Monday 9 January 2012


Nuwe lewe:
Ek onderneem om elke dag te begin met die volgende beginsels –

Verbreed jou Visie -
1.        Dit gaan ‘n goeie dag wees!!  Ek glo my drome gaan waar word. Ek verwag groot dinge van GOD.
2.        Ek kyk positief na myself en die wereld – deur my geloofsoe, want samm met GOD is ek tot baie meer instaat: “I’m more when I stand on HIS shoulders”.
3.        Ek is ‘n oorwinnaar in en deur GOD. Ek gaan my lewensuitkyk na die positiewe in alles en almal verander.
4.        Ek gaan my visie verbreed omdat ek weet GOD wil vir my meer en beter gee; Hy wil my oorlaai met guns en gawes – ek moet net gereed wees daarvoor.
5.        Ek verwag vandag om GOD se goedheid te ontvang, want HY rig my tree. Sy guns omring my. Goedheid en genade volg my!!!! Ek is opgewonde oor die dag wat voorle.
6.        Ek moet geen negatiwiteit in my lewe toelaat nie: Ek glo dat alles ten goede sal uitwerk, nie omdat ek dit verdien nie, maar omdat GOD my so liefhet!! Ek sal my gedagtes vul met GOD se goedheid, met hoop, geloof en oorwinning.
7.        My verwagtinge bepaal my dade: lae verwagtinge = middelmatigheid; hoog verwagtinge = vooruitgang. Kry dit deur positief te dink – vul my gedagtes met oorwinning, hoop, oorvloed en guns. Dus moet my gedagtes suiwer, goed en positief wees. (Ons bereik wat ons in ons geestesoog sien). Leef met ‘n visie van oorwinning!!!
8.        Ek is tot alles instaat deur GOD wat my krag gee. Ek sal GOD nie beperk nie, want Hy beplan vir my meer as wat ek ooit kan dink. GOD kan enige iets doen as ek glo.
9.        Bring tyd deur saam met mense wat my inspireer om nuwe hoogtes te bereik, my opbou en aanmoedig en nie afbreek nie.
10.     Ek glo dat GOD meer en beter dinge vir my bestem het – ek gaan die mens wee swat GPD my gemaak het om te wees.
11.     Ek verwag die bonatuurlike guns van GOD. Ek gaan ‘n “ek-kan”-houding kweek en weier om moed op te gee.
12.     GOD is vir my – wie kan dan waag om teen my te wees. Die tyd het aangebreek vir groter en beter dinge.
13.     Hemelse Vader, ek glo dat U my wil help omdat U my lief het. Ek weet ek sal begunstig word omdat U my Vader is.
14.     Ek sal  nie kwaad met kwaad vergeld nie – ek sal met liefde reageer; omdat  God my lief het.
15.     Ek sal gunsbewus leef, want dan sal GOD se seen my najaag en omring. Ek sal God se guns oor elke aspek van my lewe uit spreek.
16.     God ek verwag U guns in my lewe, en ek weet U goedheid en sorg sal my omring.
17.     Ek sal deur geloof met waagmoed, selfvertroue en durf leef, en hoop en vertrou (en weet) dat ek God se guns sal ontvang.
18.     Ek gaan groot droom, want dank an GOD groot doen!!!

