Lewenslesse:
1.Die beste
manier om iemand "terug te kry" is om te vergewe
2. Voed jou
geloof en jou twyfel sal sterf van die honger.
3. Tensy jy die
hele skepping kan skep in 6 dae, is dit miskien nie so 'n goeie idee om
vir God voor te skryf nie.
4. Suksesvolle
huwelike is nie om die regte persoon te vind nie maar om die regte persoon
te wees.
5. As die Gras
groener is aan die ander Kant van die draad, kan jy verseker wees die
waterrekening is ook hoër.
6. Woede is 'n
toestand waar die tong vinniger werk as die verstand.
7. Jy kan nie die
verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur te bekommer
oor die toekoms.
8. God gee altyd
Sy beste aan hulle wat die keuse aan Hom oorlaat.
9. Alle mense
glimlag in dieselfde taal.
10. 'n Drukkie
is 'n groot geskenk! "One size fits all"!
11. Almal
verdien om bemin te word.... Veral hulle wat dit nie verdien nie.
12. Die werklike
maatstaf vir 'n man se rykdom is wat hy belê het in die lewe hierna.
13. Elke een het
skoonheid maar nie almal sien dit nie.
14. Dank God vir
wat jy het en VERTROU HOM vir wat jy benodig.
15. Indien jy
jou hart vul met verwyte oor gister en bekommernisse van môre, het jy
geen vandag om voor dankbaar te wees nie.
16. Indien
iemand iets slegs van jou sê, leef so dat niemand dit glo nie.
17. Geduld is
die vermoë om jou "engine te laat idle" terwyl jy voel jy wil
jou" gears strip".
18. Harde woorde
breek nie bene nie maar wel harte.
19. Liefde word
versterk deur saam deur konflik te werk.
20. Om uit die
moeilikheid te kom, moet mens gewoonlik daardeur.
21. Ons neem as
vanselfsprekend aan die dinge waarvoor ons moet dankie sê.
22. Liefde is
die enigste ding wat verdeel kan word sonder dat dit minder word.
23. Neem tyd om
te lag want dit is die musiek van die siel.
24. Karakter word
getoets deur voorregte, hoe meer voorregte iemand geniet, hoe beter kan jy
sien wié hy werklik aan die binnekant is.
Mag God deur sy
Heilige Gees in ons harte heers.
Waar
vertroue is, is liefde;
Waar liefde is, is vrede;
Waar vrede is, is God.
En waar God is, is niks anders nodig
nie.
|
Thursday, 5 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment