Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: Jakobus


Jakobus
1.     Eenjaar Leesrooster:
14 Desember             -           Lees die boek Jakobus.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Jakobus :




Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Hoofstuk 4
Hoofstuk 5
Geloof
Geloof
Geloof
Geloof
Geloof
getoets
uitgeleef
bewys
behou
beloon
"Geloof, as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood" (2:17)



3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Jakobus
Geloof wat nie groei en asemhaal nie is dood – die asem van geloof is goeie dade.
Jy kan nie ware geloof en goeie dade van mekaar losmaak nie. Jy moet jou geloof uitleef – dis ‘n lewe wat wys dat God volkome van jou besit geneem het.

4.     Opsomming van Jakobus:

Jakobus

 Hierdie brief moedig christene aan m in hul geloof te volhard en gee ook riglyne oor hoe om jou geloof prakties uit te leef.

Jakobus 1:
Wees bly oor beproewing, want dit versterk jou geloof as jy in jou geloof kan volhard tydens die beproewing.
God sal jou nie verlei nie - maar soms wel beproef om jou geloof te toets.
Luister eerder as praat - en omskep jou geloof in praktiese dade.

Jakobus 2:
Moenie volgens die uiterlike oordeel nie.
Glo en doen.

Jakobus 3:
Beheers jou tong!!
Hemelse wysheid is waarna jy moet streef - nie aardse / demoniese wysheid nie.

Jakobus 4:
Wees gewaarsku teen wereldliefde en hoogmoed.
Moenie kwaad praat nie.
Wees in en deur alles afhanklik van God.

Jakobus 5:
* Waarsku teen vertroue in geld.
* Volhard in die geloof;
* Bid voortdurend: tydens swaarkry, sing tydens blydskap; bid vir siekes - genesing deur geloof; asook vergewong van sonde.
Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking!!

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
Jakobus 1: 3 Julle weet mos: Wanneer 'n mens se geloof 'n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard.4 Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.5 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie.6 Maar, as 'n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.7 So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie
Jakobus 1: 12 Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.
Jakobus 1: 19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.20 As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. 21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. 22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. 25 As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet - dié wet wat 'n mens vrymaak - en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen. 26 As jy dink jy is godsdienstig, maar jy hou nie jou tong in toom nie, bedrieg jy jouself. Jou godsdiens is niks werd nie.
Jakobus 2: 8 Julle doen inderdaad die regte ding as julle God se koninklike wet uitleef soos dit in die Skrif staan: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."9 Maar as julle teen mense diskrimineer, doen julle sonde, want juis hierdie wet brandmerk julle dan as oortreders. 12 Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde.13 Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel. 14 My broers en susters, wat help dit as 'n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie? 26 'n Liggaam wat nie asemhaal nie, is 'n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.
Jakobus 3:2 Ons maak almal baie foute. Maar 'n mens wat sy tong in toom kan hou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. 6 Die tong is ook 'n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf. Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan.
Jakobus 3: 13 Aangesien julle wys is en verstaan wat God wil hê, moet julle sorg dat julle leefstyl goed is. Julle wysheid moet juis in nederige gedrag sigbaar word. 14 As julle bitter jaloers is en selfsugtige ambisie in julle harte het, moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg! 15 Jaloesie en selfsug is nie wysheid wat van God af kom nie. Dit is eerder aards, tipies van iemand se sondige natuur. Eintlik is dit demonies, 16 want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry. 17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om ontferming te betoon, en het goeie gevolge. Dit diskrimineer nooit en is altyd opreg. 18 Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God.
Jakobus 4:2 Julle is jaloers oor wat ander het, en as julle dit nie in die hande kan kry nie, veg en baklei julle om dit by hulle te vat. En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie. 3 En selfs wanneer julle vra, kry julle dit nie omdat julle motiewe verkeerd is - julle wil goed hê net om dit self te geniet. 4 In julle huweliksverhouding met God is julle ontrou! Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou 'n vyand van God maak nie? 7 Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. 8 Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.
9 Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! 10 Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee. 11 Moenie lelike goed van mekaar sê nie, broers en susters. As julle lelike dinge van 'n medegelowige sê of 'n medegelowige kritiseer, dan kritiseer julle die wet. En as julle die wet kritiseer, is julle nie daders van die wet nie, maar regters.  12 Net God - Hý wat die wet gemaak het - kan as Regter oor ons optree. Net Hý het die mag om te verlos of te vernietig. Dit is dus baie duidelik dat julle nie regter oor julle naaste kan speel nie.
Jakobus 4:16 Maar nou is julle arrogant en spog julle. Al sulke grootpratery is verkeerd. 17 Hou in gedagte: As 'n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.
Jakobus 5:8 Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby. 9 Moenie oor mekaar kla nie, broers en susters, anders sal God oor julle oordeel. 12 My broers en susters, die belangrikste is dat julle nie moet sweer nie - nie by die hemel nie, nie by die aarde nie, nie by enigiets anders nie. Sê net "ja" of "nee", en bedoel dit. Dan sal julle nie veroordeel word nie. 13 Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie. 14 Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. 15 En 'n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan. En watter sondes die sieke ook al gedoen het, dit sal hom vergewe word. 16 Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het 'n kragtige werking.

No comments:

Post a Comment