Ontwikkel ‘n gesonde selfbeed –
1.        Ek sal ‘n goeie selfbeeld he, want ek is na God se beeld geskape – met ‘n doel - en Hy het my onvoorwaardelik lief.
2.        Ek moet leer om myself te aanvaar en life te he, omdat God besig is om my te verander sodat ek kan kom waar Hy wil he ek moet wees. God het my gemaak, en Hy het my lief tenspyte van my foute!! (‘n swak selfbeeld skaad my verhouding met God!)
3.        Ek sal ophou konsentreer op my swakhede en onsekerhede; en van vandag af op GOD fokus. As God my gebruik, sal Hy my toerus: Sy krag kom in werking deur my swakheid (Sy genade is genoeg!!)
4.        Ek weet God vergewe my sonde deur Jesus Christus se bloed. Daarom kan ek vol vreugde wees en ‘n goeie selfbeeld he.
5.        Ek sal probeer om gelukkig en tevrede te wees met die men swat ek is, omdat ek weet GOD is steeds besig om my te verander in wie ek moet wees.
6.        Ek sal negatiewe kommentaar ignoreer en myself nie as waardeloos sien nie, want  God sal my nooit verwerp nie. Hy sal my onder Sy sorg neem. GOD is in beheer – ek is Sy meesterstuk.
7.        Ek weet ek kan verwag om te kry wat ek glo. Dus sal ek die beste verwag en in alles positief wees deur op God te fokus.
8.        Maak nie saak wat gebeur nie, ek sal steeds in God glo, want Hy belowe dat Hy alles vir my tengoede sal laat meewerk.
9.        Ek gaan al my probleme en bekommernisse  aan God gee, en Hom glo en vertrou om dit te hanteer, want Hy kan die onmoontlike moontlik maak.
10.     Ek gaan vandag begin om volle potensiaal uit te leef, want alles wat ek daarvoor benodig is by God en Hy gee dit vir my omdat Jesus reeds namens my daarvoor betaal het: vreugde, vegifnis, herstel, vrede, genesing, ens.
11.     Ek gaan vandag al die seeninge en gawes wat God vir my het, aanvaar – met blydskap en vreugde; en dit deel met ander waar ek kan. Ek is en mag welvaarend wees omdat GOD, die Eienaar van alles, my Vader is.
12.     Omdat ek God se kind is, sal ek my “koninklike erfdeel” opeis.
13.     Ek sal myself nie met ander vergelyk nie, want God het my gemaak wie en wat ek is – Hy het ‘n spesiale plan vir my. Ek is uniek geskep vir en deur HOM, met unieke gawes, talente en persoonlikheid soos Hy dit wil he.
14.     Ek sal die beste doen wat ek kan doen – ek gaan nie soos enige-iemand anders probeer wees nie, want God het my spesiaal geskep as ‘n individu.
15.     Ek hoef niemand anders te vrede te stel nie – slegs vir GOD, deur te doen wat Hy wil he ek moet doen.

Ontdek die krag van jou denke en woorde  –
1.        Ek sal sorg dat my denke en woorde positief is, anders sal ek nie volle potensiaal in God se plan kan bereik nie.
2.        Ek en ek alleen kan beheer uitoefen oor my gedagtes: ek sal vandag kies om gelukkig & positief te wees en om op God en Sy Woord te fokus. Ek sal geen negatiewe gedagtes en woorde verder toelaat nie.
3.        Ek sal my denke dissiplineer om te hou by gedagtes wat in ooreenstemming is met God se Woord – dan sale k ‘n oorwinnaar in alles wees. Ek kan slegs suksesvol wees as my gedagtes gevul is met geloof en oorwinning deur dag en nag die Woord te oordink.
4.        Ek sal leer om die beste in elke situasie en mens te sien, want God beplan vir my ‘n wonderlike toekoms!! Hy sal alles vir my ten goede laat meewerk.
5.        Ek sal God eer deur my geloof in Sy almag en deur my gedagtes en ingesteldheid positief te hou.
6.        Ek sal my gedagtes verander sodat God my kan verander en kan seen.
7.        Dit waaraan ek dink, is waarvolgens my lewe gerig word. Ek het ‘n keuse wat my gedagtes sal wees – ek kies om positiewe Godgerigte gedagtes te dink!!
8.        Ek kies om positief te dink en te wees - en ander positief te beinvloed, onder leiding van God se Woord en met die hulp van die Heilige Gees.
9.        God is inbeheer van my lewe, Hy lei my en rig my tree. Hy beplan ‘n goeie toekoms vir my.
10.     Ek vertrou op God - ek weet Hy sal op die regte tyd die oorwinning aan my gee. Daarom gaan ek die mens wees wat U wil he ek moet wees. Ek gaan my roeping vervul.
11.     Ek sal nie negatiwiteit oor myself of ander uitspreek nie. Ek sal nie oor probleme praat nie, maar oor oplossings deur God se almag te verklaar.
12.     Ek sal my woorde van geloof gebruik om my wereld te verander, want God is ‘n God van wonderwerke.
13.     Ek sal mense seen deur woorde van aanmoediging, inspirasie en motivering oor hulle uit te spreek. Ek sal nie kritiseer  nie, maar in liefde lei.

