en as hulle weier om die ware God te erken, sal hulle hul
straf kry.
Lees die oordeel oor Moab, Ammon & Edom (48:10; 49:16; 47:4; 48:2; 49:2,10) – en leer liewer die lesse wat hulle nie wou nie: God is die
Enigste God = erken en gehoorsaam Hom.
Volke en koninkryke (heersers en regerings) gaan ten gronde omdat hulle hulself verhef teen God (48:42)

Jeremia 50-52

Meer mense kan uit hul foute leer as hulle nie so besig was om hul foute te ontken nie.

Tyd kan God se beloftes nie kragteloos maak nie; omstandighede kan hulle nie verander nie; korrupte regeerders kan hulle nie vernietig nie.
Maar jy kan hul uitwerking beperk as jy hulle nie jou eie maak nie. ‘n Goeie belofte om mee te begin is Hebr.13:5 (“Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesé: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie’ Daarom kan ek met vertroue sé: ‘Die Here is my helper, ek ken green vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?’”) – eien dit vandag nog vir jouself toe. Hou vas aan God en Sy beloftes, en selfs die slegste en ergste tye sal jou nie onderkry nie.

 

***********************************************************************************************************



Klaagliedere 1-5

Ook tydens treur en hartseer, rig jou hart op God wat ook oor hierdie erge tye beheer het. Weet God het seggenskap oor alles op aarde, want dan

kan jy in oorwinning uitroep: “Daar is geen einde aan Sy ontferming nie!!”(3:22)


Lewenslesse wat ons uit Jeremia en Klaagliedere leer:
1.        Die Here se straf kom verseker, al kom dit nie dadelik nie.
2.        Die Here belowe nie dat ons sonder probleme sal wees nie, maar Hy belowe wel dat Hy ons krag gee om dit deur te maak.
3.     Die Here bly getrou aan Sy beloftes, afgesien van wat mense doen

 


***********************************************************************************************************

 


Esegiel 1-6

Esegiel leer die volk “dat Ek (God) die Here is”. Ons word verseker van die Here se straf oor ongehoorsaamheid, maar daar is ook hoop

die toekoms en ons word onderrig – dus ‘n voorbereiding vir die tyd van herstel.
Eensaamheid is meer as net ‘n situasie. Dis iets wat ons self veroorsaak, eerder as iets wat aan ons gedoen is.
God is altyd teenwoordig – as jy geestelik eensaam voel, is dit nie deur jou eie ongehoorsaamheid of moedswilligheid nie? God wag op jou
met ope arms.
Voorbereiding is nodig om God se dienskneg te wees – maak seker dat jy God sien voor jy Hom dien. God wil hé dat ons Hom ken – en Hy
stel Hom aan ons bekend deur Sy Woord.
Bestudeer die Bybel om verstandig te word, glo dit om veilig te wees en beoefen dit om heilig te wees.

Esegiel 7-11

Esegiel sien die wat, waarom en hoe van God se straf; maar daar is ook ‘n liefdevolle belofte van redding en herstel na die straf.
Beskou die Bybel as ‘n spieel om jou werklike geestelike toestand te sien en te evalueer. Wat sien jy? Behaal jy jou ideal, of gly jy af in sonde?

(Dis uitsonderlik om ‘n mens te vind wat so stil is dat die Here kan praat)
Die Here het elkeen van ons as individu gemaak, met verskillende geaardhede en persoonlikhede – juis so om steeds bruikbaar vir Hom te wees
en Sy Woord aan ander oor te dra.

Esegiel 12-15

Die Here sal jou antwoord as jy naby genoeg kom om Hom te hoor.
Jou gebede sal onbeantwoord bly as jy enige iets of iemand (‘n afgod) bo God stel.

Esegiel 16-19

Ons het ‘n sedelike vrantwoordelikheid teenoor God, omdat ons die beeld dra van ‘n sedelike Wese.
Onthou jy is verantwoordelik vir elke ding wat jy doen en elke keuse wat jy maak, of dit reg of verkeerd is. Jy kan niemand anders verantwoordelik
hou vir jou keuses, dade en/of foute nie.

Esegiel 20-23

‘n Ander se foute is soos ‘n ander motor se ligte – jy sien dit duideliker as jou eie.
Ons leer stadig : Sonde maak seer – vir ons en ander naby ons – dit bring en veroorsaak skade.
Vra God om jou te help en te lei om op te hou sondig.

Esegiel 24-28

Trots wat reg aangewend word, is nie verkeerd nie. Maar trots kan ook die ergste sonde word. Trots sonder nederigheid en dankbaarheid =
Hoogmoed, spogtery, verwaanheid en selfsug = onaanvaarbaar vir God; en afstootlik vir ander. (Spreuke 16:5) Slegs God kan op die “troon”sit.
‘n Mens wat te veel van hom self dink, het nie genoeg gedink nie.

Esegiel 29-32

Wat die volkleiers doen, beinvloed die hele volk; want ‘n volk volg die pad wat die leiers loop.
Bid vir jou leiers – dat hulle God se weé sal volg.

Esegiel 33-36

‘n Verstandige mense maak meer geleenthede as wat hy kry.
Wyfel jy om te getuig of tereg te wys omdat jy bang is oor wat die mense sal dink of sé. Al daaraan gedink dat dit dalk kan veroorsaak dat
iemand die ewigheid gaan mis omdat jy gewyfel het en bang of skaam was?
Lees Ese.33:7-9 & Gal.6:10 en laat klink God se waarskuwing op om ‘n slapende wereld bewus te maak van die gevaar waarin hul verkeer.

Esegiel 37-39

God wil hé ons moet oorwin, nie oorwin word nie; groei, nie in die grond lé nie; sweef, nie sink nie; bo uitkom, nie ondergaan nie: dis moontlik
deur op God te vertrou en aan Hom vas te hou.
Ons sukses is afhanklik van ons verbintenis met die Here. (Ps.46:2)

Esegiel 40-43

Net soos ‘n mens se persoonlikheid saam met jou liggaamlike eienskappe gesien word, kan die Gees van God nie in ons woon sonder om
gesien te word in wat ons doen nie.
Jou liggaam, en in werklikheid jou hele lewe, word deur die Here opgeéis om Sy tempel te wees. (enige deel van dié tempel wat herbou en
herstel moet word sodat jy gehoorsaam aan God kan/moet wees?)

