Het jy al ooit vir
jouself inni spieël gekyk en gewonder 'wie de flenter is jy!?' Well, It
happened to me a few days ago. Staan op, stort, trek aan, ens ens. Toe ek
voor die spieel staan lyk ek vir myself nie so lekker nie. Neeeee. Dit
was nie oor my broek te styf gesit het of my hare nie te hot gelyk het
nie! Iets het net vir my laat besef ek's seriously besig om myself te
fool!
Daar staan ek elke
oggend op, all holy and spiritual en al daai lekker dinge! "Here, ek gee
vandag vir U, seën dit asb... Tralalala. En Here, ek werp al my bekommernisse
op U, want ek's nie sterk genoeg om dit te dra nie. Blah blah blah"
Jy ken seker daai gebedjie.
Anyway. Ekke staan
so vir myself en kyk inni spieel en besef net dat as ek regtig sooo vreeslik op
die Here vertrou om my gemors uit te sorteer, dan moet ek dit genuinely let
go! Al die dinge wat my gees so onrustig maak, meeste dinge wat lankal
geïdentifiseer is! As ek regtig die Here vir iets vertrou, moet ek dit 100% vir
Hom gee, en myself eintlik in die posisie sit sodat ek nie Anders kan as om Hom
te vertrou nie. Om afhanklik van die Here te wees is om onafhanklik van jouself
en die wêreld te wees ! Jou salaris, jou ouers, jou wat ook al!
Soms is dit nodig
om in die diep Kant in te spring en te vertrou dat God jou sal uit trek. Dit
sal ook slegs gebeur as jy dit met jou hele wese (hart, siel EN KOP!!!)
doen! Anders, what's the use of jumping in the deep side and trying to survive
on your own! Die branders sal jou soos 'n slap vel rondgooi, teen rotse vasslaan
en AS jy daar uit kom, dan kom jy met 'n klomp gebreekte bene en bloukolle
daaruit en het eintlik nog steeds niks bereik nie. Nie waar nie?
Jare terug toe ek
by CUM gewerk het, het ek en 'n gereelde kliënt een aand bietjie gestaan en
gesels. Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse op die Here. Nie
géé jou bekommernisse vir Hom nie, wérp dit op Hom. Hy verduidelik toe dat
'werp' 'n volleyball term is. Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite
jou eie bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee, dan kan jy dit
terugvat (want dan's dit nog in jou bereik),
maar as jy dit werklik op Hom werp! Wow! Dan's dit 'n bewustelike besluit wat
jy maak om dit verewig te let go. Want jy stamp dit dan weg van jouself
af - buite jou bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.
Nou, my liewe
vriende en vriendinne, ek sukkel met die een! Dis MOS baie makliker om
self te sit en worry oor iets as om te erken jy kan dit nie self hanteer nie.
Joyce Meyer het op een van haar programme gesê: "to worry is a manifestation
of pride ." Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks
'worry'. Toe, dink gou.Daar's nogal 'n hondhuis vol klein goedjies, né? Die
Here HAAT trots! Gaan lees net so bietjie Daniel se stories. So, deur te
sit en 'worry' oor iets (maak nie saak hoe groot of klein nie) wys jy eintlik
vir God dat Hy nie goed genoeg is om jou probleem te hanteer nie. SJOE,
ja, ek weet. Heavy stuff, NE? Well, it's true, think about it.
Om
werklik op die Here te vertrou, bid in volle geloof ! Sê vir God dankie
vir alles wat Hy in Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat Hy nog vir jou
gaan doen. Dankie vir al die 'tests' waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir
swaarkry, dankie vir sukkel, dankie vir voorspoed, dankie vir die feit
dat jy kan hoor,sien, praat, voel, sommer net dat jy jou groottoon kan beweeg
elke oggend as jy wakker word !
n Mens moet
strewe na GOD en nie na GELD nie!
Julle, God stel
belang in ons karakter, nie jou goody-2-shoes houding en valsheid nie.
Dis hoekom ons getoets word, hoekom ons soms sukkel met goed, hoekom ons nie
altyd ons sin kry nie, hoekom ons soms in moeilike situasies gegooi word by die
werk of by die huis, hoekom ons soms victims is van iets aakligs. Nie sodat die
Here 'n kick kan kry uit ons swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nêrens inni
Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hê nie.
Onthou
dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy nie saam met jou gaan nie. As jy
huil, huil Jesus saam met jou! Jy's Sy kind! 'n Prins, 'n Prinses! Prys
God vir elke situasie waarin jy jou bevind! Sien dit as karaktervorming. Sien
dit as 'n tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan word! Dis 'n voorreg om
deur so iets te gaan saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit glad nog
nie lekker nie, maar wow, what a privilege to know that God cares enough about
you to shape you after His own image!
Julle, nog 'n klein
ietsie wat tannie Joyce gese het. You can't have a testimony without a test.
otherwise you will only have the mony's. *hehehe* So true, né?
Gaan lees iewers
vandag Jakobus/James 1 (veral vers 6). My gebed is dat elkeen van ons sal leer om God toe te laat om ons te
shape, dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan waarin ander Jesus in ons
oë kan sien!
*Enjoy Life - It's
later than you think!*
No comments:
Post a Comment