Thursday 28 June 2012

Bybelstudie: Romeine


Romeine
Sondige mense word slegs gered deur geloof in Jesus Christus.
1.     Eenjaar Leesrooster:
Nov. 12
Rom.1-3
13
4-5
14
*
15
6-8
16
9-11
17
12-16
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Romeine:


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Die mens se verwerping
Die mens se veroordeling
Die mens se hulpelooshied
van God
deur God
voor God

"Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie"(3:10)




Hoofstuk 4
Hoofstuk
…5
Hie die vryspraak
Wat die vryspraak
Hoekom die vryspraak
kom
meebring
nodig is
volle guns van God
Vrede met God
Vervreemding van God



Hoofstuk 6
Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Aanklag oor die sonde
die wet belig sonde
die Gees
Aanklag oor wetteloosheid
die wet beveg sonde
oorwin die sonde
moeilikheid met die genade
moeilikheid met
die wet



Hoofstuk 9
Hoofstuk 10
Hoofstuk 11
vermelding van
verduideliking van
vertroosting oor
Israel se verwerping
Israel se verwerping
Israel se verwerping

God se geregtigheid in Sy verhouding met Israel




Hoofstuk 12
Hoofstuk 13
Hoofstuk 14-15
wees lief vir
wees onderdanig
aanvaar
mekaar
teenoor mekaar
mekaar

Praktiese afleidings




Hoofstuk 16


groet


mekaar


persoonlike afskeid



3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Rom 1-3
Die mens se opstandige sondige natuur het daartoe gelei dat hy sy Skepper verwerp en die skepping aanbid.
 Op sy beurt het God die mense
se sondige natuur aan himself oorgelaat om sy verdorwenheid ten volle uit te leef. Die hele mensdom is
hulpeloos voor God. Ons verbreek nie soseer God se gebooie nie; ons breek eerder onsself teen Sy gebooie.
Al hoop vir ons is om God se redding in JC aan te neem.
Rom 4-5
Mense wat liefde die minste verdien, is dié wat dit die meeste nodig het. Net soos ons verlore sondaars
 JC se liefde, genade en redding benodig.
Gelukkig is God se liefde nie ‘n reaksie op aantreklike hoedanighede nie, maar ‘n wilsdaad teenoor die
 voorwerp van Sy liefde: God het jou lief, nie ter wille van jouself nie, maar juis ten spyte van jouself!!
God se liefde reik uit met besorgdheid en medelye na die swakstes en slegstes (die mensdom) – bid en
vra God vir hierdie soort liefde in jou lewe sodat jy na nou medemens in liefde te kan uitreik.
Kennis moet altyd oorspoel in gehoorsaamheid, d.w.s jy moet die Bybel prakties kan toepas en uitleef.
 (2 Tim.3:16-17)
Rom 6-8
As die las wat God jou gegee het om te dra vir jou te swaar begin voel, kry jy die versekering: God verwag
nooit van jou om dit alleen te dra nie.
Die Heilige Gees se toerusting gee jou die sekerheid dat jy kind van God is en lei jou en bid vir jou sodat
jy deur die storms en krisisse ‘n lewe van christelike oorwinning kan lei.
As ons die regte dinge wil doen, moet ons die krag van die oorwinningslewe toepas wat God in die Heilige
Gees aan ons voorsien.
Rom 9-11
As jy na die verlede kyk, sal jy elke keer God se volkome getrouheid te midde van volslae ontrou sien.
Bevestig dus nou jou vertroue in die Here oor al jou toekomstige behoeftes.
Rom 12-16
Ons moet nie net vir Christus leef nie, ons moet lewe om soos Hy te wees.
Onthou, waarin jy glo, sal jou lewe bepaal.
Romeine sit die grondbeginsels van die christelike geloof vir ons uiteen; en leer ons ook die praktiese
uitleef daarvan.
By elke opdrag vir christen-wees gee God ook die toerusting wat daarby pas. Dit lees so:
1. Dien mekaar deur die gawes wat God julle gegee het te gebruik;
2. wees aan die owerhede onderdanig deur julle Verlosser se gesindheid van liefde en oorgawe uit te leef;
3. wees sensitief vir die swakker broers se behoeftes in kwessies oor gewete;
4. wees eensgesind onder mekaar omdat Christus se gesindheid deur julle werk.
Enige iemand kan soos ‘n christen optree, maar dit verg ‘n ware christen om soos een te reageer.