Esegiel 44-48

Iemand wat uit liefde en meegevoel lewe, is geduring in aanbidding.
Al laat ons God in die steek, Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
Onthou: God is ‘n God van besonderhede – jou besonderhede. Hy stel in elke klein aspek van jou lewe belang. Jy kan al jou kommer en hartseer
en teleurstellings na Hom neem en dit by Hom los. Hy gee werklik vir jou om!!!


************************************************************************************************************


Daniel 1-3
Dis beter om vir ‘n oortuiging te sterf as om met ‘n krompomie te lewe.
Staan by jou standpunte – moenie laat ander en verkeerde ding jou met jou oortuigings bots nie.

Daniel 4-6
Geloof is wanneer die gelowige verder beweeg as wat hy kan sien.
Daar is geen groter krag op aarde nie as ‘n Christen in die middel van ‘n krisis nie. God moet te alle tye die eer ontvang in my krisis en/of
probleme. Bly standvastig onder teenkanting – bly getrou en gehoorsaam aan God – altyd en te alle tye.
Jy moet jou knieé buig om in die wereld staande te bly –deur altyd deur in gebed tot God te bly.

4 Aspekte vir gebedstyd:
1.        Aanbidding: Neem tyd om net die Here te aanbid vir wie Hy is en wat Hy vir jou gedoen het.
2.        Erkenning: Wees eerlik en nederig en erken voor God die sondes wat jy gedoen het deur wat jy gedink het, gesé het en gedoen het.
Bid Hom dan om jou te vergewe en jou te reinig.
3.        Danksegging: Prys God vir al die mooi dinge in jou lewe wat vir jou vreugde bring – jou gesin, vriende, die Here se voorsiening in jou
        behoeftes en nog baie meer.
4.        Versoeke: Bring voor God die dinge wat jy van Hom wil vra en vra dat Hy volgens Sy wil daarmee sal handel.
Gebed is eerlike, openhartige en vernuwende kommunikasie met die Here van die heelal wat jou ook persoonlik liefhet. Daar is niks wat vir jou of
Hom groter vreugde kan bring nie.
                                                                                                                                                                                                       
Daniel 7-12
Mense wat hul foute erken, kom gewoonlik verder in die lewe as diegene wat probeer om te bewys dat hulle reg het.
Om die Here te dien uit eerbied vir Hom is die beste beginpunt vir die beplanning van jou lewe, want dit is Hy wat seggenskap oor alles het,
ook oor die koninkryke van hierdie wereld.
Staan ook telkens voor Hom om seker te maak dat jou lewe nog op koers is.
Om in die heilige God se teenwoordigheid te wees, maak mens bewus van hoe sondig jy is. Erken dit en doen voorbidding (Dan.9:19)


**********************************************************************************************************

Hosea 1-3

Liefde is om jouself te vergeet en ander te dien.
Die liefde van God is die fondament van ons geloof. God se liefde is onveranderlik. Jy kan dit nie verdien nie. Dit is onbeperk, niks kan
jou daarvan skei nie (Rom.8:35-39), en is lewend – God bewys dit elke dag in jou lewe.
Lees Ps.116 – en sé so ‘n slag vir God “Ek het U lief!!”.

Hosea 4-6

Wat hierdie land nodig het, is mense wat God nie net van hoorsé ken nie.
Niks kan God se oordeel oor sonde terughou nie. Ons moet tot inkeer kom, en na God terugkeer en om vergifnis smeek, en God gehoorsaam.

Hosea 7-8

Vuur is die toets van ware goud; teenspoed van ware sterk mense.
As God jou louter, moenie te gou uit die smeltkroes wil spring nie – jy moet eers volkome gesuiwer word, want God verdra geen sonde nie.
God se liefde is nie ‘n abstrakte teorie nie, dis ‘n lewende Persoon.

Hosea 9-11

Gewoonte is die maklikste manier om ‘n fout te herhaal.
Luister na God se waarskuwings en gee dit aan ander deur, want as ons verkeerd doen, sal ons die gevolge dra (as ons nie regmaak wat verkeerd is nie.)

Hosea 12-14

God is heilig en regverdig, maar Hy is ook liefdevol en genadig. God moet straf, maar as gevolg van Sy eindelose liefde sal Hy uiteindelik
Sy verlore kinders red en herstel. (14:5)
“’n klein bietjie is baie as God daarin is.”
Dis tog eienaardig dat dieselfde pad wat die regverdige help om staande te bly, die onregverdige gereeld laat struikel.


*********************************************************************************************************

Joel

‘n Sprinkaanswerm, soos “klein soldaatjies”, kan groter skade aanrig as ‘n olifant.
Mense wat voortgaan om in sonde te lewe, kan ‘n erger straf verwag. Die oordeelsdag kom nader, en net dié wat hulle tot God bekeer en na
God toe terugkeer kan God se regverdige oordeel vryspring.
Ongehoorsaamheid aan God se gevolge is fataal – dis slegs veilig om in God se arms skuiling te soek. (Deut.33:27)

**********************************************************************************************************

Amos 1-2

God kyk nie sondes mis nie, maar vir Sy kinders maak Hy ‘n uitsondering om hul sondes te vergeet. (Jes.43:25 & Jer.31:34) God belowe
ons dat Hy ons berouvolle sondes sal vergeet en vergewe deur Jesus Christus se bloed.

Amos 3-5
As ons dade reg is, maar ons gesindheid verkeerd, vind God dit afstootlik – Hy haat vals godsdiens.
Bid: “Vader, mag my aanbidding U behaag en vereer; mag my sang u Naam werklik verheerlik; mag my gawes en dankoffers waarlik tekens
van my opregte dankbaarheid wees vir alles wat U aan my toevertrou het; mag my naastediens opreg en liefdevol wees!!”

Amos 6-7
Besittings alleen bied geen sekuriteit nie. Die werklike waarde van iets is die waarde wat dit in die ewigheid sal hé.
‘n Maklike manier om jou verhouding tot God te meet, is om  te kyk na jou verhouding tot jou besittings. Bsit jy hulle, of besit hulle jou?
Onthou alles wat jy besit, behoort aan God.

Amos 8-9
Dis onmoontlik vir God om iets te doen wat teen Sy wese is.
God se alomteenwoordigheid is vir jou ‘n troos as jy Hom gehoorsaam, maar ‘n bedreiging as jy ongehoorsaam is.


********************************************************************************************************

Obadja
Nederigheid nou, keer vernedering later.
Hoogmoed sal deur God afgebreek word (1 Petrus 5:5)
Bou met nederigheid vir God, sodat jou bouplanne ewigheidswaarde kan hé.

