Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: Hebreers


Hebreers
1.     Eenjaar Leesrooster:
Des. 8
Hebr.1-2
9
3-4
10
5-7
11
*
12
8-10
13
11-13


2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Hebreérs :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
n groter Profeet
n Verhewe saligheid
gevolge in die verlede
n groter Gestuurde
n verhewe Leidsman
deur ongeloof
Christus, Seun van God
Christus, Redder van mens
Christus, groter as Moses



Hoofstuk 4
Hoofstuk 5
Hoofstuk 6
gevare in die hede
Christus, 'n
Christus, 'n
deur ongeloof
beter Priester
beter fondament
Christus, groter as Josua
sondeloos
onveranderlik



Hoofstuk 7
Hoofstuk 8-9
Hoofstuk 10
Christus se
n beter verbond
n beter
beter priesterskap
2 verbonde teenoor mekaar
offerande
tydloos
"Christus (is) 1x geoffer om die
sonde van baie weg te neem"



Hoofstuk 11
Hoofstuk 12
Hoofstuk 13
voorbeelde
volharding
voortgang
van die geloof
in die geloof
van die geloof
aartsvaders
aanhou uitleef
aktief beoefen

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Hebr 1-2
Godsdiens is die mens wat God opsoek; christenskap gaan oor God wat die mens opsoek.
Dis maklik on ‘n lewende verhouding met God met mensgemaakte tradisies en prestasies te vervang. Beoordeel ‘n bietjie die “godsdienstige praktyke”in jou lewe. Help dit om jou verhouding met God te bevorder, of weerhou dit jou daarvan om Hom en Sy Woord beter te leer ken?
Hebr 3-4
Opsomming van Hebr.:
  Hfst          Benaming                                           Fokus
      1            Christus, die Seun van God                 Godheid                                                                                
     2-3           Christus, die Seun van die mens       Mensheid                                                                                            
     4-10        Christus, die Hoépriester                    Bediening
    11-13       Christus, die verhewe Weg                Voorbeeld
Hebr 5-7
Christus se bestaan is ewig en Hy verdien ons eer as die volkome Hoépriester. Hy gee sy lewe as offerande een maal, vir altyd. Sy priesterskap het nie’n begin of einde nie.
6 grondstene van die geloof: bekering, geloof, doop, handoplegging, opstanding van die dooies en die ewige oordeel.
Onthou: JC vir ons bring volkome vryspraak voor ‘n heilige God; en JC in ons gee al die krag wat ons in ‘n goddelose wereld nodig het.
Hebr 8-10
     Offerandes onder die wet (10:1-4)                       Offer van Christus (10:5-18)
       ‘n Skadubeeld van wat sou kom                               Die egte werklikheid
        Gedurig herhaal                                                          Een maal – vir altyd
        Herinner aan die sondes                                           Verwyder die sondes
        Dierebloed                                                                   Christus-bloed
Hebr 11-13
Volhard in die geloof: dit vra ‘n lewe wat aan God se beloftes vashou, wat die omstandighede ook mag wees.
Geloof is die waagstuk om iets aan te pak te spyte van wat die gevolge ook mag wees.
Laat jou optrede deur God se opdragte en beloftes aangevuur word, selfs al kan jy nie sien hoekom God dit alles van jou verwag nie.
Hfst 13 gee praktiese wenke vir ‘n christen wat die lewe wil lei wat God sal bly maak.

4.     Opsomming van Hebreers:

Hebreers


Hierdie is nie 'n brief nie, maar wel 'n preek wat aan Christene gestuur is. Die hoof doel is om christene aan te moedig om te volhard in hul geloof; en om te verduidelik dat Jesus Christus vir ons sondes ingetree het as Hoofpriester - daardeur is ons sondes vergewe en het ons vrye toegang tot God verkry. Ons kan uitsien na die beloftes van God wat vir ons waar geword het in Jesus Christus se offer aan die kruis: ons is vry, sonder sonde en kinders van God wat die ewige lewe verkry het.

