Thursday 28 June 2012

Bybelstudie: 1 Korintiers


1 Korintiers
Paulus spreek die sondes van die kerk in Korinte aan.

1.     Eenjaar Leesrooster:
Nov. 18
1Kor.1-6
19
7-10
20
11-14
21
15-16


2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
1 Korintiérs :


Hoofstuk 1-4
Hoofstuk 5-6
Hoofstuk 7
Geval van, rede vir &
sedelike vergrype
probleme
regstelling van verdeeldheid
wetlike vergrype
met die eg
selfsugtige groepe
onbetaamlike optrede
wees bedag



Hoofstuk 8
Hoofstuk 9
Hoofstuk 10
probleme met
leiding
lering oor
eet
aan dominees
billikheid
wees bedagsaam
wees standvastig
wees tevrede



Hoofstuk
11-14
Hoofstuk 15
Uitsprake oor
ongerymdhede aangaande ….
bewys Christus se opstanding
die nagmaal       gebrek aan eenheid
gebrek aan liefde; gebreke inerediens
besin oor opstandingsliggaam
Bemiddeling   betrokkenheid
beste gawe    bou na buite
voorskrifte oor geloof



Hoofstuk 16


beskikking vir armes


beplanning vir Paulus persoonlik


voorskrifte vir toekoms



3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
1 Kor 1-5
Paulus verduidelik God se riglyne vir ons gedrag in alledaagse sake.
Dis jou plig as christen om mede-christene reg te help – sorg net dat jou eie lewe onberispelik is deur
gebed en verbintenis aan Christus.
Dis nooit maklik om iemand met sy foute te konfronteer nie, maar God het beloof om krag te gee vir alles
wat ons tot Sy eer doen.
1 Kor 7-10
Dis steeds God se manier om Sy kinders op strategiese plekke te plaas sodat die evangelie verkondig kan
word en uitgedra kan word oor die hele wereld. Vra God om daardie bring van die evangelie deur jou
lewe moontlik te maak waar jy ook al geplaas word.
1 Kor 11-14
Diensbaarheid is ons liefde vir Christus met werksklere aan.
Bepaal waar jy diensbaar kan wees in jou gemeente en gemeenskap – en doen so jou deel vir die christenskap.
1 Kor 15-16
Die opstanding bring hoop vir die gelowiges se liggaam en gees, en dit spoor ons aan om “standvastig,
onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here te wees, omdat julle weet dat julle inspanning
in diens van die Here nie tevergeefs is nie.”(15:58)



4.       Opsomming van 1 Korintiers:

1 Korintiers


Paulus spreek die gemeente aan omdat hulle steeds lewe soos die sondige wereld, i.p.v om te lewe as nuwe mense.
Hy gee riglyne om as gemeente en christene eensgesind te wees in alles wat hulle doen en is.
Hy verduidelik die begrip van liefde - 'n christen moet liefde wees, doen en leef ( Kor.13), want God is liefde.
Hy gee riglyne en verduidelik hoe en wat 'n christen is - ons vryheid in en deur Christus; opstanding uit die dood, ens.
1 Korintiers 1-4:
Paulus praat die gemeente aan oor die verdeeldheid (en die oorsaak daarvan) en onenigheid onder hulle. Hy praat hulle ernstig aan oor hul sondes.
Hy verduidelik sy prediking en die openbarings deur die Heilige Gees; en die bediening van die apostels.
1 Korintiers 5-8:
Paulus vat die mense ernstig vas oor hul onsedelikheid. Hy verduidelik tug. Hy praat oor hofsake tussen gelowiges. Jou liggaam as tempel van God. Hy gee praktiese raad oor die huwelik. En hy beantwoord die gemeente se vrae oor vleis geoffer aan afgode.
1 Korintiers 9-12:
Hy verduidelik die regte en pligte van die apostels. Hy waarsku christene teen alle vorme van afgodery - alle eer moet aan God gaan.
Weereens verduidelik hy die posisie van Christus en God by man en vrou.
Hy verduidelik die nagmaal en hoe dit genuttig moet word. Asook die verskeidenheid en doel van geeste gawes.
1 Korintiers 13:Die Liefde
1 Korintiers 14:
Uiteensetting, verduieliking en gebruik van geestelike gawes: praat in tale; verkondiging van die evangelie, ens.
1 Korintiers 15-16:
Christus se opstanding; ons verlossing en ons eie opstanding deur Jesus Christus en ons opgestande liggaam word verduidelik.