********************************************************************************************************

Jona
In die skaakspel van die lewe moet jy onthou dat God altyd die eerste skuif maak – en ook die laaste een.
Toets jouself: bevestig jou dade dat jy ‘n christen is – is jy gehoorsaam aan God? God gee ons soms ‘n tweede kans om te gehoorsaam,
maar dis darem soveel makliker en minder pynlik om die eerste keer te luister.

********************************************************************************************************

Miga 1-2
Ons moet nooit so besig raak met die werke van die Here dat ons die Here van die werke verwaarloos nie.
As jy bid, moenie oorhaastig wees nie – gee eers ‘n rukkie kans voor jy amen sé, sodat God kan antwoord.
Onthou Hy het jou gemaak om Hom vir ewig life te hé en te geniet. Ontspan dus en rus in Sy teenwoordigheid.

Miga 3-5
Dink aan Jesus se voorbeeld, en vra: “Hy het dit gedoen – waarom sal ek dan nie ook siekes besoek, armes versorg, ander se nood bo my eie
stel nie?” (1 Joh.2:6)

Miga 6-7
Die enigste deel van die Bybel wat jy werklik glo, is die deel wat jy gehoorsaam.
(6:8) “Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God”

Sonde = om God se doel met ons te mis en om God se regverdige standaarde te verwerp. Dis enigiets wat nie ooreenstem met God se
karakter nie, of wat dit weerspreek.
Gelukkig kan sonde vergewe word – deur Jesus Christus se bloed. En mense wat vergewe is, kan ander vergewe.
Net een van die bede van die Onse Vader het ‘n voorwaarde daaraan gekoppel: die bede om vergifnis.

********************************************************************************************************

Nahum
Voorregte bring verantwoordelikheid.
As jy tot bekering gekom het, is dit jou verantwoordelikheid om jou geloof aan ander oor te dra en met hulle te deel.
Deel alles oor God met jou kinders.

*********************************************************************************************************

Habakuk
Moenie bang wees om jou probleemvrae na God toe te neem nie. Maar wees gereed vir ‘n verrassing as Hy hulle antwoord ….
of selfs glad nie antwoord nie. As God se hemelse planne nie sin maak vir jou nie, verwag God nie van jou om dit te verstaan nie, maar
slegs om Hom ten volle te vertrou, want Hy is inbeheer. En Sy planne sal volgens Sy tydtafel uitgevoer word.
“… nogtans sal ek in die Here jubel !!!”

*********************************************************************************************************

Sefanja
Selftevredenheid is die “vloek van christenskap”, want dit maak mense lou – en vir God is ‘n lou godsdiens selfs erger as opstand
(Openbaring 3:14-16)
Die waarheid word geskend deur leuens, maar dit word vertoorn deur stilte.

***********************************************************************************************************

Haggai
Kry jou prioroteite reg: begin en eindig jou dag met God.
Halfhartige gehoorsaamheid lei nooit tot heelhertige seen nie!! (Hag.1:7-11 & Matt.6”33)

************************************************************************************************************

Sagaria 1-2
Wat ‘n pa vir sy kinders sé, word nie deur die wereld gehoor nie, maar wel deur die nageslag. Ouers moet hul kinders van God leer !!!

Sagaria 3-4
Jy is net eenmaal jonk, maar onvolwassenheid kan ‘n leeftyd duur.
Toewyding an God lei tot nuwe prioriteite en lewende aanbidding. Dan is jy diensbaar vir God (4:6)
‘n Lewe belemmer met onbeleide sonde, kan  nie ‘n ligdaer vir God wees nie. (Matt.5:14;16 & 6:23 & Joh.1:1-12)

Sagaria 5-6
Luister eers voor jy praat; dink eers voor jy skryf; vergewe eers voor jy bid; probeer eers voor jy opgee.
God gee net soveel vir die werker om as vir die werk. Soms spandeer Hy meer tyd aan die voorbereiding van die werker as aan die werk self.
Spandeer tyd met God voor jy iets vir Hom aanpak – dan sal jy met ywer kan dien.

Sagaria 7-8
Mense sien jou dade, maar God sien jou motiewe.
Vir God is geregtigheid, genade en meegevoel belangriker as ‘n vas wat nie opreg bedoel word nie. (7:5)
“Doen alles in die Naam van die Here Jesus – en tot Sy eer.”

Sagaria 9-11
‘n dag sonder gebed, was ‘n mors van tyd.
Praat oor alles met God, Hy wil vir jou gee wat jy nodig het – vra Hom net daarvoor. (10:1 & Jak.4:2 “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie”)

Sagaria 12-14
Dink jy aan die toekoms? Hoe voel jy as christen oor die toekoms? Dink daaraan, en besluit of jy gereed is vir Christus se wederkoms.
Wat God tot dusver vir ons gedoen het, is nog niks teen wat nog voorlé nie.

****************************************************************************************************************

Maleagi
Jy moet werk maak van sonde. God het vir jou voorsiening gemaak om vry te wees van sonde deur Jesus Christus as verlosser aan te neem.

***************************************************************************************************************












                                                                                                                                                                                                       
                                                                                                                                                                                                                       





Genesis vertel van die begin van die skepping – Matteus vertel van die begin van die herskepping. God gaan voort met Sy plan vir die
redding van die mens. Jesus, die beloofde Messias, vervul die beloftes in die Ou Testament in elke aspek van Sy lewe.

Matt 1-4
Die toets van jou geloof is jou gehoorsaamheid.
Hierdie deel wys mense uit wat gehoorsaam was aan God – die geslagsregister, en Johannes die Doper, asook Jesus versus die satan.
Dis een ding om te weet wat God wil hé jy moet doen; dis ‘n heel ander storie om elke dag te doen wat God wil hé.

Matt 5-7
Die “bergrede” leer ons waarvoor Jesus staan: die koninkryk van die hemel (5:3,10). Nie vormgodsdiens nie, maar ‘n perssonlike verhouding
met God, nie net goeie dade nie, maar die regte gesindheid is die kern van Jesus se boodskap. Net deur op God se fondasie te bou (7:24-27)
kan ons beter lewe as die skrifgeleerdes en Fariseers (5:20)
Oordeel (7:1): beteken dat jy motiewe aan ‘n ander se optrede heg. Oppervlakkige oordeel kan motiewe misverstaan en maak dat ander jou
ook so behandel.
Jy moet jou eie en ander se dade aan God se voorskrifte toets (7:20) en jou dade daarvolgens aanpas. (die goeie oog van 6:22 hou God in die
oog en sien dinge uit God se oogpunt, terwyl die slegte oog net die dinge van die wereld raaksien.)
Die bergrede beskryf die lewenstyl van die ware onderdaan van die Koning, ‘n lewenstyl wat deur woord en daad wys dat die Here in die lewe
van Sy dissipel aan die werk is. Pas dit in jou lewe toe en leef dit uit.