Maak jou los van die verlede -
1.       Ek gaan vandag nuut begin. Gister en sy foute is verby. God het my reeds daarvoor vergewe.
2.       Ek weier om verder negatiewe herinneringe op te roep - ek sal die vervang met positiewe herinneringe.
3.       Ek sal al my ou goor bagasie vandag weggooi - en ‘n nuwe, mooi, skoon toekoms saammet God ingaan.
4.       Ek sal alle wrokke agterlaat, mense vergewe en my selfbejammering staak. Ek sal op God vertrou en aanbeweeg, want ek weet onvergewensgesindheid verhoed dat God se krag in my lewe werk.
5.       Ek sal nie God se dade bevraagteken nie. Ek sal God ook midde-in my telleurstellings vertrou. Ek sal nie verbitterd raak nie.
6.       Ek sal poog om hart skoon en vry te hou van onvergewensgesindheid, bitterheid en afkeer.
7.       Ek sal vergifnis vra vir my oortredinge. Deur God se genade sal ek Sy vergifnis ontvang. Die verlede agterlaat en met geloof voortgaan met my lewe.
8.       Ek vergeet van wat agter my is en sien uit na wat voorle - saam met God.
9.       Ek sal nie self probeer om sake reg te stel nie (of wraak te neem nie); Ek sal die saak volkome aan God oorgee.
10.    Ek weet wanneer een deur toegaan, maak God ‘n ander deur oop - Hy gaan iets groters en beters laat gebeur.
11.    Ek sal met ‘n positiewe, goeie gesindheid aan gaan met my lewe, omdat ek weet dat God ‘n blink toekoms vir my beplan.

Groei deur swaarkry -
1.       Ek weet moeilike tye in my lewe is nodig sodat ek kan groei - dit toets my geloof. Ek weet ook solank ek op God vertrou en glo, Hy dit sal gebruik tot my voordeel.
2.       Ek sal myself afvra of God nie dalk hierdie situasie gebruik om my te laat verander nie - om my te suiwer, ens. Help my asb Vader om te verander.
3.       Ek sal juig en jubel en U Naam loof uit dankbaarheid vir wat U vir my doen.
4.       Ek sal my mond gebruik om te juig en jubel oor God se liefde en genade en voorsiening - en  nie om te kerm en te kla nie.
5.       Ek sal ‘n gesindheid van dankbaarheid kies. Daar is altyd iemand wat slegter daaraan toe is as ek!! God is so wonderlik goed vir my - en ek sal getuig daaroor met my houding, woorde en lewe.
6.       Ek wil God voortdurend dank vir wie Hy is en vir alles wat Hy vir my doen. (plaas ‘n wag voor jou mond om negatiewe goed te praat. Vervang dit met Lof en dank vir God se goedheid en gawes).
7.       Dis my keuse: gaan ek vreugde en oorwinning leef; of met ‘n negatiewe gesindheid???
8.       Ek weet dat as ek vol vreugde en hoop en geloof leef, sal God by my staan en van my ‘n oorwinnaar maak.

Leef om te gee -
1.       Ek weet wanneer ek gee (deel met ander) sal God Sy guns en seen nog meer oor my uitstort.
2.       Ek moenie selfgesentreerd wees nie - ek moet fokus op God en wat ek vir my medemens kan beteken.
3.       Ek moet geleenthede soek om God se liefde, genade, gawes en goedheid met ander te deel.
4.       Ek sal vandag poog om vreindelik, goedhartig, hoflik en ‘n vredemaker te wees.
5.       As ek ander seen en vergewe, sal God genade aan my betoon.
6.       Ek sal nie ophou om goed te doen, want God se genade en liefde is altyd oor my.
7.       Ek sal tydmaak vir my medemens. Ek sal minder fokus op myself en meer op ander se behoeftes.

