Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: Efesiers


Efesiers
1.     Eenjaar Leesrooster:
26 November              -           Lees die boek Efesiers
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Efesiérs :

Hoofstuk 1-2
Hoofstuk 3-6
erfenis in Christus
Energie, vernuwing & vegtend
eenheid in Christus
in Christus
roeping
regstellende aksie

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Efesiers (God se wapenrusting)
Maak seker dat jou wil in neutral is wanneer jy bid, sodat God jou in Sý rat kan kry.
“Wat jy glo, bepaal hoe jy leef … Lewe volgens jou roeping … Jy is ryk in Christus – lewe dan ook só.”

God roep ons nie om heiliges op ons eie te wees nie, maar om bymekaar te staan as volgelinge wat aan
Christus verbind is.

Hoe God wil hé ons mekaar moet behandel:
  • Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar (Rom.12:10)
  • En dat julle mekaar self op die regte weg kan help (Rom.15:14)
  • Dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra (1 Kor 12:25)
  • Dien mekaar in liefde (Gal.5:13)
  • Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar (Efe 4:32)
  • Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het (Efe 4:32)
  • Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig (Efe 5:21)
  • Leer en onderrig mekaar in alle wysheid (Kol 3:16)
  • Julle is self deur God geleer om mekaar lief te hé (1 Tes 4:9)
Troos mekaar dan met hierdie woorde (1 Tes 4:18)

4.      Opsomming van Efesiers:

Efesiers


Ter versterking van die gelowiges deur hulle te herinner aan wat Jesus Christus vir hulle gedoen het; Ook om aan hulle te verduidelik van die eenheid wat nodig is in die kerk; En om riglyne te gee van hoe 'n christen moet leef.
Efesiers 1:
Paulus benadruk weereens wat Jesus Christus vir ons gedoen het deur ons met God te verenig. God het hierdie genade daad van die begin af beplan; sodat ons as Sy kinders direkte toegang tot Hom kan beleef.
Paulus leer om te alle tye met vreugde en blydskap God te loof en prys.
Efesiers 2:
Paulus dank God vir die gelowiges en doen ook voorbidding vir hulle.
Ons as gelowiges moet besef ons is nuwe mense in, deur en met Jesus - die Heilige Gees in ons bring dit vir ons tot volheid.
Efesiers 3:
Dis elke gelowige se taak om God onder alle nasies bekend te maak.
Efesiers 4:
Gelowiges moet 'n eenheid vorm in die kerk: ons belydenis in Jesus moet klop met ons manier van lewe.
Paulus gee riglyne oor hoe 'n gelowige se lewe moet wees (breek met die ou mens en lewe as nuwe mens).

Efesiers 5:
Riglyne vir 'n nuwe lewe (lewe as mense van die lig).
Riglyne vir gedrag binne gesagsverhoudinge.
Efesiers 6:
Die wapenrusting van God: hoe om die aanvalle van die bose af te weer en teen te staan.
  • Waarheid = Gordel
  • Vryspraak deur God = Borsharnas
  • Evangelisasie = Skoene
  • Geloof = Skild
  • Verlossing = Helm
  • God se Woord = Swaard
Dis elke christen se plig om voortdurend te bid!