4.      Ekstra:
  • Rom.1:1 – ‘n Apostel is iemand wat deur ‘n leier uitverkies en gestuur word om ‘n spesifieke werk te doen. Hier beteken apostel iemand wat deur God gekies is om die boodskap oor Jesus, dis die “evangelie” of “goeie boodskap”, te verkondig. Die “goeie/blye boodskap” is beide die boodskap oor Jesus en die boodskap wat Jesus oor God se koninkryk bring. Dié wat in Jesus vertrou en die evangelie glo, sal deel word van God se nuwe familie van volgelinge.
  • Rom.1:28 & 6:23 – mense se optrede en dade (sondes) hou hulle weg van die geskenk van verlossing; en dit lei tot die dood (die ewige dood, sonder Jesus).
  • Rom.2:1 – Dis maklik om ander te oordeel en te veroordeel oor die sonde wat hulle doen, maar onthou ander sien net so maklik die sonde wat jy doen en gedoen het : dus moenie oordeel nie.
  • Rom 2:7 – die ewige lewe gaan baie anders wees as die huidige; Jesus het self so gesé. Paulus praat van die ewige lewe as om opgewek te word tot ‘n lewe met Christus.
  • Rom 2:14-15 - Die Griekse woord vir “conscience”of gewete beteken gedeelde kennis = almal kan weet wat reg en verkeerd is. Paulus sé kennis van wat God verwag is deel van menslike natuur, maar mense volg en gehoorsaam nie altyd hul gewete/conscience nie.
  • Rom.2:25 - Circumcision is ‘n fisiese teken dat mense aan die verkose volk van God behoort. Paulus sé ware circumsisie is iets wat in die hart gebeur = geloof.
  • Rom.3:19 – God het die Wet gegee sodat mense kan weet hoe God wil hé ons moet leef, d.w.s dit gee ons beskermende limiete. Dis ook gegee sodat ons kan weet wanneer ons sondig. Maar die Wet kan ons nie red – slegs geloof in Jesus Christus kan.
  • Rom.3:22 & 28 – Om in JC te glo en te vertrou, plaas ons in die regte verhouding met God. Slegs dan is ons aanvaarbaar vir God.
  • Rom.4:1 – Abraham was aanvaarbaar vir God omdat hy geglo het in God se beloftes.
  • Rom.4:9 – Paulus sé Abraham is besny nadat God hom reeds aanvaar het omdat hy geglo het (weens sy geloof in God) ; daarom word hy beskou as die vader van alle gelowiges – besnydes EN onbesnydes.
  • Rom.5:5 – Die HG is teenwoordig in JC se volgelinge, om ons te lei en te help om die regte lewe volgens die geloof te leef.
  • Rom.5:14 – mense was gelowig en getrou aan God lank voor God die Wet (gebooie) aan Moses gegee het (vanaf Adam se tyd).
  • Adam het sonde en dood in die wereld gebring omdat hy ongehoorsaam aan God was. JC het sonde en dood weggeneem, en vir ons toegang tot God bewerkstellig deur gehoorsaam aan God te wees. Nou is ons aanvaarbaar vir God, want ons sonde is vergewe deur JC.
  • Rom.5:21 – Sonder JC se verlossing sal sonde steeds oor mense heers. God se genade het JC gestuur om te vergewe en die ewige lewe te bewerkstellig.