5.       Handleiding vir ‘n christelike lewe:
1 Korintiers 4: 20 Immers, as iemand 'n kind van God is, sal 'n mens in die manier waarop hy leef die krag van God kan sien.
1 Korintiers 5: 11 Wat ek eintlik bedoel het, is dit: julle moet julle nie ophou met iemand wat sê hy is 'n Christen, maar die teenoorgestelde doen nie. Dit is nou "kamma-Christene" wat soos nie-Christene leef deur seksueel skandelike dinge te doen, wat vir niemand behalwe hulleself omgee nie, wat meer lojaal teenoor ander dinge as teenoor die lewende God is, wat allerhande stories versprei wat ander mense baie seermaak, wat in niks anders as drank belangstel nie, of wat net daarop uit is om ander mense te kul en te bedrieg. Met so iemand moet jy niks te doen hê nie. Maar julle moet verantwoordelikheid neem vir wat in julle gemeente aangaan. Die Skrif sê mos: "Raak ontslae van die mense onder julle wat nie reg lewe nie."
1 Korintiers 7: 17 Elkeen moet sy lewe leef op die plek waar God hom wil hê en daar doen wat God van hom vra. 24 My liewe vriende, staan julle plek vol juis daar waar julle was toe die Here julle as sy kinders geroep het.
1 Korintiers 8: 12 As jy jou mede-Christene so skade aandoen en dit vir hulle moeilik maak om werklik Christen te bly, is jy eintlik besig om Christus self seer te maak.
1 Korintiers 9:16 Ek kan nie anders as om mense van Jesus te vertel nie. Dit is waarvoor ek leef omdat God dit van my verwag. Wat daar ook al van my gevra word om mense na die Here toe te lei, is ek bereid om te doen.
1 Korintiers 10: 13 Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom.
God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het. 14  Daarom, my liewe broers en susters, moet julle niks te doen hê met alles wat mense in die plek van die ware God aanbid nie.
Dit maak nie saak wie dit is nie - of hy 'n Christen is of nie en of jy van hom hou of nie.33 Dit is presies wat ek doen. Ek dink nie net aan myself nie, maar probeer om goed te wees vir ander mense. Ek doen nie goed wat hulle irriteer of afsit nie, sodat hulle ook deur my optrede die Here kan leer ken.
1 Korintiers 12: 31 Doen moeite met die gawes wat vir jou situasie die beste is.
1 Korintiers 13: 4  Om ander lief te hê beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie; om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel; om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie; om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie; om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie;5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. 6  Maar liefde het ook grense: liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie. Net so sal liefde altyd net bly wees oor dit wat regtig gebeur soos God dit bedoel het.7 Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g'n einde nie. 8 Liefde is nie iets wat 'n mens kan opgebruik en dan sê dis klaar nie. 13 Tot daardie tyd kom, het ons drie belangrike dinge wat ons op koers moet hou: daar is die verhouding met God, die sekerheid dat Hy sy beloftes sal hou en die liefde. En van hulle staan die liefde boaan die lys.
1 Korintiers 14: 1 Gee alles om hierdie liefde in julle lewe te hê. Maar moenie van die spesiale geskenke vergeet wat die Gees vir julle gee nie. Gee jouself ook daarvoor, veral om God se boodskap vir die gemeente te bring. 5 Wat ek wel sê, is dat julle eerder in die gemeente moet konsentreer op die bring van God se boodskap. 39 Laat ek saamvat: doen alles wat julle kan om vir mense van God se dinge te vertel.
1 Korintiers 15: 58 My liewe broers en susters, dit gee julle alle rede om julle nie 'n duim te laat wegbeweeg van dit waarin julle glo nie. Staan vas. As daar iets is wat julle vir die Here kan doen, doen dit en nog meer, maak nie saak wanneer en waar nie. Julle twyfel mos nie een oomblik daaraan dat wat julle vir die Here doen die moeite werd is nie.
1 Korintiers 16: 13 Wees wakker in die lewe en moenie toelaat dat iemand julle geestelik van balans af
 gooi nie, want julle glo mos. Moenie soos bangbroeke wees nie, maar staan julle man.
14 Doen alles wat julle doen met, in en deur liefde.

No comments:

Post a Comment