Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: 2 Timoteus


2 Timoteus
1.     Eenjaar Leesrooster:
5 Desember                -           Lees die boek 2 Timoteus.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
2 Timoteus :



Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 4
tot beskikking
tot beskikking
berei voor vir
bring die
van die Gees
van medegelowiges
swaar tye
lewende Woord
"Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Jesus Christus" (2:3)




3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
2 Timoteus
Die grootste skat wat jy jou kinders kan nalaat, is om God van naby te ken.
‘n Bybelse grondslag van kleins af berei ons voor vir diens wat baie vrug dra.

4.     Opsomming van 2 Timoteus:
2 Timoteus

Hierdie is 'n persoonlike brief vanaf Paulus aan Timoteus: om hom te bemoedig om te volhard in die geloof en sy werk om God se Woord te verkondig. Dit gee ook aan Timoteus spesifieke bedieningsopdragte om toe te pas in sy gemeente(s).

2 Timoteus 1:
Timoteus word aangenoedig om onverskrokke met sy bediening voort te gaan.
* Hy moet sy genade gawes wat hy vanaf die Heilige Gees ontvang het, aanblaas;
* Hy moet hom nie skaam vir die evangelie en sy mede-werkers nie;
* Hy moet kragdadig optree.

2 Timoteus 2:
5 Spesifieke bedieningsopdragte:
  1. Keer dat mense oor woorde se betekenis stry
  2. Stel jouself tot God se beskikking
  3. Vermy onheilige en sinnelose praatjies
  4. Vermy die begeertes wat jong mense in gevaar bring
  5. moet jpu nie met strydvrae inlaat nie.
2 Timoteus 3: Paulus beskryf die verdorwenheid van mense gedurende die eindtyd
2 Timoteus 4: Nog bedieningsopdragte: Wat Timoteus moet doen en NIE moet doen nie (waarvoor hy op die uitkyk moet wees en moet vermy).
Ons moet almal volhard in ons geloof en seker maak ons lewe so dat God trots op ons is. Ons moet die wedloop klaar maak, sodat ons God se beloning kan ontvang.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
2 Timoteus 1:1… Ek moet vir almal vertel dat dié wat in Christus Jesus glo altyd saam met God sal leef. God het dit beloof. 5 ….. hoe opreg jy op die Here vertrou.  8 Jy moet dus nooit skaam wees om van ons Here te getuig nie. God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het om die swaarkry wat Christenskap mag bring, saam met my te kan verdra. God het ons mos weer sy vriende gemaak en gevra om net vir Hom te leef.
13  Vertrou op die Here en wees lojaal teenoor Hom en almal wat Syne is.14 Kyk mooi na al hierdie pragtige dinge wat God vir jou gegee het. Die Heilige Gees wat in elkeen van ons is, sal jou help om dit goed op te pas.

2 Timoteus 2: 1 My liewe seun, al die goeie dinge wat God jou so onverdiend gee omdat jy 'n Christen is, moet jou motiveer en sterk laat staan.2 Jy en baie ander het gehoor wat ek alles oor die Christelike dinge vertel het. Vertel dit nou weer vir mense wat jy kan vertrou sodat hulle dit weer vir ander kan vertel.
15 Doen jou bes om jou werk so te doen dat God trots sal voel op jou. Dan sal jy nie skaam hoef te voel omdat jy die boodskap van die Here so vir ander vertel dat hulle kan leer wat die waarheid regtig is nie.
19  "Elkeen wat openlik sê dat hy aan die Here behoort, moet wegbly van alles wat verkeerd is."
21 As iemand ontslae geraak het van al die verkeerde dinge in sy lewe en God het hom vergewe, is hy so spesiaal soos een van daardie mooi, duur bakke. Hy sal net aan die Here behoort en sal reg staan sodat sy Here hom vir enigiets kan gebruik, net waarvoor sy Here hom nodig het.
22 Maak dat jy wegkom van al die verkeerde dinge wat vir 'n jongmens so lekker lyk en wat hy dan so graag wil doen. Gebruik liewer jou energie op 'n ander manier. Probeer liewer reg lewe, op God vertrou en lojaal wees teenoor Hom en die ander Christene. Bewaar die vrede en werk saam met almal wat in 'n opregte verhouding met die Here staan.
23 Moenie in belaglike argumente betrokke raak en met mekaar sit en stry nie, want dit sal net maak dat julle aan die baklei raak.24 Iemand wat vir die Here werk, moet nie baklei nie.25 Nee, hy moet liewer gaaf wees met almal. Hy moet liewer 'n goeie onderwyser van God se dinge wees en hom nie vererg as ander iets verkeerds teen hom doen nie. As ander met hom wil stry oor wat God sê, moet hy hulle mooi op die regte pad help.

2 Timoteus 3:10 …Jy ken ook my liefde vir ander en weet hoe geduldig ek met mense kan wees.
15 Toe jy nog klein was, het jy al die Skrif gelees. Jy kan baie daaruit leer, soos hoe 'n mens se saak met God weer reggemaak kan word deur op Christus Jesus te vertrou. 16 Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef.17 Op dié manier sal iemand wat God s'n is, weet wat God van hom verwag en só reg wees om behoorlik vir God te kan werk.

2 Timoteus 4: 2 Met God en Jesus as getuie sê ek vir jou: vertel vir almal die boodskap van God. Jy moet altyd reg wees om dit te doen, maak nie saak wanneer nie. As ander 'n klomp onsin vertel, help hulle reg. As hulle nie wil luister nie, praat kwaai met hulle en as iemand moedeloos is, praat hom moed in. Wees geduldig terwyl jy mense stap vir stap help om God se dinge beter te verstaan.
5 Maar jy moet nie dieselfde fout maak nie. Bly wakker en hou altyd kop. As dit jou in die moeilikheid bring, moenie bang word nie, maar hou aan om die mense van God te vertel, want dit is jou werk. Doen alles goed wat jou werk van jou vra.

No comments:

Post a Comment