Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: Kolossense


Kolossense
1.     Eenjaar Leesrooster:
29 November             -           Lees die boek Kolossense.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Kolossense :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2 - 3
Hoofstuk 4
Christus ons
Christus ons
Christus ons
geestelike Hoof
gekruisigde Redder
gekroonde Here

"Christus alles en in almal"(3:11)


3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Kolossense
“Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid”(1:27) JC bewerk volkome redding – Hy maak ons
heeltemal vry van die sonde se houvas en die hellestraf. JC voldoen aan elke behoefte. Hy is ons waarborg
dat ons die ewige lewe het.
Leef daagliks hierdie wete uit dat Christus in jou is.

Die duiwel verhinder gebed, maar gebed verhinder ook die duiwel.
Danksy JC het satan sy houvas op jou verloor; maar satan sal steeds probeer om jou te laat ontspoor.
JC het ‘n 3-voudige verdedigingsplan:
  1. JC tree ter wille van ons in (Joh.17:15) deur in die hemel vir ons te bid dat die bose teegehou word.
  2. Die gelowige moet paraat en op sy hoede wees (1 Pet 5:8) – moenie die duiwel onderskat nie.
  3. Die gelowige moet God se wapenrusting aantrek (Efe 6:11-18)
Dank God dat Hy vir jou sorg en jou beskerm. Dank Hom bo alles dat jou ewige bestemming verseker is.
Hou aan om vir jouself en vir ander te bid. Bly wakker en waaksaam.

4.     Opsomming van Kolossense:
Kolossense

Paulus rig hierdie brief aan Christene wat hy slegs ken deur berigte wat by hom uitkom.Hy skryf die brief om hulle te bemoedig om slegs in Christus te glo en hulle nie te laat beinvloed deur menslike godsdienstige gebruike nie.
Jesus Christus is die Hoof van die kerk - slegs deur Hom is daar vergewing en groei.

Kolossense 1:
Paulus is dankbaar oor hierdie christene en hy bid vir hulle. Hy bevestig Christus se voorrang by God

Kolossense 2:
Paulus waarsku christene teen misleiding; hy moedig hulle aan om te lewe in verbondenheid met Jesus Christus.

Kolossense 3:
Hy bevestig ons verlossing deur Jesus Christus - dat ons nou nuwe mense is in Christus.
Hy verduidelik ook hoe 'n christen moet lewe (verhoudings, ens.)

Kolossense 4:
Bid voortdurend en tree met wysheid op; vertrou op God alleen; en loof en prys en dank God sonder ophou. Lewe so dat God tevrede met jou lewe is.


5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
Kolossense 1: 12  Ek bid ook dat julle met 'n blye glimlag aan die Vader alle eer sal gee en Hom sal grootmaak. Sê vir Hom dankie. 23 … Moenie 'n duim afwyk van die evangelie waarvan julle so oortuig geraak het nie.

Kolossense 2: 7 Julle verhouding met Hom moet so heg en intiem wees soos die band tussen 'n boom en die aarde waaruit dit groei.Soos 'n huis wat op 'n sterk fondament gebou word, moet julle julle lewe op Jesus bou. Staan onwrikbaar vas in dit wat julle glo, soos julle geleer is. Doen dit terwyl julle gedurig vir God dankie sê en Hom eer.

Kolossense 3: 1 Julle moet al meer so leef dat Jesus daarmee tevrede sal wees. 2 Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle te belangrik word nie. (bv. Ontoelaatbare seks, vuil gedagtes, begeertes, lelik praat, baklei, haat & neit, gierigheid, wraak, leuens, diskriminasie, ens.) 12 … Jy moet baie vir ander mense omgee en gaaf met hulle wees. Wees op jou plek en moenie te veel van jouself dink nie. Moet ook nie ongeskik met mense wees nie, maar hanteer hulle mooi.13 Gee mekaar 'n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. 17 Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee.
18  Vroue, erken die gesag wat mans in die gesin dra. Die Here verwag dit.19 Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie.20 Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here.
21 Pa's, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie.
22 Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk.23 Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen
.

Kolossense 4: 1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook 'n Baas in die hemel het. 2  Bid gereeld en gedissiplineerd. Sê ook vir God dankie vir alles wat Hy vir julle doen. 5 As julle met mense te doen kry wat nie Christene is nie, moet julle julle veral goed gedra. Gebruik elke oomblik om 'n positiewe invloed op hulle uit te oefen. 6 Dit moet ook altyd vir mense lekker wees om met julle te gesels. Na elke gesprek moet hulle voel dat dit die moeite werd was.

No comments:

Post a Comment