Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: 1 Johannes


1 Johannes
1.     Eenjaar Leesrooster:
17 Desember             -           Lees die boek 1 Johannes.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
1 Johannes :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2-3
Hoofstuk 4-5
Voorvereiste
vorms
versekering
vir verbintenis
van verbintenis
uit verbintenis
belydenis
bedryf
bevestiging


3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
1 Johannes
God is lig : dus moet ons in die lig van Sy gebooie leef
God is liefde: daarom moet ons in liefde lewe.
God is lewe: daarom moet ons die volheid van lewe geniet – lewe deur Sy Gees.

4.      Opsomming van 1 Johannes:
1 Johannes

1 Johannes bevestig en getuig dat Jesus Christus waarlik God is en mens geword het om ons sondes te kom vergewe en so aan ons die ewige lewe verseker.

1 Johannes moedig ons as christene aan om te wees wie ons is in Christus; en ons geloof te LEEF (sondeloos, liefde, kinders van God=ewige lewe, vertroue, waarheid & sekerheid)- in volkome gehoorsaamheid aan God en met naaste-liefde.

Dit waarsku ons om sterk te staan in ons geloof en weg te bly van die leringe van vals leerstellings.

1 Johannes 1:
Jesus Christus is die Woord wat Lewe is.
God is lig - wandel in die Lig.

1 Johannes 2:
Jesus is ons voorspraak by God ons Vader.
Moenie die wereld liefhe nie.
Oppas vir antichriste.
Identifiseer as kind van God.

1 Johannes 3:
Leef God se liefde vir mekaar.
Lewe met 'n goeie gewete voor God.

1 Johannes 4:
Waarskuwing teen vals profete.
God is liefde.

1 Johannes 5:
Liefde = geloof.

Getuienis oor Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker.
Ons ken die ware God.
5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
1 Johannes 1:6 Ons optrede weerspieël nie die waarheid nie.7 As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde.8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie.9 As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.
1 Johannes 2: 1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het 'n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. 3 En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. 4 As iemand sê: "Ek leef in 'n persoonlike verhouding met God," maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só 'n persoon 'n leuenlewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie. 5 Wie egter sy woord gehoorsaam, in só 'n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.6 Dié wat beweer dat hulle in 'n noue verbintenis met Hom leef, moet self ook leef soos Hy geleef het.
1 Johannes 2:10 Enigeen wat sy medegelowiges liefhet, leef in 'n verbintenis met die lig en is nie 'n bron van struikeling vir ander nie.
1 Johannes 2:15 Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê.
1 Johannes 2:27 Julle het immers die Heilige Gees ontvang van Hom wat in 'n hegte verhouding met julle leef; daarom het julle nie behoefte daaraan dat iemand julle onderrig nie. Sy Gees lig julle immers oor alles in, en wat Hý sê, is die waarheid en nie 'n leuen nie. En soos Hy julle geleer het, moet julle ook in 'n hegte verhouding met Hom leef.
28 En nou, kinders, leef in 'n hegte verhouding met Hom sodat, wanneer Hy ook al verskyn, ons die vrymoedigheid kan hê om nie beskaamd te staan by sy koms nie.
1 Johannes 3:6 Elkeen wat in 'n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie 'n begrip van Hom nie.
1 Johannes 3:11 Dít is die boodskap wat ons van die heel begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. 17 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om 'n helpende hand uit te steek - hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?
18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.19 Deur ons optrede sal ons weet dat ons getrou aan die waarheid lewe en dat ons ons gewete voor Hom tot rus kan bring. 20 Maar selfs wanneer ons gewete ons sou aankla - God is groter as ons gewete en Hy weet alles. 21 Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan.22 Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak.23 En dit is sy opdrag: Ons moet glo in die persoon van sy Seun, Jesus Christus, en ons moet mekaar liefhê, net soos Hy aan ons die opdrag gegee het.24 Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in 'n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in 'n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.
1 Johannes 4:1 Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom.2 Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig.
1 Johannes 4:11 Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê. 15 Almal wat openlik erken dat Jesus die Seun van God is - God handhaaf 'n hegte verhouding met hulle en hulle met God.21 Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: As ons God liefhet, moet ons ook ons broer en suster liefhê.
1 Johannes 5:1 Elkeen wat glo en bely dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook sy kinders lief.2 Hieraan weet ons dat ons moet aanhou om die kinders van God lief te hê: wanneer ons God liefhet en sy opdragte uitvoer.3 Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons Sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie,4 want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.
 1 Johannes 5:21 Kinders, loop tog wakker vir die afgode!

No comments:

Post a Comment