Christene word ook aangemoedig om in/op God te vertrou deur geloof; Hom te vereer en te verheerlik en die liefdesgebod te leef.

Hebreers 1: Jesus Christus is die Seun van God; Hy is ons Verlosser en Saligmaker. Hy sit aan die regterhand van God, want Hy is God - die Almagtige.
Hy is ver verhewe bo enige hemelwese / engel. Engele voer slegs God se opdragte uit om mense te help.

Hebreers 2: JC is Heerser oor alles. Hy het hierdie gesag ook aan ons mense gegee. Ons moet heers soos JC ons die opdrag gegee het. Maar ons moet versigtig wees om nie af te dwaal van Sy leer en ons geloof nie.
Deur Sy redding het ons die ewige lewe geerf. Ons hoef nie meer die duiwel of die dood te vrees nie. Ons is nou erfgename van God, omdat JC ons hoepriester is wat vir ons intree by God ons Vader.

Hebreers 3: Vertrou volkome op God, luister na Sy opdragte en behou die hoop op die ewige lewe. Moenie afvallig raak nie, maar hou vas aan jou geloof in en op JC.
Bemoedig mekaar en keer dat mede-gelowiges afvallig raak. Want alles wat JC sin is, sal ook ons sin wees in die ewige lewe by God.

Hebreers 4: Ons bely dat ons God vertrou, want JC behartig ons saak by God.
Ons hoef dus nie bang te wees om na God te gaan nie. God sal aan ons baie meer gee as wat ons ooit verdien, en ons met Sy liefde omvou.
Hebreers 5: God self het Jesus as Hoepriester vir ons gekies - omdat Jesus altyd in en deur alles aan God gehoorsaam was.

Hebreers 6: Ons moet nie ons geloof verloor nie. Ons moet volwasse christene word deur altyd te glo, op God te vertrou en ander te help.
Jesus Christus sal vir ons intree by God. God is getrou en regverdig - Hy sal nie Sy beloftes verbreek nie: daarom kan ons met sekerheid vashou aan Sy beloftes aan ons (die ewige lewe is ons sin deur JC).

Hebreers 7: God het Jesus met 'n eed Hoepriester gemaak - Hy het met een offer ons sondes vergewe - Hy is sonder sonde en volmaak; daarom kan Hy die wet vervang en ons Hoepriester wees (selfs al is Hy nie van die Levi-stam nie).
Jesus staan vir ons by God in - Hy wis ons sondes uit - met Sy bloed-offer.

Hebreers 8: Jesus het vir ons die nuwe verbond met God bewerkstellig - daardeur kan ons nou 'n direkte, persoonlike verhouding met God he. God sien nie meer ons sonde en foute raak nie, Hy dink nie eens meer daaraan nie, omdat Jesus se offer ons sondes weggewas het.

Hebreers 9: Omdat Jesus as ons Hoepriester die volmaakte bloedoffer met Sy kruisdood vir ons gebring het, hoef ons nie bang te wees a.g.v ons sondes, om voor God te verskyn nie. Ons het nou direkte toegang tot God, omdat Jesus ons Sy erfgename gemaak het.

Hebreers 10: Jesus se gehoorsaamheid aan God het die ou verbond vervang - en ons aanvaarbaar en sondevry vir God gemaak.
Jesus se bloed het ons skoon gewas van ons sonde; dit verseker ons ook dat al God se beloftes vir ons is. Daarom moet ons nie weer sondig nie.
Vertrou voortdurend op God!!

Hebreers 11: Geloof/vertroue is om met absolute sekerheid te weet God sal Sy beloftes nakom. En hierdie beloftes is ook spesifiek vir my!!
God is almagtig - Hy sal gee wat Hy beloof het. Hy sal jou alles gee wat jy benodig (in elke situasie).
Onthou: God het ander, baie beter planne met ons wat Sy kinders is deur Jesus Christus!!!

