Thursday 5 January 2012


Kom ons bid …..

In die Naam van Jesus, dankie vir hierdie dag.
Dankie dat ek kan sien, dankie dat ek kan hoor.
Ek is só geseénd omdat U vergewe en verstaan.
U het reeds so baie vir my gedoen en nog steeds seen U my.
Vergewe my in hierdie dag, want ek het alweer gesondig.

Bewaar my van gevaar en seerkry. Maak my positief en vol begrip en deernis.
Help my om in hierdie dag my beste te gee.
Open my ore sodat ek U stem kan hoor, open my oé sodat ek U werke kan sien
En maak my gehoorsaam aan U Woord.

Leer my om my besig te hou met dit wat ek kan verander en om die res aan U oor te laat.
Leer my om sonde deur U oé te sien en dit nét so te haat en dadelik te bely en so vergifinis van U te ontvang.

En wanneer die wereld my druk, dat ek sal onthou om soos Jesus te maak –
Om ‘n stil plekkie te soek om U raad te vra – veral as ek voel ek het nie meer raad nie.

Ek weet wanneer ek te ontsteld is om te bid, luister U na my gees en U antwoord.
Hou vol om U wil te doen,  nie myne nie.
Hou vol om my te seen, sodat ek ander tot seen kan wees.
Laat my U Woord onthou, sodat ek dit aan ander kan uitdeel.

Ek bid vir dié wat verlore is en U nie kan vind nie.
Ek bid vir hulle wat onregverdig veroordeel word.
Ek bid vir hulle wat U Woord nie met ander wil deel nie.
Ek bid vir hulle wat U Woord lees, en dit nie toepas in hulle lewens nie.
Ek bid vir hulle wat U boodskap ignoreer en dit nie met ander deel nie.
Ek bid vir hulle wat nie glo nie.
Maar ek glo.  Ek glo dat God mense verander; ek glo dat God omstandighede verander.
Daarom bid ek vir my pasiente, dokters, kollegas, familie, vriende en kennisse
– in die Naam van Jesus. 

No comments:

Post a Comment