Kies om gelukkig te wees -
1.       Ek kies vandag om gelukkig te wees en my lewe voluit te geniet. Ek sal nie toelaat dat my vrede gesteel word nie.
2.       Ek sal nie op my eie insigte staatmaak nie, maar volkome op God vertrou. God is besig om my voor te berei vir groter dinge.
3.       Ek sal God nie bevraagteken nie, want Hy is getrou. Ek sal Hom vertrou, want Hy is in beheer en Hy weet wat Hy doen. Hy dra altyd my beste belange op die hart.
4.       Ek sal ‘n uitnemende mens met integriteit wees: oop en eerlik; wat ekstra moeite sal doen om altyd die regte ding te doen - volgens God se wil en Woord.
5.       Ek wil met passie en entoesiasme leef - en vir so God dien. Ek wil ander na God lok met my vreugde, vriendelikheid, entoesiasme en geloof.
6.       Ek wil he’ my passie en vreugde en dankbaarheid vir God moet almal wat my pad kruis aansteek om ook hierdie AWESOME GOD te dien en te eer en te verheerlik.

My Nuwe Lewe Daaglikse Gebed:
Vader  help my om ‘n nuwe ingesteldheid teenoor die lewe te ontwikkel en te glo dat daar in U vir my ‘n beter toekoms is. Help my om te onthou dat U my horizon verbreed omdat ek op U vetrou om meer in en deur my te doen.
Help my Vader om nuut na myself te kyk - deur geloofsoe. Ek gaan die ontsaglike potensiaal wat U in my lewe uitgestort het, raak sien. Help my om in geloof te lewe – sodat ek die lewe kan raaksien wat U vir my bestem het.
Vader help my om ontslae te raak van alles negatief – ek glo U wil my visie verbreed, my horizon verruim en vir my ‘n lewe vol betekenis gee.
Vader, ek is gereed en bereid om op U te vertrou en te glo dat meer goeie dinge in my lewe vir my beskore is. Help my om ontslae te raak van ou gesindhede wat my visie beperk en veroorsaak dat U werk in my tot stilstand kom. Ek glo in U groter guns!!!
Vader help my om my dag met geloof en verwagting te begin, en te glo dat goeie dinge vir my in die vooruitsig is. Help my om sterker te word wanneer my geloof wankel, sodat ek U al meer kan vertrou en kan ontavng wat ek in geloof verwag.
Here help my om my oe op U gevestig te hou – dan sal ek in oorwinning leef.
Gee my die moed om te glo in ’n goeie dag vandag en ‘n beter toekoms more. Dankie dat U soveel meer vir my bestem het.
Heilige Gees help my om voortdurend na te dink oor GOD se goedheid, en met geloof en verwagting te leef, want dan sal God my meer gee as wat ek ooit kon vra, met meer gawes as waaroor ek ooit kon droom.
Ek gaan vandag op U vertrou om dinge in en deur my lewe te doen wat selfs wonderliker is as alles wat U voorheen gedoen het.
Vader, dankie dat U goeie dinge vir my bestem omdat ek in geloof op U vertrou om my in die regte rigting te lei.
Vader, dankie dat U engele wag hou oor my en dat U guns altyd met my sal wees.
Vader, ek verwag om vandag goeie dinge van U te ontvang.
Vader, dankie dat ek U guns ontvang en dat U my lei en die pad aandui.
Vader, leer my om gunsbewus te leef, om die beste te verwag, om sukses te voorsien en om te fokus op die goeie.
Vader, help my om hoopvol te bly tot die einde, ongeag my omstandighede. Dankie date k met selfvertroue en durf kan reageer omdat ek U guns het. Dankie dat U vir my geleenthede skep.
Vader, danksy U kan ek groot droom. Ek weet ek kan die doelwitte bereik wat U in my hart gevestig het as ek in U glo en op U vertrou.
Vader, help my om myself lief te he sodat ek U liefde meer doeltreffend aan ander kan betoon.
