Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: 3 Johannes


3 Johannes
1.     Eenjaar Leesrooster:
19 Desember             -           Lees die boek 3 Johannes
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
3 Johannes :


Vers 1-8
Vers 9-10
Vers 11-14
Gawe van
Gevaar van
Getuies van
gasvryheid
grootdoenerigheid
goedheid
Gaius
Diotrefes
Demetrius

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:

3 Johannes

Leef gasvryheid uit – dis liefde teenoor jou naaste.
As jy die Goeie Nuus vir jouself hou, ontken jy die geldigheid daarvan.

4.      Opsomming van 3 Johannes:

3 Johannes

3 Johannes is 'n persoonlike brief aan 'n spesifieke persoon.

Maar dit leer ons as christene dat dit ons plig is om evangeliste / sendelinge te ontvang en te ondersteun en te help om hul werk te verrig en God se Woord te verkondig.

Ons mag nie (kerk)leiers belaster en beskinder nie; en ons moet hou by die reels en nie ons eie kop volg  - om ons self te verhoog nie.

3 Johannes 1:1 - 4
Inleiding van die brief waar die skrywer homself identifiseer. Groet die ontvanger van die brief met seenwense en die weergee van inligting wat oor hom en mede-christene ontvang is.

3 Joh 1:5 - 8
Bedank die geadresseerde omdat hy mede-christene help om hul opgelegde taak om God se Woord te verkondig, te kan uitvoer. Ook omdat hy met dade wys dat hy sy liefde vir God en sy mede-mens uitleef.

3 Joh 1:9-11
Johannes waarsku ons om nie verkeerde voorbeelde na te volg nie. En om nie ons eie eer te soek nie - en ander mense te belaster nie.
Hy moedig ons aan om die regte voorbeeld te volg: Jesus Christus sin - en God se liefde en genade te LEEF.

3 Joh 1: 12
Johannes gee 'n goeie getuigskrif vir 'n mede-christen.

3 Joh 1: 13 - 15
Afsluiting van die brief: spreek die hoop uit om spoedig die ontvanger persoonlik te sien.
Stuur groete aan mede-christene.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:

3 Johannes 1:2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.

3 Johannes 1:5  Geliefde vriend, jy tree betroubaar op in wat jy ook al vir die gelowiges doen, selfs al is hulle vreemdelinge.  8 Ons moet sulke mense ondersteun, sodat ons saam medewerkers kan word in diens van die waarheid.

No comments:

Post a Comment