Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: 1 Timoteus


1 Timoteus
1.     Eenjaar Leesrooster:
4 Desember                -           Lees die boek 1 Timoteus.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
1 Timoteus :


Hoofstuk 1-3
Hoofstuk 4-6
Hoofstuk
Aanwysings vir ….
probleme met
…….
dienaars dames  dienswerkers
afvalligheid  agtergeblewenes
afbrekendheid
kerklike organisasies
kerklike
werksaamhede

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
1 Timoteus
Gedurige geloofstoetsing kweek sterk christene.
(2:1-2) roep ons op om vir alle mense , die regering en gesagsposisies te bid - Ernstig te bid.
 (die genesing van ‘n bysiende visie is ‘n versiende gebed.)

4.     Opsomming van 1 Timoteus:
1 Timoteus

Paulus skryf aan Timoteus om hom te bemoedig en te versterk in sy bediening.
Reels en karaktertrekke word vasgestel van hoe gemeentes moet funksioneer - soos 'n gesin.
Timoteus word beopdrag om dwaalleraars teen te staan en aan te hou om God se Woord te verkondig.
Sorg vir weduwees en jou eie familie. Waak teen geldgierigheid - doen liewer goed met dit wat God aan jou gee.

1 Timoteus 1:
Paulus verduidelik vir wie die wet nog daar is - vir die wat God nog nie ken deur Jesus Christus nie, en wat verkeerd leef.
Paulus verduidelik ook dat Jesus nie opgee op sondaars nie - Hy het gekom sodat almal gered kan word wie in Hom glo.

1 Timoteus 2:

Ons kry die opdrag om te BID - en te vertrou dat God ons gebede sal verhoor.
Jesus het gekom om ons kinders van God te maak.

1 Timoteus 3:
Paulus verduidelik wat 'n leier in die gemeente se karakter-trekke moet wees.
Asook die van 'n diaken in die gemeente.
Vroue het ook 'n plek in die gemeente - hulle lewens moet reg wees om in die gemeente diens te kan doen.

1 Timoteus 4:
Wees gewaarsku teen godeloses wat christene op 'n dwaalspoor bring.
Hou aan om God se Woord te verkondig.

1 Timoteus 5:

Sorg vir weduwees en jou eie familie. Wie as weduwee kwalifiseer, word verduidelkik.
Vermaan die wat fouteer.

1 Timoteus 6:

Waarskuwing teen geld.
Volhard in die geloof en leef naby aan God.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
1 Timoteus 1:1 Ons vertrou mos vir Jesus om al God se beloftes vir ons waar te maak.
3. jy moet sorg dat daardie vals predikers end kry met al die verkeerde dinge wat hulle van God vertel. 4 'n Gelowige sal mos eerder God se werk wil doen.
19 Moenie iets doen waaroor jy sleg sal voel nie en vertrou Jesus Christus.

1 Timoteus 2:1 Die eerste ding wat ek vra, is dat julle vir almal moet bid. Vra dat God almal moet help met wat hulle nodig het en sê vir God dankie daarvoor.
4 God wil hê alle mense moet na Hom toe kom en by Hom leer wat waar is.
8  As julle saambid, wil ek hê dat julle met oorgawe moet bid. Verwag ook dat die Here julle gebede sal beantwoord, mits julle nie kwaad is vir mekaar of oor alles stry en baklei nie.
15 ….Sy moet God ook liefhê en net vir Hom lewe.

1 Timoteus 3:  Lees om karaktertrekke te ondek wat nodig is om ‘n leier / dienaar in die gemeente te wees.

1 Timoteus 4: 5 Deur gebed sê ons vir Hom dat ons Hom erken as die Een wat alles gemaak het.
6  Jy sal doen wat Christus Jesus van jou as sy werker vra as jy die mense van hierdie gevare vertel. Die boodskap waarin jy glo, moet jou sterk maak. 11 Ja, wys vir hulle hoe 'n Christen moet liefhê en op God en Christus moet vertrou, en hoe skoon 'n Christen se lewe moet wees.
13 Hou aan om vir mense uit die Skrif voor te lees en praat met hulle daaroor sodat hulle ook meer van God se boodskap kan verstaan.

1 Timoteus 5:1 .. Jy moet hulle altyd so behandel dat hulle jou sal respekteer. 3 Kyk mooi na die weduwees wat werklik niemand het om vir hulle te sorg nie.4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, moet jy hulle leer dat godsdiens in jou eie huis begin. Om vir jou eie familie te sorg en op dié manier dankie te sê vir wat jou pa en ma of ouma en oupa alles vir jou gedoen het, is godsdiens in aksie. 10 …Die leuse van haar lewe moet wees: doen goed aan ander.
17 ….veral as hulle vir ander van die Here vertel en hulle help om al hoe meer van God se dinge te verstaan. 20 As iemand iets verkeerds gedoen het, moet daar voor almal streng met hom oor sy fout gepraat word. 21 ….Jy moet almal gelyk behandel.

1 Timoteus 6:11 Bly weg van al hierdie slegte dinge af. Doen eerder jou bes om so te leef dat God met jou tevrede voel. Hou aan om op God te vertrou en om oor te loop van liefde vir ander. Moenie moed verloor nie en hanteer ander mense altyd mooi sodat hulle goed voel om by jou te wees.

No comments:

Post a Comment