Matt 8-11
Wonderwerke wys dat Jesus krag het oor alles – Hy gee hierdie selfde krag en gesag aan sy dissipels (ons).
Bybelse jammerte (9:36; 14:14; 15:32; 20:34) is om die nood van iemand raak te sien en dan iets daaraan te doen.

Matt 12-15
Daar is net een ding nodig vir die kwaad om beheer oor te neem : goeie mense moet niks doen nie. Morele sake moet aan die klok gehang word –
Neem standpunt in – die Bybel bly nie stil oor sonde nie. Doen eers jou huiswerk in die Bybel, en praat dan vreesloos ten gunste van God .
Dit kos iets om Jesus te volg, maar meer om dit nie te doen nie.

Matt 16-19
Jesus spandeer al meer tyd om Sy dissipels voor te berei vir hul taak om Sy werk voort te sit.
God het al die toerusting wat jy nodig het vir die taak wat Hy vir jou in gedagte het op aarde. Daar is net een ding wat kortkom: jou beskikbaarheid.
Net jy kan dit gee.

Matt 20-23
‘n Mens kan hemel toe gaan sonder gesondheid, rykdom, eer, geleerdheid of vriende; maar nie sonder Jesus nie.
3 Reaksies teenoor Jesus:
1.        Ongeérg – soos Sy dissipels, wat nie aandag gegee het aan wat Jesus hulle vertel het oor Sy lyding nie.
2.        Geirreteerd – soos die Fariseers, omdat Hy oor hulle gepreek het. I.p.v bekering wou hulle Hom stilmaak.
3.        Dadelik gehoorsaam – die blindes wat na Hom geluister het, Sy gesag erken het, hul nood bely het, en op Sy roeping reageer het – en
verlos is.
Hoe reageer jy?

Matt 24-25
Jesus se wederkoms is die Bybel se sterkste aanmoediging vir ‘n lewe van diens.
Jy moet uitsien na en Jesus se koms opgewonde verwag (2 Tim 4:8), terwyl jy Sy eiendom goed bestuur (Luk.19:13). Moenie net wag en niks
doen nie, en so jou plig versuim nie: lei ander na Jesus toe.

Matt 26-28
Uit Christus se kruisdood vloei ons almal se hoop.
Die ewige bestemming van elke mense word bepaal deur sy verhouding met Jesus en met wat Hy aan die kruis gedoen het. Het jy dit al met
iemand anders gedeel?

************************************************************************************************************

Mark 1-3
Om sonder gebed vir die Here te probeer werk, is net so verspot as om ‘n ruimtetuig met ‘n blaasroertjie te probeer lanseer.
Markus fokus op JC se werke en nie Sy woorde nie – soos dit by ‘n Dienskneg pas.
JC het besondere krag en uithouvermoé gehad wat ‘n vol program indiens van God volgehou het – tog was Hy aan dieselfde menslike beperkings
onderworpe van honger, dors, uitputting, ens. Hy kon suksesvolle diens lewer omdat Hy bekragtig is deur die Heilige Gees (nes ons) [1:10,12] en
Hy daagliks deur gebed versterk is [1:35] – Hy het geweet hoe besiger die program, hoe meer gebed is nodig.
As jy te besig is om te bid, is jy besiger as wat God bedoel het. Begin elke dag op jou knieé.

Mark 4-7
Vir die eks-duiwelbesetene was JC se roeping om te gaan juis een om tuis te bly, om te vertel wat die Here alles vir hom gedoen het (5:20).
En deur sy bereidwilligheid en gehoorsaamheid om te getuig waar hy gewoon het, het 10 stede die evangelie gehoor.
Begin om vir vriende en familie te vertel “wat die Here alles vir jou gedoen het.”

Mark 8-10
Diens is ‘n liefdegawe aan mense uit dankbaarheid vir God se liefdegawe aan jou.
Om dienskneg te wees beteken nie dat jy geen regte het nie, maar dat jy jou regte vrywilliglik prysgegee het. Ware diens spruit uit liefde, nie
uit dwang nie. (JC is die beste voorbeeld)

Mark 11-13
Al God se helde was swak mense wat groot dinge vir God gedoen het omdat hulle geweet het dat Hy met hulle was.
“Jy moet die Here jou God life hé met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. En die tweede is:
Jy moet jou naaste liefhé soos jouself. Geen ander gebod is groter as die 2 nie.”(12:30-31)

Mark 14-16
Die christen se taak is om Christus sigbaar, verstaanbaar en begeerlik te maak.
“Gaan uit, die hele wereld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom” (16:15) want, “Ek is by julle al die dae tot die voleinding
van die wereld.” (Matt.28:20)

*************************************************************************************************************

Luk 1-2
Een van die tekens van Geesvervuldheid is om te “sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere” (Ef 5:19)
Musiek en sang is een van die beste maniere om te loof en prys en aanbid.

JC – die Seun van die mens – is die volmaakte, sondelose mens; maar ook volmaak God. Hy het dieselfde as ons ervaar en verduur, en
juis daarom kon Hy as God ons sonde aan die kruis dra sodat ons verlos kan word. Dank God daarvoor.

Luk 3-6
Satan is slim en listig – daar is slegs een verdediging teen hom : die Woord van God (Ps.119:11) Ken jy jou Bybel goed genoeg om die
duiwel te kan teenstaan en weerstaan? Bestudeer die Bybel, memoriseer dit en wees gereed vir satan se aanval.

Luk 7-9
Gebed is om die behoeftes waarin jy nie kan voorsien nie, oor te gee aan die God wat in elke behoefte voorsien. (Fil.4:19)
Maak hierdie jou leuse: Ek vertrou terwyl ek wag, want my God is nooit laat nie. En Hy voorsien altyd oorvloediglik (Hfst 9)

Luk 10-12
Evangelisasie is die permanente taak van die hele kerk, nie die stokperdjie van ‘n paar lidmate nie
Ons moet die evangelie een-tot-een oordra: praat met een persoon oor Christus en lei hom/haar so na die Here. JC het Sy dissipels ook so
uitgestuur en so be-opdrag.

