Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: Judas


Judas
1.     Eenjaar Leesrooster:
20 Desember             -           Lees die boek Judas
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:

Judas :



Vers 1-3
Vers 4-16
Vers 17-25

Behou
Onthou
Bou

julle geloof
God se oordeel
julle geloof

veg
veroordeel
vermaan





3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Judas
Wees gewaarsku teen vals leraars.
Fokus op gebed, wag op Christus en ontferm julle oor mekaar (v.20-23)


4.      Opsomming van Judas:
Judas

1. Die boek Judas se boodskap is 'n waarskuwing aan ons as christene om versigtig te wees en te waak teen vals christene, wat ons met hul persoonlike begeertes op die verkeerde pad wil lei.
2. Tweedens leer dit ons om voortdurend te bid- onder leiding van die Heilige Gees;

3. En om God deurentyd te loof en prysmet blydskap en vreugde.

4. Dit gee ook aan ons die opdrag om ander mense wat nie gered is nie, of wat afdwaal, te help en die Woord en God se genade aan hulle te verkondig.

Judas 1:1
Die skrywer stel homself bekend: deur na sy familie te verwys; en al die lesers as familie in God deur Jesus Christus te identifiseer.

Judas 1:2
Die skrywer groet die leser met 'n seen groet.

Judas 1:3
Die skrywer verduidelik die rede vir sy brief: waarom die tema van sy brief moes verander vanaf God se redingskrag in ons lewens - na 'n versoek dat ons die geloof wat God vir ons beskikbaar gestel het, moet beskerm.

Judas 1:4 - 16
Die skrywer waarsku ons teen vals mense met vals, sondige en goddelose leerstellings.

Hy gee voorbeelde uit die skrif van die straf wat hierdie sondige mense gaan tref. Ook profesiee wat daaroor gemaak is.

Ons word ook gewaarsku om 'n wag voor ons mond te plaas en nie ander te veroordeel nie - die oordeel en straf kom God toe. Slegs Hy kan daaroor besluit.

God sal die sondaars straf omdat hulle ander op 'n dwaalspoor bring en hul eie sondige natuur volg in plaas van om in Hom te glo en Sy opdrgate na te kom.

Judas 1:17 - 19
Judas waarsku sy lesers dat hierdie godelose mense die christene teen mekaar laat draai met hul vals leringe.

Judas 1:20 - 21
Judas moedig die christene aan om vas te staan in hul geloof;
en om voortdurend te bid in en deur die Heilige Gees.

Judas 1:22 - 23
Judas gee opdrag dat ons ander moet help.
Ons moet ongelowiges red deur God se genade te verkondig.
Ons moet die godelose mense so ver as moontlik vermy.

Judas 1:24 - 25
Met die afsluiting van die brief, beveel die skrywer ons om God te loof en prys vir Jesus Christus, ons Verlosser, wat ons die ewige lewe skenk.

Hy benadruk dit ook dat slegs God ons van afvalligheid kan beskerm en ons suiwer en vol vreugde in Sy wonderbare teenwoordigheid kan maak.

Daarom kom alle lof en eer en mag en gesag God toe - van ewigheid tot ewigheid!!!
AMEN!!

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:

Judas 1:9 het hy dit nie gewaag om 'n beledigende oordeel teen hom uit te spreek nie, maar hy het vir hom gesê: "Die Here sal met jou afreken."
Judas 1:20-23 Maar julle, geliefdes, moet aanhou om julleself op te bou op die fondament van julle allerheiligste geloof. Hou aan om te bid terwyl julle heg verbind bly aan die Heilige Gees. 21 Hou julle liefdesband met God in stand. Verwag die ontferming van ons Here Jesus Christus met die ewige lewe as einddoel.22 Dié wat nog besluiteloos is, moet julle met ontferming behandel.23 Red ander deur hulle uit die vuur te ruk.

No comments:

Post a Comment