Thursday 28 June 2012

Bybelstudie: 2 Korintiers


2 Korintiers
Paulus verdedig sy bediening teenoor die kerk van Korinte
1.     Eenjaar Leesrooster:
Nov. 22
2Kor.1-5
23
6-9
24
10-13

2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
2 Korintiérs :


Hoofstuk 1-2
Hoofstuk 3-5
Hoofstuk 6-7
Paulus as bemoediger
Paulus as apostel,
Bediening van opregtheid
Paulus as bedienaar
vervolgde & bemiddelaar
boodskap van lofprysing
apostoliese gesag verduidelik
apostoliese gesag verdedig
regstelling



Hoofstuk 8-9
Hoofstuk 10
Hoofstuk 11-12
bediening van rentmeesterskap
Paulus se
Paulus se verduurde pyn
bediening van dankoffers
verdediging
Paulus se visioene
rentmeesterskap
gesag
gestuurde



Hoofstuk 13


Paulus se


voornemens


gewaarsku



3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
2 Kor 1-5
Ons moet elke oomblik benut asof ons toekomstige ewigheid afhang van wat ons vandag sé en doen.
Sien die kwaliteit van christen wees as ‘n reuk: trek jou “reuk” mense aan, of stoot dit hulle af?
Kry mense die aangename geur van Christus in jou lewe?
       2 Kor 6-9
Hfst 8&9 = rentmeesterskap (wees vrygewig met jou gawes en liefdeswerk)
                           “Moenie …. In dieselfde juk trek nie: (6:14-16)
                                     reg                    onreg
                                     lig                     duisternis
                                    Christus            Belial (Satan)
                                    Geloof               ongeloof
                          Tempel van God         afgode
As jy by God ‘in’ is, is jy ’uit’ by die wereld wat nie in Hom glo nie.
       2 Kor 10-13
Jy sal nooit meer nodig hé as wat God kan gee nie.
Jy as christen is veronderstel om te spog – met God en wat Hy vir ons doen. “Hy wat roem, moet in
die HERE roem!!”(10:17)

4.      Opsomming van 2 Korintiers:

2 Korintiers


Paulus verdedig homself en sy posisies as apostel en evangelis teenoor die gemeente van Korinte.
Hy waarsku hulle weereens om hulle te laat mislei deur dwaalleringe nie.
Hy moedig hulle ook aan om om te gee vir ander gelowiges en te help waar hulle kan.
En om te lewe volgens die waarheid van Jesus Christus.
2 Korintiers 1 & 2:
Paulus verduidelik sy bediening; en ook sy beplande reisplan.
2 Korintiers 3 & 4:
Die apostels verkondig Jesus Christus, die Here en Verlosser.
Ons moet lewe in en deur geloof.
2 Korintiers 5 & 6:
Paulus verduidelik die bediening van versoening - en vermaan christene teen heidense invloede.
2 Korintiers 7 - 9:
Paulus verduidelik dat christene vrygewig moet wees - "gee met 'n goeie hart".
Christene moet hulp verleen waar hulle ookal kan.
2 Korintiers 10 - 13 :
Paulus verdedig sy gesag as apostel en evangelis.
Hy val die dwaalleraars ernstig aan en waarsku christene teen misleiding en afvalligheid.
Hy verduidelik ook God se openbarings deur mense "gesigte" te laat sien.
Hy sluit af met 'n groet en sy beplande besoek.

5.      Handleiding vir ‘n christelike lewe:
2 Korintiers 2: 7 Nou moet julle ophou om vir hom kwaad te wees. Vergewe hom en wys vir hom dat julle vir hom omgee. 17 Natuurlik is dit 'n groot verantwoordelikheid om Christus se aroma in hierdie wêreld te wees. Ek weet dat ek sy aroma is. "Hoe?" vra julle. Want ek probeer nie geld maak uit die woord van God soos party ander mense nie. Ek is eerlik en opreg. Omdat ek deur God self aangestel is en aan Christus behoort, kom alles wat ek sê van God af. Niks wat ek doen, steek ek ooit vir God weg nie.
2 Korintiers 3:17 Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.
2 Korintiers 4: 2 Ek bly weg van al daardie lelike dinge wat mense in die geheim aanvang. Ek bedrieg nooit ander mense nie. En ek verdraai nie God se woord om by my eie sienings te pas nie. Inteendeel. Ek praat oop en bloot oor die waarheid. 13 Die Heilige Gees werk deur ons almal. Dit is Hy wat ons laat glo. Ons doen daarom maar net wat een van die psalms sê: "Omdat ek in God glo, praat ek oor Hom." Ons glo in Jesus; daarom is ons ook bereid om oor Hom te praat.
 2 Korintiers 7: 1 My liewe broers en susters, al hierdie beloftes is vir ons bedoel. Daarom moet ons nou dadelik elke verkeerde ding laat staan waarmee ons besig is. Ons moet alle onreinheid uit ons gedagtes verban. Eerbied vir God moet ons hele lewe vul. Ons moet met alles in ons daarna streef om volmaak te wees in ons toewyding aan God. Ons moet net doen wat Hy van ons vra.
2 Korintiers 8: 12 Die belangrikste van alles is dat julle julle geld met die regte gesindheid sal gee. Deur hierdie liefdeswerk wil ons die Here se Naam grootmaak.
2 Korintiers 9: 8 "Iemand wat God liefhet, klou nooit krampagtig aan sy besittings vas nie. Hy deel dit met die armes. Hy hou nooit op om goed te doen nie." God sal sorg dat julle altyd meer as genoeg het om van te leef. Hy maak julle ryk genoeg om altyd vrygewig te wees.
2 Korintiers 10: 5 Elke hooghartige leuen wat die ware kennis van God probeer verdraai, loop ons met God se wapens onderstebo. En elke gedagte wat deur ons koppe gaan, neem ons gevange en lewer dit aan Christus uit. Ons dink slegs wat Hy wil hê. 17 Die Bybel sê: "As jy wil spog, spog dan oor wat die Here doen." Al jou eie groot dade waarmee jy so graag spog, tel in elk geval nie voor God nie.18 Nee, al wat saak maak, is dat God met jou lewe tevrede is. Sy goedkeuring is al waarvoor jy moet leef.
2 Korintiers 12: 10 Want wanneer ek swak is, is ek juis sterk. My eie swakheid leer my om net op Christus se groot krag staat te maak.
2 Korintiers 13: 10 Die Here het my immers aangestel om mense se geloof op te bou, nie om dit af te breek nie. 11  Ten slotte: julle lewe moet altyd vol blydskap wees. Lewe presies net soos God vir julle sê. Luister na alles wat ek vir julle gesê het. Wees eensgesind. En lewe asseblief in vrede met mekaar. Ons wonderlike God wat sy liefde oor ons almal uitgestort het en aan ons sy vrede gee, sal altyd by julle wees.12 Groet mekaar hartlik, soos dit by broers en susters in die Here pas

No comments:

Post a Comment