Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: Galasiers


Galasiers
1.     Eenjaar Leesrooster:
25 November              -           Lees die boek Galasiers
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Galasiérs :


Hoofstuk 1-2
Hoofstuk 3-4
Hoofstuk 5-6
Goddelike gesag,
vryheid,
Gees,
nie eie mening nie
nie verslawing nie
nie menslike natuur nie
vryspraak
vryheid
volheid

3        Opsomming van “Walk through the Bible”:

Galasiers
Galasiers is die handves vir christelike vryheid.
Daar is slegs EEN vrug van die Gees – wat bestaan uit 9 deugde – wat slegs ‘n christen deurgaans
kan handhaaf, omdat slegs ‘n christen die Heilige Gees het wat bo-natuurlike lewe na buite kan
bewerkstellig – ‘n lewe gekenmerk deur vreugde, vrede, liefde (jou gesindheid van binne); geduld,
vriendelikheid, goedhartigheid (jou gesindheid na buite) en getrouheid, nederigheid, selfbeheersing
(jou gesindheid na God)

G
E
T
R
O
U
----
N
E
D
E
R
I
G




 
VREUGDE
VREDE
LIEFDE
 


                                   GEDULD    GOEDHARTIG                                    VRIENDELIKHEID
  
  S
   E
    L
    F
    B
    E
     H
     E
     E
     R


4        Opsomming van Galasiers:

Galasiers


Paulus spreek die gemeente van Galasie baie ernstig aan omdat hulle dwaalleringe volg deur te glo hul saligheid en redding kan bewerk word deur die Joodse godsdienstige wette te onderhou - i.p.v om Jesus Christus se verlossing te aanvaar en te glo dat dit hul God as se erfgename bevestig.
Slegs geloof in Jesus Christus kan ons toegang tot God se koninkryk verseker!!!
Galasiers 1:
Daar is geen ander evangelie as die dood en opstanding van Jesus Christus nie. Slegs deur geloof in JC, kan jy verlos en gered word.
Paulus se lewe bewys dat JC ons vir Hom en die konkryk uitkies - om sonde-vrye kinders van God te wees.
Galasiers 2:
  • Ons ontvang die Heilige Gees deur geloof - nie deur enige wette te onderhou nie.
  • Deur JC kan enige iemand 'n kind van God wees.
  • God se kinders moet soos slawe leef nie (gebind deur wette nie).
Galasiers 3:
God het Sy beloftes vir ons laat waar word deur JC - daarom word ons nie meer deur die wet gebind nie.
Ons moet nie toelaar dat ons Christelike godsdiens verdraai word en ons vasgevang word deur mensgemaakte reels, rituele en wette nie. Ons moet die enigste en ware van JC uitleef en verkondig.
Galasiers 4:
Kinders van God moet nie leef soos slawe nie. Ons is vrygekoop deur JC se bloed en opstanding.
Galasiers 5:
JC het ons vrygemaak - moenie weer in slawerny verval nie.
Die Heilige Gees maak van ons nuwe mense - leef as nuwe mens; soos God van jou verwag: in liefde. Lewe altyd in goeie gedrag.
Die vrug van die Gees:
  • liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
  • Die Gees van God moet te alle tye jou gedrag, optrede, woorde en denke bepaal.
Galasiers 6:
Leef in liefde met almal - dra mekaar se laste; doen goed aan almal.
Glo in en vertrou op God - met vreugde, blydskap en danksegging!!
     
5          Handleiding vir ‘n christelike lewe:
Galasiers 2: 20 Nou leef ek deur geloof. My hele bestaan draai om die Seun van God.
Galasiers 5: 14 Die hele wet van God word in een enkele sin opgesom: "Jy moet vir ander mense net soveel omgee soos vir jouself." 16 Julle moet julle lewe deur die Heilige Gees laat beheer. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat julle dink en doen en sê. Dan sal die sonde julle nooit onderkry nie. 18 As julle lewe deur die Heilige Gees beheer word, hoef julle nie meer al die reëls en voorskrifte van die wet te gehoorsaam nie. Aan die ander kant kan 'n mens duidelik sien watter mense se lewe deur die Heilige Gees beheer word.22 Net soos 'n boom wat 'n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. 25 Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen.26 Kom ons hou dadelik op om so baie van onsself te dink. Ons mag nie onder mekaar stry of op mekaar jaloers wees nie.
Galasiers 6: 1 My broers en susters, as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel. Tree vol deernis op. Maar pas op sodat julle self nie voor die sonde swig nie.2 Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag. Dit is immers sy wet dat julle mekaar moet liefhê.

No comments:

Post a Comment