5    Opsomming van Romeine:

Romeine


Hierdie is 'n brief van Paulus aan 'n groep gelowiges in Rome wat hy nog nie ontmoet het nie. Hy ken wel van die individue, maar die gemeente self is onbekend aan hom.
Hy skryf hierdie brief aan hulle om homself en sy geloofsoortuigings aan hulle bekend te maak - as voorbereiding van sy verwagte besoek aan hulle.
Hierdie is 'n teologiese brief: die beste en mooiste uiteensetting van geloof, verlossing, redding en christenskap (vry van sonde, verkryging van die ewige lewe deur die werking van die Heilige Gees deur geloof in Jesus Christus).Romeine is die ideale boek om (die genade, vreugde, vrede en vryheid van) christenskap te verduidelik. Lees dit, oordink dit en deel dit!!
Romeine 1-4 :Paulus begin met 'n aanleiding tot die verduideliking van christenskap:
  1. Almal - Jode en nie-Jode - is skuldig voor God, maar wie glo word vrygespreek.
  2. Hy verduidelik sonde en straf;
  3. Hy verduidelik God se regverdige oordeel;
  4. Hy verduidelik dat die wet jou nie vrywaar van straf nie;
  5. Hy verduidelik die Jode en die wet; en dat die besnydenis sonder meer nie waarde het nie.
  6. Die oordeel van God is nie in stryd met die voorreg van die Jode nie.
  7. Niemand is regverdig nie - slegs Godse genade kan ons red en verlos.
  8. Abraham se voorbeeld word verduidelik.
  9. Wat deur God belowe is, word deur geloof verkry.
Romeine 5-7:Die vrug van die vryspraak: ons is nuwe mense deur geloof in Jesus Christus en die werking van die Heilige Gees.
Adam = oorsaak van sonde versus Jesus Christus = vrygemaak van sonde. Deur Jesus Christus is ons dood vir die sonde, maar lewend vir God. So staan ons indiens van wat God wil: vry van die wet en in diens van God - diensbaar aan Jesus Christus!!
Verduideliking van die wet en die sonde (die wet maak dat ons weet wat sonde is).
Omdat ons vrygemaak is van die sonde deur Jesus, moet ons nou lewe deur die Heilige Gees. En het ons die wonderlike vooruitsig van die ewige lewe.
Romeine 8:Net mooi niks kan ons van die liefde van Christus skei nie!!!
Romeine 9-11:Paulus verduidelik -
  • God se verkiesing van Israel;
  • Die oordeel en genade van God;
  • Israel en die evangelie;
  • die verlossing is vir elkeen wat glo;
  • die oorblyfsels van Israel;
  • Verlossing van heidennasies;
  • die toekoms van Israel
Romeine 12-16 :Alle eer moet aan God gaan!!
Verduideliking van die nuwe lewe van christene - met riglyne vir die christelike lewe:
  1. Leef in, met en deur liefde;
  2. Verpligtinge teenoor die owerhede;
  3. Liefde is die volle uitvoering van die wet;
  4. moenie iemand veroordeel nie (die oordeel kom God toe);
  5. moenie ander laat struikel nie;
  6. leef volgens Christus se voorbeeld;
  7. die evangelie is vir alle mense - verkondig dit;
Paulus noem sy sendingopdrag en sy plan om Rome te besoek. Hy sluit af met 'n paar laaste opdragte en groete aan die gemeente.