Vader, laat my asb deur U oe na myself kyk: Ek is deur U geskape na U beeld; U het my gekies as kind en U het my lief net soos ek is!! (U werk steeds aan my om my te maak wie en wat U my van die begin af beplan het om te wees).
Here help my om nie toe te laat dat my swak selfbeeld verhoed om my Godgegewe  gawes en mag te gebruik nie, en my so te beroof van die oorvloedige lewe wat U vir my wil gee.
Vader, dankie vir U vryspraak. Dankie dat u my goedkeur en tevrede is met my ten spyte van my sonde. Ek dank U dat ek vergewe is. Ek weet dat ek U kind is.
Ek weet ek kan U liefde nie verdien nie Vader, maar leer my om dit te geniet, my eie te maak en U liefde uit te stort oor ander.
Dankie Heer dat U weet wat my potensiaal is; en dat U my aanvaar en lief het.
Vader. Ek glo dat U ongelooflike dinge in my lewe kan doen, dinge wat ek nie eens kan verstaan nie. Ek gaan vandag my geloof uitleef en glo in wonderlike dinge wat tot U eer gaan gebeur, ongeag wat vandag met my gaan gebeur.
Vader, ek kies om liewer te glo en nie te twyfel nie. Ek gaan vandag my geloof uitleef en op U vertrou vir alles wat ek nodig het, want ek weet U sal my help, selfs wanneer dit moeilik gaan.
Ek gaan vandag op U fokus, op Wie U is en op wat U kan doen in en deur my.
Dankie Vader dat U my vandag seen!!
Here, ek dank U dat U beter dinge vir my bestem as wat ek ooit kon kies. Dankie dat U droom vir my groter is as my eie drome. Ek weet U hulpbronne is onuitputlik – en dis alles tot my beskikking.
Help my om U genade en goedheid beter te verstaan terwyl ek my plek as koningskind inneem – dankie heer dat U my as U kind gekies het.
Help my om die mens te genie twat U geskep het en om elke dag te leef met die wete dat U my op hierdie tydstip met ‘n doel geplaas het waar ek is. Dankie dat U betekenis en waarde gee aan my lewe.
Dankie Vader dat U my die selfvertroue gee om myself te wees. Ek gaan my nie steur aan wat ander van my dink nie. Solank U met my tevrede is, is ek gelukkig.
Omdat ek weet dat U ‘n wonderlike plan vir my lewe het, Vader, kan ek die gawes en talente wat U my gegge het, met selfvertroue gebruik en word wat U my bestem het om te wees.
Heilige Gees help my om op God te fokus, en op Sy goedheid – my God is groter as my probleme!! Lei my denke in ooreenstemming met U Woord.
Ek kies om vandag positiewe gedagtes te koester. Dankie dat u my gedagtes nuut maak en my ‘n nuwe gesindheid van hoop gee.
Vader, help my om my gedagtes te he waarmee U tevrede is – bepaal my gedagtes by U goedheid en seen en gawes.
Dankie my Here en my God dat ek aan die beloftes in U Woord kan vashou, en weet U sal U beloftes aan my nakom.
Vergewe my Vader date k toegelaat het dat vrees en kommer my gedagtes oorheers het. Ek sal voortaan op U vertrou en positief wees, want U krag, liefde en genade  is tot my beskikking.
Vader, ek is opgewonde oor hierdie dag wat U gemaak het. Ek gaan juig en jubel en dit geniet – tot U eer. Here, ek weet U beloon die wat tot U nader; daarom dank ek U byvoorbaat vir U guns, seen en oorwinning in my lewe vandag!!!
Here God, U Woord is my dryfkrag. Help my om voortdurend daaroor te mediteer en deur geloof en psotiewe denke U geleentheid te gee om my te seen met U oormaat. God ek wil se’: Ek glo Here, help my met my ongeloof!! Ek bid dat U teverde sal wees met my denkpatrone.
Vader, help my asseblief om te konsentreer op U en op die waarhede in U Woord. Dat ek nie bang sal wees nie, maar vol vreugde en vrede te glo en te vertrou dat U net die beste te alle tye vir my wil gee.
