Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: 1 Tessalonisense


1 Tessalonisense
1.     Eenjaar Leesrooster:
1 Desember                -           Lees die boek 1 Tessalonisense.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
1 Tessalonisense :
Hoofstuk
1-5
Christus se wederkoms
bring hoop wat …..
red     versterk       heilig
troos               waarsku
verlede
hede                   toekoms
3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
1 Tessalonisense
Geestelike groei vind die beste voedingsbodem in gereelde gebed en aanhoudende aansporing.
Bid vir jou geestelike “kinders” en mede-gelowiges. Reik in liefde uit na ander – en moet nooit ophou bid nie.

4.     Opsomming van 1 Tessalonisense:
1 Tessalonisense

Met hierdie brief noem Paulus hoe dankbaar hy is oor die gelowiges van Tessalonisense. Hy gee ook aan hulle duidelike riglyne hoe 'n gelowige behoort te lewe; beantwoorde vrae waarmee hulle worstel en bemoedig hulle om in die geloof te volhard en te lewe soos God van hul vereis.

1 Tessalonisense 1:
Paulus spreek sy dankbaarheid uit oor die geloof van die christene in Tessalonisense.

1 Tessalonisense 2:
Paulus herrinner hulle aan sy werk onder hulle; moedig hulle aan om reg te lewe en spreek die wens uit om hulle weer te besoek.

1 Tessalonisense 3 & 4:
Paulus gee riglyne aan hulle deur oor hoe 'n gelowige moet lewe:
  1. In geloof;
  2. Liefde;
  3. bly seksueel rein;
  4. werk vir jou bestaan;
  5. verduidelik die wederkoms;
  6. respek mekaar en die kerkleiers;
  7. leef rustig en met blydskap;
  8. bid voortdurend en luister na die Heilige Gees se inspraak.
1 Tessalonisense 5:
Sien uit na die wederkoms en bly weg van alles wat sleg is! Leef voluit vir God: alles wat jy doen en praat moet wees tot eer van God.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
1 Tessalonisense 1:6 Tog het julle die goeie nuus met groot blydskap aanvaar. Dit is net die Heilige Gees wat sulke blydskap in 'n mens se lewe kan bring. 9 ….julle dooie afgode laat staan het om die lewende en enigste ware God te dien.10 Die mense vertel ook dat julle baie uitsien na die dag dat Jesus uit die hemel na ons toe sal terugkeer.

1 Tessalonisense 2:4 …Ons probeer nie om in mense se goeie boekies te wees nie. Ons doen net wat God van ons verwag. Hy weet wat die diepste motiewe van ons hart is. 12om God te verheerlik deur alles wat julle doen en sê.

1 Tessalonisense 3:13 Ek bid dat julle lewe van binne af sal verander sodat julle die hele tyd net vir God sal leef.

1 Tessalonisense 4: 3 God wil hê julle moet julle lewe voltyds aan Hom wy. Moenie deel hê aan enige seksuele sondes nie. 9  Ek het nie nodig om nog iets te sê oor hoe julle mekaar as gelowiges moet liefhê nie. God self het julle geleer hoe om mekaar lief te hê.
11 Leef op so 'n manier dat ander mense vir julle respek sal hê. Leef rustig en sorg self vir julle gesin. Verdien julle geld deur self daarvoor te werk. 18 Vertel hierdie goeie nuus vir ander gelowiges en moedig mekaar aan om dit te glo.

1 Tessalonisense 5:8 Geloof en liefde is die eerste spesiale wapen wat die Here vir ons gee om ons hart soos 'n pantser te beskerm. Ons moet al ons vertroue in God stel om ons te lei. Die tweede wapen wat die Here ons gee, is 'n vaste oortuiging hier binne-in ons dat ons onderweg is na die Here se wêreld. 12  Broers en susters, ek wil julle mooi vra om groot respek vir al die leiers in die kerk te hê. Onthou, die Here het hulle aangestel om sy wil aan julle bekend te maak. As julle die spoor byster raak, moet hulle julle aanspreek, en as julle swaarkry, moet hulle julle vertroos.13 Wees baie lief vir hulle en sien op na hulle.Moet asseblief nie onder mekaar stry en baklei nie.14 Ek wil julle ook daaraan herinner dat julle 'n plig het teenoor ander Christene. Sê vir daardie mense wat moeilikheid in die kerk veroorsaak om dadelik daarmee op te hou. Praat Christene wie se geloof klein is moed in. Ondersteun die gelowiges wat nog nie mooi verstaan waaroor ons geloof gaan nie. Wees geduldig met almal met wie julle te doen kry.15 Sê vir ander gelowiges om nie wraak te neem nie. 16  Wees altyd vol blydskap.17 Praat met die Here elke keer as julle die kans het. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy hoor!18 Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. 19 Moenie julle doof hou wanneer die Gees met julle praat nie. Luister fyn na sy stem.20 Moenie die profetiese boodskappe van ander oorhaastig van die tafel vee nie.


1 comment:

  1. 1 TESSALONISENSE 4 vanaf vers 15 to 16 B Die Christene wat dood was,sal eerste opstaan en ........saam met hulle OP GENEEM WORD IN DIE WOLKE om na die HERE toe te gaan.......vir altyd by HOM te bly. Bespreek asb

    ReplyDelete