Luk 13-15
God is vir elkeen van ons so life asof ons die enigste mens is om life te hé. God vergeet jou nooit (Hfst 15)
Maar moenie probeer om God se waarheid aan te pas volgens menslike voorkeure nie – noem die ding by die naam en moenie compromise nie.

Luk 16-18
JC self beklemtoon die belangrikheid om te volhard in gebed (18:1-8; 9-14)
Onthou gebed is harde werk, maar deur gebed kry jy leiding en versterking van God af; en word jy ‘n kanaal van Sy krag.

Luk 19-21
Laat ons gee volgens ons inkomste, voordat God ons inkomste aanpas by ons gawes.
Iets wat vir onbelangrik lyk, kan voor God baie tel. (bv.19:7 & die weduwee se penning).

Luk 22-24
Maak ‘n lys van al die seeninge wat God jou daagliks gee – en onthou 24:6 “Hy is nie hier nie, Hy is uit die dood opgewek!” Loof en prys God.
Prys God, al verstaan jy nie wat Hy doen nie!!

*************************************************************************************************************

Joh 1-2
JC is vir elkeeen van ons afsonderlik life, en gee vir elke mens om. 1:34 = “Die volgende dag wou Jesus na Windhoek vertrek; en Hy het
 Esmé (jou naam) gekry en vir hom/haar gesé: Volg My.” Ons Here se boodskap bly diese;fde. Dit is nie vir massas bedoel nie, maar vir elke mens.
Dis nie wat ons kry wat ons ryk maak nie, maar wat ons weggee.
Redding is om te verander van ‘n lewende sterwende na ‘n onsterflike lewende. Net God kan ‘n mens red deur die plaasvervangende dood van
Sy Seun, Jesus Christus – en Sy opstanding uit die dood.

Joh 3-5
Redding begin as jy jou sonde begin raaksien.
Jesus se bediening was nie beperk tot die tempel of sinagoge nie. Op elke plek en geleentheid was Hy altyd gereed met die regte woord en ‘n
genesende aanraking.  Wat van jou? Is jy altyd en oral beskikbaar vir God?

Joh 6-8
Sommige sien net ‘n hopelose einde, maar die christen juig in ‘n eindelose hoop.
As God iets goeds wil doen, begin Hy met ‘n probleem. As Hy iets groots wil doen, begin Hy met ‘n onmoontlikheid. Dit beteken wat ook al
vandag vir jou voorlé, die kanse goed is vir ‘n wonderwerk!!!
Al wat nodig is om God se uitkoms in enige situasie of omstandigheid te ervaar, is dat jy jou magteloosheid moet erken.
JC is God se antwoord op elke mens se totale nood.

Joh 9-12
Jesus Christus is niks minder as die Seun van God nie, en jy kan slegs deur Hom die ware lewe – ewige lewe – verkry. (20:30-31)

Joh 13-17
‘n Biddelose dag is ‘n seenlose dag; en ‘n biddelose lewe is ‘n kragtelose lewe.
Joh 17 leer jou bid:
1.        Kort gebede;  2. Spesifieke gebede;  3. vir jouself;  4. vir jou familie;  5. en vir God se werk oor die hele wereld.
Dus, stort jou hart uit voor jou hemelse Vader; en tree in vir mense wat jy ken (en nie ken nie, maar wat God se dienaars is, en dié wat nog
tot bekering moet kom)

Joh 18-21
God se werk wat op God se manier tot God se eer gedoen word, sal nooit God se voorsiening kortkom nie.
Jou daaglikse werk moet eintlik net daar wees om die rekeninge te betaal – jou eintlike voltydse werk is om ‘n christen te wees; en die
evangelie te verkondig.

****************************************************************************************************************

Hand 1-4
Jou geestelike “dieet”moet ook gebalanseerd wees: (2:42) genoeg porsies Bybelstudie, saamwees en aanbid met mede-christene en van jou
eie stiltetyd. Sorg dus moet jy deur die Woord gevoed word.

Hand 5-7
Besef jy wat dit beteken om vir jou geloof vervolg te word? Dank God dat jy vry is om Hom te dien – en DIEN Hom met vrymoedigheid.
Bid vir die christene wat in vervolgde lande lewe – raak so betrokke by die lydende lede van die christelike liggaam.

Hand 8-9
Goedhartigheid is ‘n taal wat dowes kan hoor en blindes kan sien.
Om die kerk te vervolg, is soos om die atoom te split: dit stel groot hoeveelhede Goddelike energie vry – wat die wereld kan verander. Soos met
Saulus gebeur het, wat Paulus geword het en toe die evangelie na nie-Jode geneem het.

Hand 10-12
Die wereld mag dalk gebed se krag onderskat; maar gelowiges weet van beter (of behoort van beter te weet).
Satan sal alles probeer om die kerk se gees te breek en groei te keer (Hfst 10-12); mar met die Heilige Gees se leiding en bystand kan en moet
ons dit teéstaan, en die evangelie oral waar ons is verkondig.
Oppas om nie soos die dissipels(12:15)nie te glo dat God jou vurige gebede kan en sal beantwoord nie – as jy bid, verwag en wees veseker dat
God gaan antwoord!!!!!

Hand 13-15
Daar is ‘n aanvaarbare – maar ook onaanvaarbare – manier om verskille te besleg. Gebruik Hfst.15 as handleiding as jy verskille het om
uit te sorteer. En doen dit vandag nog – moenie dat verskille oud word nie.
(Onthou ook dat elke christen by sending betrokke behoort te wees – dis immers ‘n opdrag wat Christus gegee het. Jy kan ook deur gebed
vir sendelinge, ens. jou deel vir sending doen; asook deur finansiele bydraes.)

Hand 16-18
Dissipelskap behels meer as om te weet wat jou leermeester weet; dis om te word soos hy is.
Dis nie genoeg om mense net na die redding in Christus te lei nie; jy moet hulle ook in hulle geestelike groei kan bystaan en versorg.
(15:36; 16:4-5 & 2 Tim 2:2) Lei mense na Christus, bid vir hulle, versterk hulle in hul geloof en sorg dat hulle weer nuwe bekerlinge maak.

Leer by Paulus en Silas: in plaas van deur in woede te reageer op onregverdigheid, borrel oor met lofsange (leef jou eie preke uit)

Hand 19-20
Vrygewiges gee hulleself ryk; inhaliges palm hullself arm in.
“Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”(20:35) Daar is geen beter manier om onmiddelike seen te geniet as wanneer jy
hierdie woorde ter harte neem nie. En dit gaan nie net oor geld nie jy kan jouself en jou tyd ook gee – wees kreatief.