Here God, help my om denke in lyn te bring met U denke - ek glo U Woord, daarom is niks onmoontlik vir my nie.
Vader, dankie dat ek nie allen in hierdie wereld is nie - U is altyd met my.
Vader, mag my woorde voortdurend gevul wees met geloof en hoop, en mag my woorde ‘n atmosfeer skep waarin U groot en magtige dinge in en deur my lewe kan doen!
Mag my woorde U wil en U Woorde weerspieel in alle situasies waarin ek beland. Ek wil woorde van geloof spreek. Ek vetrou op U Woord om genesing en gesondheid te bring wanneer ek bid!!
God help my om seenwense uit te spreek - oor myself, my familie, vriende en my personeel.
Ek kies vandag om te glo dat U goeie dinge vir my bestem deur U wonderlike liefde en genade.
Dankie Vader dat my verlede vergewe is, en dat ek kan fokus op die wonderlike toekoms wat U vir my beplan.
Here, alles wat ek nie verstaan en antwoorde voor kry nie, laat ek by U. Ek vertrou dat U iets goeds daaruit vir my sal maak.
Help my Vader om U te alle tye en in alle situasies te vertrou. Help my om te vergewe en vir  ander te bid - en nie verbitterd en haardraend te wees nie. Help my asb om alle bitter en kwaad van my verlede te bely en te vergewe, sodat ek skoon en nuut in U wil kan leef.
Here God, help my om elke dag nuut te begin: om te kan vergewe en vergeet. Ek wil daagliks U genade en vergifnis ontvang, en uitleef.
Vader, ek vertrou op U om die negatiewe sitausies te gebruik vir iets goed. Met U hulp gaan ek die goeie aanbied in ruil vir die bose, liefde in ruil vir onderdrukking, haat of onverskillihgheid.
Dankie my Vader en my God dat U vir my voorspoed en ‘n wonderlike toekoms beplan.
Here, ek weet U is volkome inbeheer en U sorg dat ek presies is waar U wil he ek moet wees. Daarom gaan my geloof nie wankel nie. Ek  gaan met blydskap voortgaan, omdat ek weet U gaan hierdie probleem tot my voordeel  aanwend.
Vader, gee my die moed, krag en bereidwilligheid om die veranderings te maak wat U van my verwag.
Here God baie dankie vir al U liefde, genade en gawes wat U so mildelik in my lewe uitstort - help my om dit met ander te deel uit danbaarheid.
Here, ek wil nooit weer kla oor alledaagse dinge nie. Ek wil waardeer wat U vir my gee. Ek weet hoe bevoorreg ek is omdat U my lief het en vir my sorg.
Liewe Heer ek wil U meer dank wanneer ek met U gesels as wat ek wil vra - help my asb daarmee o Heilige Gees.
Vader ek weet U beloon die wat U vertrou en daarom gaan ek aanhou glo dat U alles vir my ten goede gaan laat uitwerk.
Vader help my om my medemens se behoefte raak te sien en hulle en U bo my eie ek te stel.
Dankie Here dat ek so geseend is - ek wil dit gebruik tot seen vir ander; en tot U eer.
Help my Heer om ‘n goeie rekenmeester vir U te wees, sodat ek nog meer vir ander kan doen - gee my ‘n oop hand en hart vir my medemens.
Here maak my sensitief vir my medemens se behoeftes. Sodat ek van hulp kan wees waar daar nood is.
God help my om getrou, gelowig en vol vreugde te bly ook wanneer U besig is om my gereed te maak vir groter dinge.
Dankie my God dat U altyd by my is - en dat U ‘n plan met my het.
Ek bid dat U verheerlik sal word deur my lewe, deur alles wat ek se’ en doen, en deur wie ek is. Ek wil he’ my woorde en dade moet U tevrede stel en U plesier.
Vader ek bid dat my lewe daagliks van nuuts af deur U goedheid geinspireer, deurdring en gevul sal word. Ek bid dat ander U in my lewe sal sien - en ook U kinders sal wil wees.
Gee dat my entoesiasme vir U ander se aanmoedig om U ook met passie te dien.
AMEN.

