Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: 2 Johannes


2 Johannes
1.     Eenjaar Leesrooster:
18 Desember             -           Lees die boek 2 Johannes
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
2 Johannes :



Vers 1-4
Vers 5-6
Vers 7-11
Vers 12-13
n dankbare
n belangrike
n ernstige
n broederlike
aanbeveling
opdrag
waarskuwing
afsluiting
"Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie" (9)

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:

2  Johannes
Handhaaf balans in jou geestelike lewe: leef in liefde en waarheid, maar wees ook bedag op vals lering en vermy dit.
Is jou lewe ingestel op tyd – of die ewigheid?

4.      Opsomming van 2 Johannes:

2 Johannes

2 Johannes is 'n brief aan 'n gemeente waarin hul aangemoedig word om mekaar LIEF te he' en so God se opdragte na te kom: leef God se liefde!!

Die gemeente word gewaarsku om nie die leringe oor christenskap te verander nie, maar om in God se waarheid te bly.
Moenie meng met dwaalleraars nie - hul verlei jou na die verderf.

2 Joh 1:1 - 3
Die skrywer indentifiseer homself aan die gemeente. Hy verpersoonlik die gemeente om na hul te verwys as 'n moeder met haar kinders. Hierdie "gesins beeld" is 'n verwysing en sinspeling op die liefde in die gemeente - soos wat van christene verwag word.

2 Joh 1:4 - 6
Johannes is baie bly dat hierdie gemeente erns maak met die liefde van en vir God en medemens. Hulle leef waarlik God se opdrag van liefde uit.

2 Joh 1: 7-11
Johannes waarsku die gemeente om nie dwaalleraars te volg wat hul van God se wee probeer weglok nie. Hy is so ernstig daaroor dat hy hulle beveel om hierdie mense nie eens te groet nie, want dit kan dan dalk lyk of hul hul foutiewe optrede en beginsels goedkeur.

Moenie christelike beginsels verander nie. Staan sterk in God se opdraagte; dan sal God by jou wees.

2 Joh 1:12 -13
Johannes groet die gemeente en stuur ook groete vanaf die gemeente waar hy tans is.
Hy spreek die hoop uit om die gemeente spoedig persoonlik te besoek en te bemoedig.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:

 2 Johannes 1:5 En nou dring ek daarop aan, geagte Vrou, dat ons moet aanhou om mekaar lief te hê. 6 Liefde bestaan daarin dat ons moet aanhou om volgens Sy opdragte te leef.
2 Johannes 1:10 As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer met hom saambring nie, moet julle hom nie aan huis ontvang nie en julle moet hom nie eers groet nie. (Weerstaan vals leringe)

No comments:

Post a Comment