Thursday 5 January 2012

Ek gaan slaap in die aand met God in my kop,
In die oggend staan ek saam met Hom op
In die dag stap Hy saam sonder om te kla
Waar ek nie kan loop, sal Hy my dra.

Al my vrese en behoeftes ken Hy so goed
As ek val, en nie wil opstaan, gee Hy my moed
As ek bly is en lag, jubel Hy saam met my
As ek hartseer en bevange is, troos Hy my

Deur al die seisoene - in winter tot somer
In die dag en die nag - al is ek 'n dromer
Gee hy die pas aan wat ek moet loop
Al voel ek soms ook heeltemal gestroop

Hy is die alfa, die omega, die spil waarom alles draai
In die donker, sal Hy my na die lig toe laat draai
Hy beskerm ons en vou ons toe in Sy hande
Hy vra nie jou taal, God bly groot in alle lande

Ons vra en ons smeek vir hulp en vir raad
Vir vrede en gesondheid en ook die regte maat
Maar gesels ons met God in voorspoed en geluk
Of is Hy net die noodlyn wat ons so gerieflik pluk?

Leef voluit elke dag wat God aan jou gee
Bly op jou knieë waar Hy jou krag kan gee
Leef so jou drome vir almal om te sien
Wie jy is, en watter God jy dien.

No comments:

Post a Comment