Thursday 5 January 2012


Wiskunde in die Woestyn

Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete. In die woestyn moes die Israeliete kos kry en hoe voed jy 3.5 miljoen mense? Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad. 'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.

Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn. 4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer. Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.

Wat van water? Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring. Daar was net 'n paar putte in die woestyn. Hoe het hulle genoeg water gekry?

Nog 'n ding! Hulle moes oor die rooi see in een nag! As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan. So daar moes 'n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon loop om in een nag deur te loop.

Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word. 'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.

Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek? Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God. God sou sorg vir alles.

Kom, skep moed, jy met al jou probleme, raai wat? ..... ons het dieselfde God! Hy het nog nooit verander nie, en as hy al Moses se probleme kon oplos dan sal hy mos joune ook kan oplos.


Parents receive their children from God:

A parent’s duty to their children include:

- Loving them: Titus 2:4
- Leading them to Christ: Mt 19:13-14
- Training them up for God: Pr 22:6; Eph 6:4
- Instructing them in God’s word: De 4:9; 11:19; Isa 38:19
- Telling them of God’s judgments: Joel 1:3
- Telling them of the works of God: Ex 10:2; Ps 78:4
- Commanding them to obey God: Deut 32:46; 1Ch 28:9
- Blessing them: Gen 48:15; Heb 11:20
- Having compassion towards them: Ps 103:13
- Providing for them: Job 42:15; 2Co 12:14; 1Ti 5:8
- Leading them: 1Ti 3:4,12
- Not provoking them: Eph 6:4; Col 3:21
- Praying for their spiritual welfare: Gen 17:18; 1Ch 29:19
- Praying for them when they are tempted: Job 1:5
- Praying for them when they are sick: 2Sa 12:16; Mark 5:23; Joh 4:46,49

Unfaithful parents:

- Cause trouble for their children: Ex 20:5; Isa 14:20; Lam 5:7
- Teach their children evil: Jer 9:14; 1Pe 1:18
- Set a bad example to their children: Eze 20:18; Amos 2:4

Faithful parents:

- Are a blessing to their children:Pr 31:28
- Leave a blessing to their children: Ps 112:2; Pr 11:21; Isa 65:23

Examples of bad parents:

- Eli: 1Sa 3:13
- Saul: 1Sa 20:33
- Athaliah: 2Ch 22:3
- Manasseh: 2Ch 33:6
- Herodias: Mark 6:24

Example of good parents:

- Abraham: Gen 18:19
- Joseph: Gen 48:13-20
- Mother of Moses: Ex 2:2-3
- Hannah: 1Sa 1:28
- Job: Job 1:5

