Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: 2 Petrus


2 Petrus
1.     Eenjaar Leesrooster:
16 Desember             -           Lees die boek 2 Petrus
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
2 Petrus :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Groei
Groei
Groei
in genade
in Kennis
in verwagting
"Word groot !"
"Wees versigtig !"
"Wag getrou !"

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
2 Petrus
Groei in christelike volwassenheid; wanneer ‘n mens God se Woord verontagsaam, sal dit op die ou end uitloop op jou eie vernietiging.
Vir geestelike groei is die volgende aspek baie belangrik:
Deugsaamheid, Kennis, Selfbeheersing; Volharding; Toewyding aan God (godsvrug); Liefde onder mekaar; en liefde vir alle mense.

4.      Opsomming van 2 Petrus:

2 Petrus

Hierdie brief waarsku ons teen vals leraars, herinner ons aan die ware geloof en bemoedig ons om in die geloof te groei.

Baie soos Judas se brief.

2 Petrus 1:
Die christen se roeping en verkiesing.
Die verheerliking van Jesus Christus; en die boodskap van die profete.

2 Petrus 2:
Vals leraars en hul dwaalleer.

3 Petrus 3:
Die wederkoms van die Here Jesus en die oordeelsdag

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
2 Petrus 1:5 …..moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het. Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. 'n Goeie leefstyl bring weer mee dat jy God beter leer ken.6 As 'n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring weer mee dat 'n mens kan uithou en aanhou, en hierdie volharding loop uit op 'n lewe naby aan God.7 'n Lewe naby aan God skep liefde vir ander gelowiges, en uiteindelik is dit hierdie positiewe houding teenoor medegelowiges wat meebring dat jy almal liefhet.8 Hoe meer julle op hierdie wyse groei, hoe meer sal die feit dat julle ons Here Jesus Christus ken, veroorsaak dat julle nie nutteloos en geestelik onproduktief is nie.9 Mense wie se lewe nie wys dat God se beloftes in hulle waar geword het nie, is blind, of - ten minste - kortsigtig. Hulle het klaar vergeet dat God hulle gereinig het van hulle vorige sondige leefstyl.10 Daarom, broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
2 Petrus 3:11 Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe!
2 Petrus 3:17 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie saamgesleep word deur die dwaling van hierdie slegte mense nie. Ek wil nie hê dat julle julle eie standvastigheid verloor nie.18 Sorg liewer dat julle steeds groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

No comments:

Post a Comment