Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: Titus


Titus
1.     Eenjaar Leesrooster:
6 Desember                -           Lees die boek Titus.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Titus :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
die mens deur
die metode deur
die wonders deur
God aangewys
God ingespan
God bewerk
dienaars
diens
redding

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Titus
Liefde is nie droomverlore gevoelens nie – dis diens.
Almal moet wys dat hul geloof ‘n werklikheid is deur “hulle op goeie werke toe te lé”(3:8)

4.      Opsomming van Titus:
Titus

Titus is 'n privaat brief vanaf Paulus aan sy leerling Titus, om hom riglyne te gee hoe om die gemeente wat op Kreta gestig is te leer en te lei oor hoe om as gelowiges op te tree.
Titus word ook gedragsriglyne gegee wat aan die gemeentes geleer moet word. Hy moet ook ouderlinge in die gemeentes kies om die gemeentes te help lei en versorg.

Titus 1: Paulus beopdrag Titus om uitverkorenes na God te lei en om volgens die waarheid te leef.
Titus moet ouderlinge in die gemeentes aanstel. Ouderlinge moet aan spesifieke vereistes voldoen: Gerespekteer word oor sy goeie lewe, getrou wees in sy huwelik, gelowige en gehoorsame kinders he; onberispelik lewe, nie arrogant of humeurig wees nie; nie drink, geweldadig of geldgierig wees nie; moet gasvry wees; moet wysheid he en regverdig lewe en toegewyd en gedissiplineerd lewe. Hy moet ook 'n sterk en standvastige geloof in God he (om ander te kan onderrig).
Berispe mense wat die waarheid oor God verdraai streng, sodat hulle kan terugkeer na God.

Titus 2: Gedragsriglyne vir ouer en jong mense, en vir werkers, word uitgestip.

Titus 3: Gelowiges moet onderhewig lewe aan gesagstrukture. Hulle mag nie kwaadpraat of baklei nie. Maar moet saggeaard wees.
Ons is verlos en vrygekoop slegs deur Jesus Christus se genade en die Heilige Gees se werking in ons lewens - omdat God ons so lief het. En slegs daarom kan ons roem en uitsien na die ewige lewe.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
Titus 1:6 …. moet gerespekteer wees vir sy goeie lewe. Hy moet getrou wees aan sy vrou, en sy kinders moet gelowiges wees wat nie wild of opstandig is nie.7 As bestuurder van God se huishouding moet 'n ouderling 'n onberispelike lewe lei. Hy moenie arrogant of humeurig wees nie; hy moet hom ook nie aan drank vergryp of gewelddadig of geldgierig wees nie.8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet 'n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.9 Hy moet 'n sterk en standvastige geloof hê in die betroubare boodskap wat hy geleer is; dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde onderrig te bemoedig en dié wat dit teenstaan, te wys waar hulle verkeerd is.
Titus 2:2  Leer die ouer mans om selfbeheersing te beoefen, om respek te verdien, en om verstandig te lewe. Hulle moet 'n gesonde geloof hê en vervul wees met liefde en geduld.3 Net so moet jy ook die bejaarde vroue onderrig om só te leef soos dit iemand betaam wat aan die Here toegewy is. Hulle moet nie rondloop en skinder nie, ook nie aan wyn verslaaf wees nie. Hulle moet liewer goeie dinge vir ander leer.4 Hierdie bejaarde vroue moet die jong vroue leer om hulle mans en kinders lief te hê 5 en om met selfbeheersing en rein te leef, om goeie tuisteskeppers te wees wat onderdanig is aan hulle eie mans. Dan sal die boodskap van God nie belaster word nie. 6 Net só moet jy die jonger mans aanmoedig om met selfbeheersing te lewe7 in alles. Jy moet 'n goeie voorbeeld stel, suiwerheid in die leer handhaaf, 8 met gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal die teenstanders beskaamd staan omdat hulle dan niks slegs oor ons te sê het nie.9 Die slawe moet in alle opsigte aan hulle eie eienaars onderdanig wees en hulle tevrede hou. Hulle moet nie teëstribbel of 10 steel nie, maar toon dat hulle goed en ten volle betroubaar is. Op só 'n manier sal hulle in alles wat hulle aanpak, die onderrig oor ons Verlosser aantreklik maak. 12 Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef. 15  Met gesag moet jy ook bemoedig en teregwys. Moenie toelaat dat iemand jou geringskat nie.

Titus 3:1  Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is. 2 Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree. 8 … hulle wat op God vertrou, moet hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is.
 14 Ons mense moet leer om nie onproduktief te leef nie. Hulle moet uitmunt in goeie dade om in ander se behoeftes te voorsien.

No comments:

Post a Comment