Hand 21-23
Om te leef vir Christus maak dit die moeite werd om ook vir Hom te sterf.
As jy vandag eerder van jou probleme en seer en swaarkry wil weghardloop, hardloop dan daarmee na jou hemelse Vader toe: Hy sal vir jou
‘n lewende oorwinning oor jou probleme gee.

Hand 24-26
Die Here het die hele wereld ingerig en georganiseer om aan die behoeftes van Sy uitverkorenes te voldoen.
Paulus het elke verleentheid gesien as ‘n Goddelike geleentheid om die evangelie te verkondig. Sy gevangeskap het die geleentheid gegee om
die evangelie aan die regering te verkondig.
My verleentheid = God se geleentheid. Dis die geheim om God se beheer te sien in al jou daaglikse omstandighede wat op die oog af buite
beheer mag lyk!

Hand 27-28
Party mense droom net gedurig van groot dinge doen; maar ander bly wakker en doen dit.
Watter droom het jy oor wat jy vir God wil doen? Neem ‘n rukkie en droom jou magtige droom vir die Here. Gee dit aan God oor. Bid daaroor.
Werk om dit te verwesenlik. En maak dit met God se toerusting en tydsberekening waar – tot Sy eer!!!!

Handelinge het geen afsluiting nie, want die werk waarvoor die Heilige Gees gelowiges toegerus het, is nog nie afgehandel nie.

*************************************************************************************************************

Rom 1-3
Die mens se opstandige sondige natuur het daartoe gelei dat hy sy Skepper verwerp en die skepping aanbid. Op sy beurt het God die mense
se sondige natuur aan himself oorgelaat om sy verdorwenheid ten volle uit te leef. Die hele mensdom is hulpeloos voor God. Ons verbreek
nie soseer God se gebooie nie; ons breek eerder onsself teen Sy gebooie.
Al hoop vir ons is om God se redding in JC aan te neem.

Rom 4-5
Mense wat liefde die minste verdien, is dié wat dit die meeste nodig het. Net soos ons verlore sondaars JC se liefde, genade en redding benodig.
Gelukkig is God se liefde nie ‘n reaksie op aantreklike hoedanighede nie, maar ‘n wilsdaad teenoor die voorwerp van Sy liefde: God het jou lief,
nie ter wille van jouself nie, maar juis ten spyte van jouself!!
God se liefde reik uit met besorgdheid en medelye na die swakstes en slegstes (die mensdom) – bid en vra God vir hierdie soort liefde in jou lewe
sodat jy na nou medemens in liefde te kan uitreik.

Kennis moet altyd oorspoel in gehoorsaamheid, d.w.s jy moet die Bybel prakties kan toepas en uitleef. (2 Tim.3:16-17)
Rom 6-8
As die las wat God jou gegee het om te dra vir jou te swaar begin voel, kry jy die versekering: God verwag nooit van jou om dit alleen te dra nie.
Die Heilige Gees se toerusting gee jou die sekerheid dat jy kind van God is en lei jou en bid vir jou sodat jy deur die storms en krisisse ‘n lewe
van christelike oorwinning kan lei.
As ons die regte dinge wil doen, moet ons die krag van die oorwinningslewe toepas wat God in die Heilige Gees aan ons voorsien.

Rom 9-11
As jy na die verlede kyk, sal jy elke keer God se volkome getrouheid te midde van volslae ontrou sien. Bevestig dus nou jou vertroue in
die Here oor al jou toekomstige behoeftes.

Rom 12-16
Ons moet nie net vir Christus leef nie, ons moet lewe om soos Hy te wees.
Onthou, waarin jy glo, sal jou lewe bepaal.
Romeine sit die grondbeginsels van die christelike geloof vir ons uiteen; en leer ons ook die praktiese uitleef daarvan.
By elke opdrag vir christen-wees gee God ook die toerusting wat daarby pas. Dit lees so:
1. Dien mekaar deur die gawes wat God julle gegee het te gebruik;
2. wees aan die owerhede onderdanig deur julle Verlosser se gesindheid van liefde en oorgawe uit te leef;
3. wees sensitief vir die swakker broers se behoeftes in kwessies oor gewete;
4. wees eensgesind onder mekaar omdat Christus se gesindheid deur julle werk.
Enige iemand kan soos ‘n christen optree, maar dit verg ‘n ware christen om soos een te reageer.

***************************************************************************************************************

1 Kor 1-5
Paulus verduidelik God se riglyne vir ons gedrag in alledaagse sake.
Dis jou plig as christen om mede-christene reg te help – sorg net dat jou eie lewe onberispelik is deur gebed en verbintenis aan Christus.
Dis nooit maklik om iemand met sy foute te konfronteer nie, maar God het beloof om krag te gee vir alles wat ons tot Sy eer doen.

1 Kor 7-10
Dis steeds God se manier om Sy kinders op strategiese plekke te plaas sodat die evangelie verkondig kan word en uitgedra kan word
oor die hele wereld. Vra God om daardie bring van die evangelie deur jou lewe moontlik te maak waar jy ook al geplaas word.

1 Kor 11-14
Diensbaarheid is ons liefde vir Christus met werksklere aan.
Bepaal waar jy diensbaar kan wees in jou gemeente en gemeenskap – en doen so jou deel vir die christenskap.

1 Kor 15-16
Die opstanding bring hoop vir die gelowiges se liggaam en gees, en dit spoor ons aan om “standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die
werk van die Here te wees, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.”(15:58)

**************************************************************************************************************

2 Kor 1-5
Ons moet elke oomblik benut asof ons toekomstige ewigheid afhang van wat ons vandag sé en doen.
Sien die kwaliteit van christen wees as ‘n reuk: trek jou “reuk” mense aan, of stoot dit hulle af? Kry mense die aangename geur van Christus
in jou lewe?

2 Kor 6-9
Hfst 8&9 = rentmeesterskap (wees vrygewig met jou gawes en liefdeswerk)
                           “Moenie …. In dieselfde juk trek nie: (6:14-16)
                                     reg                    onreg
                                     lig                     duisternis
                                    Christus            Belial (Satan)
                                    Geloof               ongeloof
                          Tempel van God         afgode
As jy by God ‘in’ is, is jy ’uit’ by die wereld wat nie in Hom glo nie.