Het jy al ooit vir jouself inni spieël gekyk en gewonder 'wie de flenter is jy!?'  Well, It happened to me a few days ago.  Staan op, stort, trek aan, ens ens. Toe ek voor die spieel staan lyk ek vir myself nie so lekker nie.  Neeeee. Dit was nie oor my broek te styf gesit het of my hare nie te hot gelyk het nie!  Iets het net vir my laat besef ek's seriously besig om myself te fool! 
Daar staan ek elke oggend op, all holy and spiritual en al daai lekker dinge! "Here, ek gee vandag vir U, seën dit asb... Tralalala. En Here, ek werp al my bekommernisse op U, want ek's nie sterk genoeg om dit te dra nie. Blah blah blah"  Jy ken seker daai gebedjie. 
Anyway. Ekke staan so vir myself en kyk inni spieel en besef net dat as ek regtig sooo vreeslik op die Here vertrou om my gemors uit te sorteer, dan moet ek dit genuinely let go!  Al die dinge wat my gees so onrustig maak, meeste dinge wat lankal geïdentifiseer is! As ek regtig die Here vir iets vertrou, moet ek dit 100% vir Hom gee, en myself eintlik in die posisie sit sodat ek nie Anders kan as om Hom te vertrou nie. Om afhanklik van die Here te wees is om onafhanklik van jouself en die wêreld te wees ! Jou salaris, jou ouers, jou wat ook al! 
Soms is dit nodig om in die diep Kant in te spring en te vertrou dat God jou sal uit trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit met jou hele wese (hart, siel  EN KOP!!!) doen! Anders, what's the use of jumping in the deep side and trying to survive on your own! Die branders sal jou soos 'n slap vel rondgooi, teen rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, dan kom jy met 'n klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit en het eintlik nog steeds niks bereik nie. Nie waar nie? 
Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en 'n gereelde kliënt een aand bietjie gestaan en gesels. Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse op die Here. Nie géé jou bekommernisse vir Hom nie, wérp dit op Hom. Hy verduidelik toe dat 'werp' 'n volleyball term is. Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite jou eie bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee, dan kan jy dit terugvat (want dan's dit nog in jou bereik), maar as jy dit werklik op Hom werp! Wow! Dan's dit 'n bewustelike besluit wat jy maak om dit verewig te let go. Want jy stamp dit dan weg van jouself af - buite jou bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie. 
Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel met die een!  Dis MOS baie makliker om self te sit en worry oor iets as om te erken jy kan dit nie self hanteer nie. Joyce Meyer het op een van haar programme gesê: "to worry is a manifestation of pride ." Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks 'worry'. Toe, dink gou.Daar's nogal 'n hondhuis vol klein goedjies, né? Die Here HAAT trots!  Gaan lees net so bietjie Daniel se stories. So, deur te sit en 'worry' oor iets (maak nie saak hoe groot of klein nie) wys jy eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is om jou probleem te hanteer nie.  SJOE, ja, ek weet. Heavy stuff, NE? Well, it's true, think about it. 
Om werklik op die Here te vertrou, bid in  volle geloof ! Sê vir God dankie vir alles wat Hy in Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat Hy nog vir jou gaan doen. Dankie vir al die 'tests' waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir swaarkry, dankie vir sukkel,  dankie vir voorspoed, dankie vir die feit dat jy kan hoor,sien, praat, voel, sommer net dat jy jou groottoon kan beweeg elke oggend as jy wakker word !  
n Mens moet strewe na GOD en nie na GELD nie! 
Julle, God stel belang in ons  karakter, nie jou goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis hoekom ons getoets word, hoekom ons soms sukkel met goed, hoekom ons nie altyd ons sin kry nie, hoekom ons soms in moeilike situasies gegooi word by die werk of by die huis, hoekom ons soms victims is van iets aakligs. Nie sodat die Here 'n kick kan kry uit ons swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nêrens inni Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hê nie. 
Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy nie saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus saam met jou! Jy's Sy kind! 'n Prins, 'n Prinses! Prys God vir elke situasie waarin jy jou bevind! Sien dit as karaktervorming. Sien dit as 'n tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan word! Dis 'n voorreg om deur so iets te gaan saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit glad nog nie lekker nie, maar wow, what a privilege to know that God cares enough about you to shape you after His own image! 
Julle, nog 'n klein ietsie wat tannie Joyce gese het. You can't have a testimony without a test. otherwise you will only have the mony's. *hehehe* So true, né? 
Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1 (veral vers 6).  My gebed is dat elkeen van ons sal leer om God toe te laat om ons te shape, dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan waarin ander Jesus in ons oë kan sien! 
*Enjoy Life - It's later than you think!*

 James 1:6 (New International Version): 6But when he asks, he must believe and not doubt, because he who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.


Wash Day...........
 
Monday: Wash Day 
Lord, help me wash away all my selfishness and vanity, so I may serve you with perfect humility through the week ahead. 

Tuesday: Ironing Day 
Dear Lord, help me iron out all the wrinkles of prejudice I have collected through the years so that I may see the beauty in others.

Wednesday:
Mending Day 
O God, help me mend my ways so I will not set a bad example for others.

Thursday: Cleaning Day
Lord Jesus, help me to dust out all the many faults I have been hiding in the secret corners of my heart.

Friday:
Shopping Day
O God, give me the grace to shop wisely so I may purchase eternal happiness for myself and all others in need of love. 

Saturday: Cooking Day
Help me, my Savior, to brew a big kettle of brotherly love and serve it with clean, sweet bread of human kindness.

Sunday: 
The Lord's Day   
O God, I have prepared my house for you. Please come into my heart so I may spend the day and the rest of my life in your presence.


“Be kinder than necessary, for everyone you meet is fighting some kind of battle."