Hebreers 12: Volg Jesus se voorbeeld van gehoorsaamheid en vertroue - dan sal jy nooit moedeloos raak en tou opgooi nie.
God wys Sy kinders wat Hy lief het, tereg. Wees bly daaroor! God se straf of teregwysing leer ons om heilig te leef - streef daarna om by God te leer, te doen wat Hy vra en kry so God se vrede.
Wees entoesiasties oor jou christenskap. Leef so dat die wereld jou beny omdat jy 'n christen is. Help mekaar. Leef so dat God trots is op jou.
Laat ons God dien met eerbied en respek.

Hebreers 13: Wees lojaal, gasvry, he meegevoel vir ander, wees getrou in verhoudings, wees tevrede met wat jy het, vertrou op God, moenie afdwaal van jou geloof nie, loof en prys God te alle tye in, deur, vir en met alles!! Wees goed vir ander en wees mededeelsaam
Bid voortdurend.
"Mag hierdie God van vrede julle alles gee wat julle nodig het sodat julle kan doen wat Hy van julle verwag. Mag Hy deur Jesus in ons lewe dinge doen waarop Hy trots kan wees."

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
Hebreers 3:6  …..ons met moed en vertroue bly vashou aan ons toekomsverwagting. 7 Julle moet dus luister wanneer die Heilige Gees die volgende sê. 12 Maak seker dat daar nie by enigeen van julle 'n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie. 13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor.
Hebreers 4:3 Want net as ons glo, kan ons die rus binnegaan.
Hebreers 4:12 Die woord van God is vol lewenskrag en energie.
Hebreers 4:14 Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou.
Hebreers 4:16 Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.
Hebreers 6:1 Kom ons hou op om oor en oor te konsentreer op die basiese aspekte van Christenskap. Kom ons gaan eerder verder en word geestelik volwasse. Dit behoort tog seker nie nodig te wees om nog 'n keer die fondament te lê deur te praat oor die noodsaaklikheid dat ons ons van 'n ongelowige leefwyse moet bekeer en in God moet glo nie.
Hebreers 6:10  hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en dit nog steeds doen nie
Hebreers 10: 22 Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met 'n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van 'n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water. 23 Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het.24 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar - oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. 25 En laat ons tog nie - soos party gemeentelede die gewoonte het - versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. 26 As ons opsetlik bly sonde doen nadat ons die volle waarheid leer ken het, bly daar geen offer vir die sondes oor nie
Hebreers 10: 36 Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. 38 Dié mense wat My wil doen,
sal uit die geloof lewe. 39 Ons is egter nie mense wat ons tot ons eie ondergang laat afskrik nie. Nee, ons vertrou op God en daardeur sal ons lewe.
Hebreers 11:1 Wat is geloof dan? Dit is 'n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.
Hebreers 11:6 As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.
Hebreers 12:7 Wanneer God julle as sy kinders dissiplineer, verduur dit dan as deel van sy opvoedingsprogram. 14 Doen julle bes om in vrede met almal te lewe en beywer julle om 'n toegewyde lewe te voer, .. Moenie dat daar onder julle 'n loot van bitterheid opskiet wat moeilikheid veroorsaak en baie aansteek nie.16 Sorg dat niemand onder julle seksueel sondig of goddeloos optree
….ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien.
Hebreers 13:1 Julle moet mekaar steeds met ware broederliefde liefhê.2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie. 3 Moenie hulle wat in die tronk is, vergeet nie. 4 Respekteer die huwelik in alle omstandighede. Wees getrou aan julle huweliksmaats. 5 Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. 9 Pas op dat julle nie meegesleur word deur die bekoring van allerlei vreemde idees nie. 15 Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, 'n voortdurende offer van lofprysing aan God - 'n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely.16 Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.

No comments:

Post a Comment