5.      Handleiding vir ‘n christelike lewe:
Efesiers 1: 6 Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. 12 God wil hê dat juis ons vir almal moet wys en vertel hoe groot en belangrik Hy regtig is. Laat ons vir almal vertel hoe groot God is.
Efesiers 4: 1 Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is, en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het.2 Moenie voor op die wa wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheer jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat liefde julle lojaal teenoor mekaar hou, ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad. 3 Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie "een-wees" en "saam-wees" moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie. 12 Hierdie mense, met die spesiale gawes wat hulle gekry het, werk saam om die gemeente te help en voor te berei om hulle werk as Christene in die wêreld goed te kan doen.Saam sal ons die Seun van God beter leer ken en meer op Hom vertrou. Julle moet ophou om julle te gedra soos mense wat nie die Here ken nie. 22 Los julle ou manier van lewe. 23 Julle moet 'n nuwe gesindheid kry en op 'n nuwe manier oor dinge dink. Ons nuwe lewe moet ons al meer soos God laat lyk: ons moet reg lewe soos God dit wil hê en ons heeltemal aan Hom toewy. 25 Moenie vir mekaar lieg nie. Wees eerlik met mekaar, want ons speel mos almal saam in dieselfde span van God.26 As jy vir iemand kwaad word, moet jy niks doen waaroor God skaam sal kry nie. Moet ook nie gaan slaap terwyl jy nog vir iemand kwaad is nie.27 Moenie die duiwel kans gee om jou vas te trek nie. 29 Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê, moet dit iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander iets beteken.30 Moenie die Heilige Gees wat God vir julle gegee het, se hart seermaak nie. Dat die Gees in julle is, is die bewys dat julle aan God behoort. So sal dit bly tot op die dag dat ons finaal van die sonde ontslae sal wees.31 Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir 'n ander een sleg is nie.32 Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s'n is.
Efesiers 5: 1 Maak soos God gemaak het, want so maak kinders wat 'n liefdevolle Vader het. Elke dingetjie wat jy doen, moet van liefde straal. 3 Onthou, julle behoort aan God. Daarom mag julle nie eens daaraan dink om seksueel verkeerde dinge van watter aard ook al te doen of om van gierigheid oor te loop nie.
4 Oppas wat julle sê. Moenie lelik praat, vuil stories of skurwe grappe vertel nie. Dit pas nie by 'n Christen nie. Praat liewer só dat dit vir God aangenaam is om te hoor.5 Hiervan kan julle seker wees: as iemand onsedelik of vuil leef, of so graag ryk wil word dat hy van geld 'n afgod maak, is daar nie vir hom plek in die nuwe wêreld van Christus en van God nie. 10 Leef dus soos mense wat niks wil wegsteek nie, maar wat alles oop en bloot in die lig doen. (Iemand wat so leef, is goed vir ander, tree op soos God van hom verwag en staan by die waarheid.) As julle iets doen, vra of die Here daarmee tevrede sal wees. 18 Moenie te veel wyn drink nie, want dan verloor 'n mens beheer oor jouself. Laat jou hele lewe eerder deur die Gees beheer word.19 Sing en leer mekaar met liedere wat uit die psalms kom of ander mooi geestelike liedere. Sing met julle hele hart vir die Here. 20 Moenie vergeet om altyd vir God, die Vader, baie dankie te sê vir alles nie. 21  Omdat julle soveel respek vir Christus het, moet die een nie dink hy is beter of belangriker as die ander nie. Elkeen moet bereid wees om dáár te wees vir die ander een. 22 Laat ek eers met die vroue praat. Jy moet die leiding van jou man aanvaar soos ons die leiding van die Here aanvaar. 25 Vir die man wil ek die volgende sê: Jy moet jou vrou liefhê; wees lojaal teenoor haar en kom jou verpligtings teenoor haar na soos Christus dit teenoor sy kerk doen. 33 Dit geld ook van julle: elke man moet sy vrou net so liefhê as wat hy homself het, en die vrou moet haar man respekteer.
Efesiers 6: 1 Vir die kinders wil ek die volgende sê: as Christene moet julle na julle ouers luister. Dit is wat God van julle vra. 4 Vir die pa's wil ek dit sê: moenie julle kinders so behandel dat hulle nie meer na julle wil luister en rebels raak nie. Maak hulle liewer groot soos die Here van julle verwag. Leer hulle wat om te doen en help hulle op die regte pad, al moet julle soms streng optree. 5 As julle slawe is sonder vryheid en aan iemand anders behoort, moet julle na hierdie base van julle luister. Respekteer hulle en behandel hulle met ontsag. Wat julle vir hulle doen, moet julle eerlik en opreg doen, asof julle dit vir Christus doen.6 Moenie net hard werk as jou baas vir jou kyk om in sy goeie boekies te kom nie.7 Werk liewer hard omdat julle aan Christus behoort en doen wat God van julle vra so goed julle kan. Julle werk mos nie eintlik vir mense nie, maar vir die Here. Laat dit straal uit alles wat julle doen. 9 Vir die base wil ek vra om die mense wat onder hulle werk net so te behandel. Moenie hulle die hele tyd met slegte dinge dreig nie. Onthou dat julle en die mense wat onder julle werk dieselfde Here in die hemel het. Hy trek niemand voor nie, maar behandel almal eenders.10 As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak. 18 Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie.


                                                            *******************


Die christen se wapenrusting (Efe 6:10-17):
13 Dit is die klere wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen:14 die waarheid moet jy soos 'n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos 'n stuk staal jou bors beskerm.15 Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees.16 Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos 'n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan.17 Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos 'n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos 'n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer.

https://encrypted-tbn0.google.com/images?q=tbn:ANd9GcRG55Q6lpDUzqUfMHtGqLbL8ePGdz3OVRF2TX_laeRFbQR0Vy4p       https://encrypted-tbn1.google.com/images?q=tbn:ANd9GcSheCQ49DASYk7tj0mKas8Y_GLUNoXtxzJEJiB_grzMepiRY1sH                     https://encrypted-tbn0.google.com/images?q=tbn:ANd9GcSkphHDC98vkNy5Pvmquk41aqW-XeOPEjdWJCXHQQBqVdjRuQMlOQ                            https://encrypted-tbn2.google.com/images?q=tbn:ANd9GcRqa2mYfAldZL64Pn09F3ZMHikvKxIQRVh8oxjIqHsNh7FJW_2OBg
Helmet = Verlossing        “Swaad” = God se Woord        borsharnas = Vergewing           Belt = Waarheid 

                                    https://encrypted-tbn1.google.com/images?q=tbn:ANd9GcRR86OyQ-q6Yt-xZtGZQJM418aRDVkf-JDdKFH0aaKW2MOAMayL                             https://encrypted-tbn0.google.com/images?q=tbn:ANd9GcQKVQL12qW4Bvd7fv4Sdl-wZjLT1cEzaO6F1h5uvCPS7X5crPtI
                                     
Skild = Geloof                          Skoene = Evangelisasie

No comments:

Post a Comment