6    Handleiding vir ‘n christelike lewe:
Romeine 1: 11 Ek het die wonderlikste geestelike geskenke uit God se hand ontvang waarin ek julle wil laat deel. Dit sal julle geloof sterker maak.12 Ek wil graag ook iets van julle ontvang: julle groot geloof kan my aanspoor om nog harder vir die Here te werk. So kan ons mekaar help om die Here nog beter te dien. 14 Dit is my plig om aan alle mense op aarde, Jode en nie-Jode, geleerdes en ongeletterdes, die goeie nuus oor Jesus Christus bekend te maak.
Romeine 2: 3 Ek sê weer: jy moet baie versigtig wees om nie die vinger na ander mense te wys terwyl jy dieselfde dinge as hulle aanvang nie. Jy sal God se oordeel glad nie vryspring nie. 6 Op grond van ons dade sal God dan besluit waar ons die ewigheid gaan deurbring.7 Die ewige lewe wag op almal wat goed doen en wat aan Hom die eer gee. Mense wat hulle uiterste bes doen om God te gehoorsaam, sál die ewige lewe as 'n geskenk uit sy hand ontvang.
Romeine 4: 20 Abraham se geloof was die kragbron van sy lewe. Hy het God se hand styf vasgehou en aangehou om Hom te eer.21 Abraham het geweet dat God die een of ander tyd sou doen wat Hy belowe het.22 Daarom dat sy geloof hom in die regte verhouding met God laat leef het.
Romeine 5: 4 En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om 'n sterk Christelike karakter te vorm. En 'n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag.5 Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly.
Romeine 10: 9 En ek sê vir mense om dit te glo. Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan.10 As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos. 17 Nogtans moet die Woord van die Here bekendgemaak word. Mense kan net tot geloof kom as hulle die Woord hoor. Daarom maak ek die boodskap van Christus oral bekend sodat mense 'n kans kan kry om dit te hoor.
Romeine 11: 36 Van God af kom alles wat bestaan. Hy hou alles in stand. Alles is daar om sy Naam groot te maak. Vir altyd. Ja en amen!
Romeine 12: 1 Ek wil nou 'n baie ernstige versoek tot julle rig. Ek doen dit omdat julle begryp hoe baie God vir julle omgee. Gee julle hele lewe aan Hom. Julle moet lewende offers in God se hand wees. 'n Lewe wat voltyds afgesonder is vir Hom is presies waaroor godsdiens gaan. 2 Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee. 3 Weet julle, God is baie goed vir my. Hy het my as sy apostel aangestel om sy wil bekend te maak. Daarom kan ek vir julle almal sê dat julle nie te veel van julleself moet dink nie. Nee, wees nederig. Onthou dat julle geloof 'n geskenk uit God se hand is. Wees dankbaar vir die geloof wat julle wel van Hom ontvang het. En hou op om julle met ander te vergelyk 6 Om ons te help om hierdie funksies te vervul het God vir ons elkeen besondere hemelse geskenke gegee. Ons almal het nie dieselfde geestelike geskenke van Hom ontvang nie. God het dit aan ons elkeen uitgedeel soos Hy goedgedink het. As jou hemelse geskenk is om God se boodskap bekend te maak, doen net dit. Maak sy wil bekend in die geloof wat jy daarmee saam uit God se hand ontvang het.7 As jy oor die gawe beskik om ander mense te dien, dien hulle dan met oorgawe. As jou hemelse geskenk is om ander te leer waaroor ons verhouding met God gaan, doen net dit.8 As jy die gawe het om ander mense te vermaan en te vertroos, doen dit. As jou hemelse gawe is om jou besittings met ander te deel, moet dan nie suinig wees nie. As dit God se geskenk aan jou is dat jy een van die leiers in die kerk moet wees, doen dit met toewyding. En as jy oor die gawe beskik om mense te help wat in nood verkeer, doen dit met blydskap. 9  Moenie net maak asof julle mekaar liefhet nie. Nee, gee regtig vir mekaar om. Haat alles wat sleg is. Doen net waarvan God hou.10 Julle moet mekaar soos eie broers en susters liefhê. Behandel mekaar met groot respek en agting.11 Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe.
