Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: Filippense


Filippense
1.     Eenjaar Leesrooster:
27 November              -           Lees die boek Filippense
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Filippense :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Bly onder
Bly in die
Bly in
beproewings
bediening
Christus

"Wees altyd bly in
die Here"  (4:4)
Hoofstuk 4


Bly in


liefdegawes



3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Filippense
“Wees altyd bly in die Here!!”(4:4)
Die geheim van die christelike lewe se volheid, is vreugde.
Jou lewe is ‘n voorbeeld vir ander – of jy dit wil hé of nie, want die mense om jou beoordeel christen-wees
aan wat hulle in jou lewe sien!
Dus, is jy “altyd bly”(4:4)? Of is jy gedurig besorg oor alles, omdat jy die krag van gebed onderskat (4:6)?
Wys jy daagliks dat die “vrede van God wat alle verstand te bowe gaan” deur jou lewe werk” (4:7)?
Dink hieroor en bid vir waar jy tekort skiet, sodat jy deur jou woorde en dade voortaan ‘n model-christen
kan wees.

4.     Opsomming van Filippense:

Filippense


Paulus skryf hierdie vanuit die tronk in Rome aan die gemeente wat hy in Fillipi gestig het. Die doel van die brief is om hulle te bedank vir die finansiele hulp en ondersteuning wat die gemeente aan hom verleen. Hy gebruik ook die geleentheid om hulle te bemoedig en te versterk in hul geloof - en hulle aan te moedig om te alle tye met blydskap vervul te wees, omdat hulle deur en in Christus, die bron van alle blydskap, leef.
(Blydskap is gebou op die vaste versekering van God se liefde en Sy betrokkendheid by ons, die wete dat Hy altyd daar is - by jou is!!).

Fillipense 1:
Paulus gee sy persoonlike omstandighede weer (tronkstraf); hy doen voorbidding vir die gemeente en spreek sy blydskap oor hulle uit.
Hy is bly oor sy gevangenisskap omdat dit hom meer geleenthede bied om die evangelie te verkondig.

Fillipense 2:
Paulus versoek die gemeente om te volhard, hy doen 'n oproep tot eensgesindheid en om soos verloste mense te leef.

Fillipense 3:
Paulus moedig die gemeente aan om hulle daarop toe te sprits om 'n diepe, innige verhouding met Jesus Christus na te jaag - want dit is waarom alles gaan. Hy getuig weer sy blydskap met die lewe - en dit terwyl hy in die tronk is - want Jesus Christus is sy begin en einde. (3:8-10)
Laat ons dit nastreef!!!

Fillipense 4:
Paulus sluit af deur weer te vra vir eensgesindheid en dat die gemeente reg sal dink en reg sal doen.


5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
Filippense 1: 27  Gedra julle altyd so dat julle 'n advertensie vir Christus is.

Filippense 2: .. Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewer op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. 3 Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees.4 Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink. 14 Doen alles sonder om te kla of te stry. … Vir hierdie mense in die geestelike donker moet julle van Christus vertel sodat hulle ook die ware lewe kan kry.

Filippense 3:1  moenie dat enigiets julle onderkry nie. Wees altyd oortuigend en opgeruimd. Julle is mos Christene wat die Here ken.

Filippense 4: 4 Julle hart behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees.5 Moenie vergeet om almal mooi te behandel nie. Die Here kom mos binnekort terug. 6 Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel.  7 Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer. 8 Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in 'n goeie lig stel.

No comments:

Post a Comment