2 Kor 10-13
Jy sal nooit meer nodig hé as wat God kan gee nie.
Jy as christen is veronderstel om te spog – met God en wat Hy vir ons doen. “Hy wat roem, moet in die HERE roem!!”(10:17)

*************************************************************************************************************

Galasiers
Galasiers is die handves vir christelike vryheid.
Daar is slegs EEN vrug van die Gees – wat bestaan uit 9 deugde – wat slegs ‘n christen deurgaans kan handhaaf, omdat slegs ‘n christen
die Heilige Gees het wat bo-natuurlike lewe na buite kan bewerkstellig – ‘n lewe gekenmerk deur vreugde, vrede, liefde (jou gesindheid
van binne); geduld, vriendelikheid, goedhartigheid (jou gesindheid na buite) en getrouheid, nederigheid, selfbeheersing (jou gesindheid
na God)

*************************************************************************************************************

Efesiers (God se wapenrusting)
Maak seker dat jou wil in neutral is wanneer jy bid, sodat God jou in Sý rat kan kry.
“Wat jy glo, bepaal hoe jy leef … Lewe volgens jou roeping … Jy is ryk in Christus – lewe dan ook só.”

God roep ons nie om heiliges op ons eie te wees nie, maar om bymekaar te staan as volgelinge wat aan Christus verbind is.
Hoe God wil hé ons mekaar moet behandel:
·         Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar (Rom.12:10)
·         En dat julle mekaar self op die regte weg kan help (Rom.15:14)
·         Dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra (1 Kor 12:25)
·         Dien mekaar in liefde (Gal.5:13)
·         Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar (Efe 4:32)
·         Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het (Efe 4:32)
·         Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig (Efe 5:21)
·         Leer en onderrig mekaar in alle wysheid (Kol 3:16)
·         Julle is self deur God geleer om mekaar lief te hé (1 Tes 4:9)
·         Troos mekaar dan met hierdie woorde (1 Tes 4:18)

*************************************************************************************************************

Fillipense
“Wees altyd bly in die Here!!”(4:4)
Die geheim van die christelike lewe se volheid is vreugde.
Jou lewe is ‘n voorbeeld vir ander – of jy dit wil hé of nie, want die mense om jou beoordeel christen-wees aan wat hule in jou lewe sien!
Dus, is jy “altyd bly”(4:4)? Of is jy gedurig besorg oor alles, deur die krag van gebed te onderskat (4:6)? Wys jy daagliks dat die “vrede van God
wat alle verstand te bowe gaan”deur jou lewe werk” (4:7)? Dink hieroor en bid vir waar jy tekort skiet, sodat jy deur jou woorde en dade
voortaan ‘n model-christen kan wees.

************************************************************************************************************

Kolossense
“Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid”(1:27) JC bewerk volkome redding – Hy maak ons heeltemal vry van die sonde se
houvas en die hellestraf. JC voldoen aan elke behoefte. Hy is ons waarborg dat ons die ewige lewe het.
Leef daagliks hierdie wete uit dat Christus in jou is.

Die duiwel verhinder gebed, nmaar gebed verhinder ook die duiwel.
Danksy JC het satan sy houvas op jou verloor; maar satan sal steeds probeer om jou te laat ontspoor. JC het ‘n 3-voudige verdedigignsplan:
1.        JC tree ter wille van ons in (Joh.17:15) deur in die hemel vir ons te bid dat die bose teegehou word.
2.        Die gelowige moet paraat en op sy hoede wees (1 Pet 5:8) – moenie die duiwel onderskat nie.
3.        Die gelowige moet God se wapenrusting aantrek (Efe 6:11-18)
Dank God dat Hy vir jou sorg en jou beskerm. Dank Hom bo alles dat jou ewige bestemming verseker is. Hou aan om vir jouself en vir
ander te bid. Bly wakker en waaksaam.

************************************************************************************************************

1 Tessalonisense
Geestelike groei vind die beste voedingsbodem in gereelde gebed en aanhoudende aansporing. Bid vir jou geestelike “kinders” en
mede-gelowiges. Reik in liefde uit na ander – en moet nooit ophou bid nie.

************************************************************************************************************

2 Tessalonisense
Vandag se swaarkry sal met toekomstige heerlikheid beloon word; daarom kan jy met hoopvolle verwagting na die toekoms uitsien.
Die leer oor Christus se wederkoms bring balans in ons christen-wees. Dit gee ‘n uitsig aan die hede en toekoms en help ons om voorkeur
te gee aan dinge wat God verheerlik.

Om met toewyding aan God te lewe en ‘n verskil in ons omgewing te maak, is die volgende belangrik:
1.        Bely God as jou Verlosser (Tit 1:3; 2:10; 3:4; 1Tim 1:1; 2:3; 4:10)
2.        Handhaaf in jou onderrig ‘n gesonde leer (Tit 1:9; 1 Tim 1:10; 6:3; 2 Tim 1:13; 4:3)
3.        Handhaaf ‘n lewe van toewyding aan God (1 Tim 2:2; 3:16; 4:7-8; 6:3; 5-6; 11:2; 2 Tim 3:5; Tit 1:1)
4.        Hanteer twispunte direk en reguit (1 Tim 1:4; 6:4; 2 Tim 1:23; Tit 3:9)

*************************************************************************************************************

1 Timoteus
Gedurige geloofstoetsing kweek sterk christene.
(2:1-2) roep ons op om vir alle mense , die regering en gesagsposisies te bid - Ernstig te bid. (die genesing van bysiende visie is versiende
gebed.

************************************************************************************************************

2 Timoteus
Die grootste skat wat jy jou kinders kan nalaat, is om God van naby te ken.
‘n Bybelse grondslag van kleins af berei ons voor vir diens wat baie vrug dra.

************************************************************************************************************

Titus
Liefde is nie droomverlore gevoelens nie – dis diens.
Almal moet wys dat hul geloof ‘n werklikheid is deur “hulle op goeie werke toe te lé”(3:8)

************************************************************************************************************

Filemon
Die Here red nie mense in massas nie; maar individue.
Vergewe ander en stel hulle vry – help hulle om God te leer ken, en waarlik vry en vergewe te wees.

************************************************************************************************************

Hebr 1-2
Godsdiens is die mens wat God opsoek; christenskap gaan oor God wat die mens opsoek.
Dis maklik on ‘n lewende verhouding met God met mensgemaakte tradisies en prestasies te vervang. Beoordeel ‘n bietjie die
“godsdienstige praktyke”in jou lewe. Help dit om jou verhouding met God te bevorder, of weerhou dit jou daarvan om Hom en
sy Woord beter te leer ken?

