Thursday 14 June 2012

Bybelstudie: 2 Tessalonisense


2 Tessalonisense
1.     Eenjaar Leesrooster:
2 Desember                -           Lees die boek 2 Tessalonisense.
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
2 Tessalonisense :

Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
wederkoms
Werk van
Werkstaking
van Christus
die antichris
van leegléers
Aanmoediging
Aanduiding
Aansporing

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
2 Tessalonisense
Vandag se swaarkry sal met toekomstige heerlikheid beloon word; daarom kan jy met hoopvolle verwagting na
die toekoms uitsien.
Die leer oor Christus se wederkoms bring balans in ons christen-wees. Dit gee ‘n uitsig aan die hede en toekoms
en help ons om voorkeur te gee aan dinge wat God verheerlik.

Om met toewyding aan God te lewe en ‘n verskil in ons omgewing te maak, is die volgende belangrik:
  1. Bely God as jou Verlosser (Tit 1:3; 2:10; 3:4; 1Tim 1:1; 2:3; 4:10)
  2. Handhaaf in jou onderrig ‘n gesonde leer (Tit 1:9; 1 Tim 1:10; 6:3; 2 Tim 1:13; 4:3)
  3. Handhaaf ‘n lewe van toewyding aan God (1 Tim 2:2; 3:16; 4:7-8; 6:3; 5-6; 11:2; 2 Tim 3:5; Tit 1:1)
  4. Hanteer twispunte direk en reguit (1 Tim 1:4; 6:4; 2 Tim 1:23; Tit 3:9)

4.     Opsomming van 2 Tessalonisense
2 Tessalonisense

Paulus se laaste "gemeente"-brief. Hy skryf aan die gemeente van Tessalonika om hulle te bemoedig en hul vrese oor die wederkoms te besweer.

2 Tessalonisense 1:
Paulus vertel aan die gelowiges hoe trots hy op hul geloof, vertroue in God en standvastigheid is.

2 Tessalonisense 2:
Paulus verduidelik die wonder en vreugde van die wederkoms aan die gelowiges, wat hierdie wonderlike, heuglike dag vrees.
Paulus waarsku gelowiges teen die "Antichris" wat tot die verderf gaan lei.
Hy verseker die gelowiges ook van God se liefde vir hulle.

2 Tessalonisense 3:
Gelowiges moet vir mekaar bid om God se Woord te versprei. Gelowiges moet ook waak teen slegte invloede.
Gelowiges moet nie 'n las vir ander wees nie (Finansiele, ens.), maar 'n voorbeeld.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
2 Tessalonisense 1:3 …julle vertroue in die Here word by die dag sterker. En julle almal se liefde vir mekaar word net al hoe groter. 4 …Ons vertel vir hulle hoe julle vas bly staan en bly glo ten spyte van al die vervolging en swaarkry wat julle moet verduur.
2 Tessalonisense 2: 10 Mag ek julle ook herinner aan 'n belangrike ding wat ek vir julle gesê het toe ek by julle was: "As iemand te lui is om te werk, moet ander gelowiges nie vir hom sorg nie." ……Hulle moet van nou af self vir hulle gesinne sorg.
13 Broers en susters, julle moet asseblief aanhou om goed te doen aan ander mense. Julle mag nooit moeg word daarvoor nie.

No comments:

Post a Comment