Hier is ’n moderne weergawe van Psalm 23 vir
elkeen in die werkplek:
PSALM 23 (AANGEPAS)
Die Here is my
eintlike baas, ek kom niks kort nie.
Hy maak my rustig, al is daar chaos rondom my.
Hy bring my by waters waar daar vrede is, al woed die kantoorpolitiek rondom my.
Hy gee my telkens nuwe krag wanneer die werklas en die verantwoordelikhede my wil oorweldig.

Wanneer
die gevaarlike weë van korrupsie vir my wink, lei Hy my tot Sy eer op die regte
pad.
Selfs al gaan ek deur die donker dieptes van ontelbare e-posse, rekenaars en netwerke wat “oppak”,
die rugstekery van kollegas, begrotings en ’n moeë liggaam wat ek soggens uit die bed moet sleep,
sal ek nie bang wees nie, want U is met my. In u hande is ek veilig.

U laat my by die
feesmaal van u liefde aansit, selfs al dreig die regering met verdere
“regstellende aksie” of al is daar
praatjies van afskaling en afdankings in die maatskappy waarvoor ek werk.
U ontvang my soos ’n eregas selfs al word ek telkens deur ander oor die hoof gesien.
U ontvang my soos ’n eregas selfs al word ek telkens deur ander oor die hoof gesien.
Ek word
oorlaai met U hartlikheid al ontvang ek weinig erkenning vir my harde werk.
U goedheid en liefde is vir my meer werd as enige bonustjek, want dit sal my lewe lank by my bly.
U goedheid en liefde is vir my meer werd as enige bonustjek, want dit sal my lewe lank by my bly.
Al is my
mediese voordele en my pensioen maar skraps, sal ek tot in lengte van dae by U
tuis wees,
in die Ewige Aftree-oord wat U vir my beloof!
in die Ewige Aftree-oord wat U vir my beloof!
(Skrywer van aangepaste Psalm 23: Onbekend.)
Mag jy
elke dag ingaan met die wete dat God jou werkgewer is. Mag jy Sy
teenwoordigheid ervaar in elke besluit wat jy neem. En mag jy ’n ligdraer vir
Hom wees sodat jou kollegas rondom jou geïnspireer word om jou Leidsman beter
te leer ken. Sterkte.
Gebed: Vader God, baie dankie dat U
my daagliks lei in my werkplek. Help my asseblief om my oë oop te hou vir
geleenthede waar ek vir U ’n instrument kan wees. Ek vra dit in die Naam van
Jesus Christus. Amen.
No comments:
Post a Comment