12 Sien met blydskap uit na daardie dag waarop die Here alles nuut kom maak. Moenie mismoedig word as julle ly omdat julle Christene is nie. Bid sonder ophou. 13 Help ander gelowiges wat swaarkry. Wees gasvry. Stel julle huise tot beskikking van gelowiges wat nie 'n plek het om tuis te gaan nie. 14 Moenie mense beledig wat julle vervolg nie. Bid eerder dat God sy goedheid in hulle lewens sal uitstort. 15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. 16 Leef in harmonie met mekaar. Moenie baklei nie. Moenie beter as ander mense probeer wees nie. Maak vriende met mense wat nie te veel van hulleself dink nie. Onthou: julle beskik nie oor al die kennis en wysheid in die wêreld nie. Wees nederig. 17 Moenie net regsit om ander mense in eie munt terug te betaal as hulle iets verkeerds aan julle gedoen het nie. Doen liewer goeie dinge sodat ander mense kan sien dat julle God dien. 18 Doen van julle kant af alles in julle vermoë om in vrede met ander mense te leef.19 Laat staan al julle wraakplanne, my liewe broers en susters. Dit pas glad nie by gelowiges nie. Los sulke dinge vir God. Daar staan immers in die Bybel: "'Ek alleen het die reg om te straf; Ek sal wraak neem,'" sê die Here.20 "'As jou vyand honger is, moet jy sorg dat hy iets te ete kry. As hy dors is, moet jy hom iets gee om te drink. As jy dit doen, sal jy hom verskriklik skaam maak.'" 21 Moenie toelaat dat dit wat sleg is in jou lewe die oorhand kry nie. Oorwin die Bose deur te doen wat God van jou vra..
Romeine 13: 1 Wees 'n goeie landsburger. Gehoorsaam die owerhede wat oor jou aangestel is. Kom net al jou verpligtings getrou na. 7 Betaal dus wat jy verskuldig is: belasting aan dié wat belasting vra, tolgeld aan dié wat dit vra, ontsag aan dié wat dit toekom, respek vir dié wat gerespekteer moet word, en eer vir dié wat geëer moet word. 8  Betaal jou skuld! Moet niks aan ander mense skuld nie, behalwe om absoluut lojaal en vol liefde teenoor hulle te wees. As jy ander mense liefhet, het jy die hele wet van God nagekom. 14 Staan dadelik op en trek die krag van die Here Jesus Christus as julle nuwe klere aan. Moet nooit enige plek vir sonde in julle lewens gee nie. Moet nooit swig voor versoekings nie.
Romeine 14: 1 Moenie maak asof jy beter is as ander gelowiges wie se geloof nog nie so sterk soos joune is nie. Aanvaar hulle met oop arms sonder om van vroeg tot laat met hulle te stry en baklei. 4 Wie dink jy is jy dat jy so maklik 'n oordeel uitspreek oor die manier waarop ander mense hulle geloof uitleef? God self sal mos besluit of hulle reg doen of nie. Dit is nie jou werk nie. In elk geval, mense wat in God glo, al doen hulle dit op 'n ander manier as jy, sal gered word. Die Here sal daarvoor sorg. 6….. doen dan alles tot eer van die Here.  8 Daarom moet ons voluit vir Hom leef en doodgaan. Letterlik alles wat ons doen, moet tot eer van die Here gedoen word, want ons behoort aan Hom. 12 Sorg daarom dat jou eie saak reg is wanneer jy die dag voor God se troon moet gaan staan. Want jy sal op daardie dag net verslag oor jou eie lewe aan Hom moet doen. 13  Moenie gedurig kritiek lewer op hoe ander mense lewe nie. Nee, maak eerder seker dat jy nie die oorsaak is dat ander gelowiges struikel en val nie. Moenie dit vir hulle moeilik maak om in God te glo nie. 18 Almal wat Christus dien, maak God se hart baie bly. Boonop het ander mense ook groot respek vir hulle. 19 Kom ons doen ons uiterste bes om in vrede met mekaar te leef. Kom ons help om mekaar se geloof sterk te maak.
Romeine 15: 2 Ons kan nie net daardie dinge doen wat ons gelukkig maak sonder om te vra hoe ander gelowiges daaroor voel nie. Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om te sorg dat ander gelowiges ook gelukkig is. Dit is ons plig om hulle geloof sterk te maak en op te bou. 3 Christus het presies dit kom doen toe Hy op aarde was. Hy het nie na sy eie belange omgesien nie, maar na dié van ander. 5 Mag God, wat ons almal se geloof sterk maak en ons krag gee, julle help om regtig goed met mekaar oor die weg te kom. Dit is presies wat Christus Jesus wil hê. 7 Julle moet mekaar asseblief aanvaar. 13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil.
Romeine 16: 19 Wees verstandig wanneer dit by goeie dade kom. Maar wees dom wanneer dit by sondes kom. Moenie vir die sonde 'n vastrapplek in julle lewens gee nie.



No comments:

Post a Comment