Monday 9 January 2012


Nuwe lewe:
Ek onderneem om elke dag te begin met die volgende beginsels –

Verbreed jou Visie -
1.        Dit gaan ‘n goeie dag wees!!  Ek glo my drome gaan waar word. Ek verwag groot dinge van GOD.
2.        Ek kyk positief na myself en die wereld – deur my geloofsoe, want samm met GOD is ek tot baie meer instaat: “I’m more when I stand on HIS shoulders”.
3.        Ek is ‘n oorwinnaar in en deur GOD. Ek gaan my lewensuitkyk na die positiewe in alles en almal verander.
4.        Ek gaan my visie verbreed omdat ek weet GOD wil vir my meer en beter gee; Hy wil my oorlaai met guns en gawes – ek moet net gereed wees daarvoor.
5.        Ek verwag vandag om GOD se goedheid te ontvang, want HY rig my tree. Sy guns omring my. Goedheid en genade volg my!!!! Ek is opgewonde oor die dag wat voorle.
6.        Ek moet geen negatiwiteit in my lewe toelaat nie: Ek glo dat alles ten goede sal uitwerk, nie omdat ek dit verdien nie, maar omdat GOD my so liefhet!! Ek sal my gedagtes vul met GOD se goedheid, met hoop, geloof en oorwinning.
7.        My verwagtinge bepaal my dade: lae verwagtinge = middelmatigheid; hoog verwagtinge = vooruitgang. Kry dit deur positief te dink – vul my gedagtes met oorwinning, hoop, oorvloed en guns. Dus moet my gedagtes suiwer, goed en positief wees. (Ons bereik wat ons in ons geestesoog sien). Leef met ‘n visie van oorwinning!!!
8.        Ek is tot alles instaat deur GOD wat my krag gee. Ek sal GOD nie beperk nie, want Hy beplan vir my meer as wat ek ooit kan dink. GOD kan enige iets doen as ek glo.
9.        Bring tyd deur saam met mense wat my inspireer om nuwe hoogtes te bereik, my opbou en aanmoedig en nie afbreek nie.
10.     Ek glo dat GOD meer en beter dinge vir my bestem het – ek gaan die mens wee swat GPD my gemaak het om te wees.
11.     Ek verwag die bonatuurlike guns van GOD. Ek gaan ‘n “ek-kan”-houding kweek en weier om moed op te gee.
12.     GOD is vir my – wie kan dan waag om teen my te wees. Die tyd het aangebreek vir groter en beter dinge.
13.     Hemelse Vader, ek glo dat U my wil help omdat U my lief het. Ek weet ek sal begunstig word omdat U my Vader is.
14.     Ek sal  nie kwaad met kwaad vergeld nie – ek sal met liefde reageer; omdat  God my lief het.
15.     Ek sal gunsbewus leef, want dan sal GOD se seen my najaag en omring. Ek sal God se guns oor elke aspek van my lewe uit spreek.
16.     God ek verwag U guns in my lewe, en ek weet U goedheid en sorg sal my omring.
17.     Ek sal deur geloof met waagmoed, selfvertroue en durf leef, en hoop en vertrou (en weet) dat ek God se guns sal ontvang.
18.     Ek gaan groot droom, want dank an GOD groot doen!!!