Hebr 3-4
Opsomming van Hebr.:
    Hfst          Benaming                                           Fokus
       1            Christus, die Seun van God              Godheid                                                                                                           
     2-3           Christus, die Seun van die mens       Mensheid                                                                                                                        
     4-10        Christus, die Hoépriester                   Bediening
    11-13       Christus, die verhewe Weg                Voorbeeld

Hebr 5-7
Christus se bestaan is ewig en Hy verdien ons eer as die volkome Hoépriester. Hy gee sy lewe as offerande een maal, vir altyd.
Sy priesterskap het nie’n begin of einde nie.
6 gronstene van die geloof: bekering, geloof, doop, handoplegging, opstanding van die dooies en die ewige oordeel.

Onthou: JC vir ons bring volkome vryspraak voor ‘n heilige God; en JC in ons gee al die krag wat ons in ‘n goddelose wereld nodig het.

Hebr 8-10
     Offerandes onder die wet (10:1-4)                       Offer van Christus (10:5-18)
       ‘n Skadubeeld van wat sou kom                               Die egte werklikheid
        Gedurig herhaal                                                        Een maal – vir altyd
        Herinner aan die sondes                                           Verwyder die sondes
        Dierebloed                                                                Christus-bloed

Hebr 11-13
Volhard in die geloof: dit vra ‘n lewe wat aan God se beloftes vashou, wat die omstandighede ook mag wees.
Geloof is die waagstuk om iets aan te pak te spyte van wat die gevolge ook mag wees.
Laat jou optrede deur God se opdragte en beloftes aangevuur word, selfs al kan jy nie sien hoekom God dit alles van jou verwag nie.
Hfst 13 gee praktiese wenke vir ‘n christen wat die lewe wil lei wat God sal bly maak.

************************************************************************************************************

Jakobus
Geloof wat nie groei en asemhaal nie is dood – die asem van geloof is goeie dade.
Jy kan nie ware geloof en goeie dade van mekaar losmaak nie. Jy moet jou geloof uitleef – dis ‘n lewe wat wys dat God volkome van jou
besit geneem het.


************************************************************************************************************

1 Petrus
Volg JC na deur teenoor mekaar nederig op te tree.
Aardse dinge verweer en verdof, maar nie God se beloftes en belonigs nie.

************************************************************************************************************

2 Petrus
Groei in christelike volwassenheid; wanneer ‘n mens God se Woord verontagsaam, sal dit op die ou end uitloop op jou eie vernietiging.
Vir geestelike groei is die volgende aspek baie belangrik:
  Deugsaamheid, Kennis, Selfbeheersing; Volharding; Toewyding aan God (godsvrug); Liefde onder mekaar; en liefde vir alle mense.

************************************************************************************************************

1 Johannes
God is lig : dus moet ons in die lig van Sy gebooie leef
God is liefde: daarom moet ons in liefde lewe.
God is lewe: daarom moet ons die volheid van lewe geniet – lewe deur Sy Gees.

*************************************************************************************************************

2 Johannes
Handhaaf balans in jou geestelike lewe: leef in liefde en waarheid, maar wees ook bedag op vals lering en vermy dit.
Is jou lewe ingestel op tyd – of die ewigheid?

*************************************************************************************************************

3 Johannes
Leef gasvryheid uit – dis liefde teenoor jou naaste.
As jy die Goeie Nuus vir jouself hou, ontken jy die geldigheid daarvan.

************************************************************************************************************

Judas
Wees gewaarsku teen vals leraars.
Fokus op gebed, wag op Christus en ontferm julle oor mekaar (v.20-23)

************************************************************************************************************

Openb 1-3
God is nie verplig om ons alles te vertel wat ons wil weet nie.
Openbaring = bekendmaking.
Hoewel God magtig genoeg is om oor ons te regeer, het Hy nogtans, ter wille van die mens se swakheid, Sy engele aangestel om
oor ons te waak.

Openb 4-6
Wat jy aanbid bepaal wat van jou lewe word.
God is waardig (4:11; 5:9,12) – Sy krag is genoeg vir elke behoefte van jou.
Loof en prys Hom en bring ere aan Hom.

Openb 7-9
Ons is dikwels so vasgevang in wat ons doen dat ons geneig is om ons werk te aanbid, ernstig aan ons ontspanning te werk, en te ontspan
wat ons aanbidding aanbetref.
Aanbidding = lof, heerlikheid, wysheid, dank, eer, mag en sterkte behoort aan God (7:11-12)

Openb 10-13
Weet die duiwel het ‘n sperdatum, en daarom sal hy alles moontlik doen om jou te vernietig. Maak seker dat jy jou wapenrusting aan het
 (Efe 6:10-18); jy sy 3 strategieé ken (2 Kor 2:11; 1 Joh 2:16); en dat jy bedag is op sy strikke (1 Tim 3:6-7)

Openb 14-16
Vir diegene wat die dood as ‘n seen beskou, is die dood nie die einde van alles nie, maar juis die begin: die lamp word nie uitgedoof nie,
maar die nuwe dag breek aan.
Jy moet nou al begin oefen aan jou hemelse take:
·         Ons sal God aanbid (19;1-8; 22:8-9)
·         Ons sal God dien (22:3)
·         Ons sal God ten volle ken (21:3; 22:4)
·         Ons sal saam met Hom regeer (22:5)
·         Ons sal eenheid met ander gelowiges beleef (29:7-9; 22:14)
·         Ons sal die teenwoordigheid van God en ons hemelse tuiste geniet (19:7; 22:14)
·         Ons sal rus (14:13)

Openb 17-19
God se oordeel staan vas. Hoewel Hy geduldig is en liefdevol is wat niemand verlore wil laat gaan nie (2 Pet.3:9), sal dié wat nie
luister en hulle bekeer nie, ondergaan.

Moet nooit bang wees om ‘n onbekende toekoms aan die God wat jy ken oor te laat nie.

Openb 20-22
Die oue is verby, die nuwe het aangebreek! Kyk, Jesus kom gou!!
Loof en prys God!! Vra Hom om jou te help dat jy van dag tot dag met krag aan jou geestelike lewe sal bou en groei, terwyl Hy jou
Kragtiger aan Hom sal verbind.
Amen.

************************************************************************************************************





No comments:

Post a Comment