Ontwikkel ‘n gesonde selfbeed –
1.        Ek sal ‘n goeie selfbeeld he, want ek is na God se beeld geskape – met ‘n doel - en Hy het my onvoorwaardelik lief.
2.        Ek moet leer om myself te aanvaar en life te he, omdat God besig is om my te verander sodat ek kan kom waar Hy wil he ek moet wees. God het my gemaak, en Hy het my lief tenspyte van my foute!! (‘n swak selfbeeld skaad my verhouding met God!)
3.        Ek sal ophou konsentreer op my swakhede en onsekerhede; en van vandag af op GOD fokus. As God my gebruik, sal Hy my toerus: Sy krag kom in werking deur my swakheid (Sy genade is genoeg!!)
4.        Ek weet God vergewe my sonde deur Jesus Christus se bloed. Daarom kan ek vol vreugde wees en ‘n goeie selfbeeld he.
5.        Ek sal probeer om gelukkig en tevrede te wees met die men swat ek is, omdat ek weet GOD is steeds besig om my te verander in wie ek moet wees.
6.        Ek sal negatiewe kommentaar ignoreer en myself nie as waardeloos sien nie, want  God sal my nooit verwerp nie. Hy sal my onder Sy sorg neem. GOD is in beheer – ek is Sy meesterstuk.
7.        Ek weet ek kan verwag om te kry wat ek glo. Dus sal ek die beste verwag en in alles positief wees deur op God te fokus.
8.        Maak nie saak wat gebeur nie, ek sal steeds in God glo, want Hy belowe dat Hy alles vir my tengoede sal laat meewerk.
9.        Ek gaan al my probleme en bekommernisse  aan God gee, en Hom glo en vertrou om dit te hanteer, want Hy kan die onmoontlike moontlik maak.
10.     Ek gaan vandag begin om volle potensiaal uit te leef, want alles wat ek daarvoor benodig is by God en Hy gee dit vir my omdat Jesus reeds namens my daarvoor betaal het: vreugde, vegifnis, herstel, vrede, genesing, ens.
11.     Ek gaan vandag al die seeninge en gawes wat God vir my het, aanvaar – met blydskap en vreugde; en dit deel met ander waar ek kan. Ek is en mag welvaarend wees omdat GOD, die Eienaar van alles, my Vader is.
12.     Omdat ek God se kind is, sal ek my “koninklike erfdeel” opeis.
13.     Ek sal myself nie met ander vergelyk nie, want God het my gemaak wie en wat ek is – Hy het ‘n spesiale plan vir my. Ek is uniek geskep vir en deur HOM, met unieke gawes, talente en persoonlikheid soos Hy dit wil he.
14.     Ek sal die beste doen wat ek kan doen – ek gaan nie soos enige-iemand anders probeer wees nie, want God het my spesiaal geskep as ‘n individu.
15.     Ek hoef niemand anders te vrede te stel nie – slegs vir GOD, deur te doen wat Hy wil he ek moet doen.

Ontdek die krag van jou denke en woorde  –
1.        Ek sal sorg dat my denke en woorde positief is, anders sal ek nie volle potensiaal in God se plan kan bereik nie.
2.        Ek en ek alleen kan beheer uitoefen oor my gedagtes: ek sal vandag kies om gelukkig & positief te wees en om op God en Sy Woord te fokus. Ek sal geen negatiewe gedagtes en woorde verder toelaat nie.
3.        Ek sal my denke dissiplineer om te hou by gedagtes wat in ooreenstemming is met God se Woord – dan sale k ‘n oorwinnaar in alles wees. Ek kan slegs suksesvol wees as my gedagtes gevul is met geloof en oorwinning deur dag en nag die Woord te oordink.
4.        Ek sal leer om die beste in elke situasie en mens te sien, want God beplan vir my ‘n wonderlike toekoms!! Hy sal alles vir my ten goede laat meewerk.
5.        Ek sal God eer deur my geloof in Sy almag en deur my gedagtes en ingesteldheid positief te hou.
6.        Ek sal my gedagtes verander sodat God my kan verander en kan seen.
7.        Dit waaraan ek dink, is waarvolgens my lewe gerig word. Ek het ‘n keuse wat my gedagtes sal wees – ek kies om positiewe Godgerigte gedagtes te dink!!
8.        Ek kies om positief te dink en te wees - en ander positief te beinvloed, onder leiding van God se Woord en met die hulp van die Heilige Gees.
9.        God is inbeheer van my lewe, Hy lei my en rig my tree. Hy beplan ‘n goeie toekoms vir my.
10.     Ek vertrou op God - ek weet Hy sal op die regte tyd die oorwinning aan my gee. Daarom gaan ek die mens wees wat U wil he ek moet wees. Ek gaan my roeping vervul.
11.     Ek sal nie negatiwiteit oor myself of ander uitspreek nie. Ek sal nie oor probleme praat nie, maar oor oplossings deur God se almag te verklaar.
12.     Ek sal my woorde van geloof gebruik om my wereld te verander, want God is ‘n God van wonderwerke.
13.     Ek sal mense seen deur woorde van aanmoediging, inspirasie en motivering oor hulle uit te spreek. Ek sal nie kritiseer  nie, maar in liefde lei.

Maak jou los van die verlede -
1.       Ek gaan vandag nuut begin. Gister en sy foute is verby. God het my reeds daarvoor vergewe.
2.       Ek weier om verder negatiewe herinneringe op te roep - ek sal die vervang met positiewe herinneringe.
3.       Ek sal al my ou goor bagasie vandag weggooi - en ‘n nuwe, mooi, skoon toekoms saammet God ingaan.
4.       Ek sal alle wrokke agterlaat, mense vergewe en my selfbejammering staak. Ek sal op God vertrou en aanbeweeg, want ek weet onvergewensgesindheid verhoed dat God se krag in my lewe werk.
5.       Ek sal nie God se dade bevraagteken nie. Ek sal God ook midde-in my telleurstellings vertrou. Ek sal nie verbitterd raak nie.
6.       Ek sal poog om hart skoon en vry te hou van onvergewensgesindheid, bitterheid en afkeer.
7.       Ek sal vergifnis vra vir my oortredinge. Deur God se genade sal ek Sy vergifnis ontvang. Die verlede agterlaat en met geloof voortgaan met my lewe.
8.       Ek vergeet van wat agter my is en sien uit na wat voorle - saam met God.
9.       Ek sal nie self probeer om sake reg te stel nie (of wraak te neem nie); Ek sal die saak volkome aan God oorgee.
10.    Ek weet wanneer een deur toegaan, maak God ‘n ander deur oop - Hy gaan iets groters en beters laat gebeur.
11.    Ek sal met ‘n positiewe, goeie gesindheid aan gaan met my lewe, omdat ek weet dat God ‘n blink toekoms vir my beplan.

Groei deur swaarkry -
1.       Ek weet moeilike tye in my lewe is nodig sodat ek kan groei - dit toets my geloof. Ek weet ook solank ek op God vertrou en glo, Hy dit sal gebruik tot my voordeel.
2.       Ek sal myself afvra of God nie dalk hierdie situasie gebruik om my te laat verander nie - om my te suiwer, ens. Help my asb Vader om te verander.
3.       Ek sal juig en jubel en U Naam loof uit dankbaarheid vir wat U vir my doen.
4.       Ek sal my mond gebruik om te juig en jubel oor God se liefde en genade en voorsiening - en  nie om te kerm en te kla nie.
5.       Ek sal ‘n gesindheid van dankbaarheid kies. Daar is altyd iemand wat slegter daaraan toe is as ek!! God is so wonderlik goed vir my - en ek sal getuig daaroor met my houding, woorde en lewe.
6.       Ek wil God voortdurend dank vir wie Hy is en vir alles wat Hy vir my doen. (plaas ‘n wag voor jou mond om negatiewe goed te praat. Vervang dit met Lof en dank vir God se goedheid en gawes).
7.       Dis my keuse: gaan ek vreugde en oorwinning leef; of met ‘n negatiewe gesindheid???
8.       Ek weet dat as ek vol vreugde en hoop en geloof leef, sal God by my staan en van my ‘n oorwinnaar maak.

Leef om te gee -
1.       Ek weet wanneer ek gee (deel met ander) sal God Sy guns en seen nog meer oor my uitstort.
2.       Ek moenie selfgesentreerd wees nie - ek moet fokus op God en wat ek vir my medemens kan beteken.
3.       Ek moet geleenthede soek om God se liefde, genade, gawes en goedheid met ander te deel.
4.       Ek sal vandag poog om vreindelik, goedhartig, hoflik en ‘n vredemaker te wees.
5.       As ek ander seen en vergewe, sal God genade aan my betoon.
6.       Ek sal nie ophou om goed te doen, want God se genade en liefde is altyd oor my.
7.       Ek sal tydmaak vir my medemens. Ek sal minder fokus op myself en meer op ander se behoeftes.

Kies om gelukkig te wees -
1.       Ek kies vandag om gelukkig te wees en my lewe voluit te geniet. Ek sal nie toelaat dat my vrede gesteel word nie.
2.       Ek sal nie op my eie insigte staatmaak nie, maar volkome op God vertrou. God is besig om my voor te berei vir groter dinge.
3.       Ek sal God nie bevraagteken nie, want Hy is getrou. Ek sal Hom vertrou, want Hy is in beheer en Hy weet wat Hy doen. Hy dra altyd my beste belange op die hart.
4.       Ek sal ‘n uitnemende mens met integriteit wees: oop en eerlik; wat ekstra moeite sal doen om altyd die regte ding te doen - volgens God se wil en Woord.
5.       Ek wil met passie en entoesiasme leef - en vir so God dien. Ek wil ander na God lok met my vreugde, vriendelikheid, entoesiasme en geloof.
6.       Ek wil he’ my passie en vreugde en dankbaarheid vir God moet almal wat my pad kruis aansteek om ook hierdie AWESOME GOD te dien en te eer en te verheerlik.

No comments:

Post a Comment