Wednesday 13 June 2012

Bybelstudie: 1 Petrus


1Petrus
1.     Eenjaar Leesrooster:
15 Desember             -           Lees die boek 1 Petrus
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
1 Petrus :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Nuwe
nuwe
Noodsaaklike
geboorte
gemeenskap
gevegstrategie
redding
onderwerping
Lyding

3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:
1 Petrus
Volg JC na deur teenoor mekaar nederig op te tree.
Aardse dinge verweer en verdof, maar nie God se beloftes en belonigs nie.

4.      Opsomming van 1 Petrus:

1 Petrus

Om verontregte christene te bemoedig en te leer hoe hulle daarop moet reageer.

1 Petrus 1:
Verlossing = Lewende hoop en egte geloof.
Verlossing is reeds deur die profete aangekondig.
Ons word opgeroep om heilig te lewe (= anders as die wereld).
Ons is losgekoop met Jesus Christus se kosbare bloed.

1 Petrus 2:
Die volk van God = gebou op die kosbare hoeksteen.
Ons moet ons te alle tye goed gedra.
Christus is die voorbeeld vir die wat ly.

1 Petrus 3:
Hoe moet 'n man en vrou hulle teenoor mekaar gedra.
Hoe ons elkeen ons moet gedra.
Dis 'n voorreg om te ly vir dit wat goed is.

1 Petrus 4:
Wie gely het, het met die sonde afgereken.
Dien mekaar met ons gawes (dit is in elk geval vanaf God).
Hoe om as christen te ly.

1 Petrus 5:
Ouderlinge moet toesig hou.
Wees nederig
Weerstaan die duiwel - God sal jou die krag gee.

5.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
1 Petrus 1:7 As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.
1 Petrus 1:12 Dié Goeie Nuus is nou by julle aangekondig deur dié wat vir julle gepreek het met die krag wat die Heilige Gees gee. God self het die Gees gestuur. 3 Sien daarom met verwagting uit na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe.14 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie.15 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. ….Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, ..
1 Petrus 1:21 Christus maak dat julle al julle vertroue op God stel. God het Christus uit die dood opgewek en heerlikheid aan Hom gegee. Daarom stel julle al julle vertroue en hoop op God.
1 Petrus 2:1  Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. 5 Laat julle as lewende klippe inbou in God se geestelike tempel. Julle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. 12 Handhaaf 'n voorbeeldige leefstyl onder die nie-Christene, selfs al kla hulle julle aan van wangedrag. Hulle sal dan julle goeie gedrag sien en God die eer daarvoor gee wanneer Hy kom rekenskap vra. 13 Omdat die Here dit so wil hê, moet julle alle gesag aanvaar. 15 Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak.16 Dis waar: Julle is nie slawe nie; julle ís vry mense. Maar moenie julle vryheid as dekmantel misbruik om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God se diensknegte te wees. 17 Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God. Respekteer die koning. 18 julle moet die gesag van julle werkgewers volledig aanvaar. Dóén wat hulle vir julle sê - of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. 22 (Jesus Christus) Hy het nooit sonde gedoen en geen leuen vertel nie.23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terugbeledig nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie. Hy het alles oorgelaat aan God wat
1 Petrus 3: 1 En julle, vroue, julle moet julle eie mans se gesag oor julle aanvaar, selfs as hulle nie die Goeie Nuus glo nie. Sonder dat julle 'n woord hoef te sê, sal julle leefstyl hulle vir Christus wen.2 Hulle sal immers sien hoe eerbiedig en onberispelik julle lewe.3 Moenie dink dis bloot uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en pragtige klere wat julle mooi maak nie.4 Julle skoonheid moet veral innerlik wees: blywende beskeidenheid en 'n gemoed wat kalm en rustig is. Dit is vir God kosbaar.5 Dis presies hoe die gelowige vroue in die ou dae hulle mooi gemaak het. Hulle het op God gehoop en hulle mans se gesag oor hulle aanvaar. 7 En julle, mans, behandel julle vroue met respek. Leef saam met jou vrou in die besef dat, al is sy fisiek swakker as jy, sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee.As jy haar só behandel, sal jou gebede nie geblokkeer word nie. 8 'n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.9 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet 'n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seen.
1 Petrus 3: 13 Verder, wie sal julle sleg behandel as julle uit julle pad gaan om goed te doen?14 Maar as dit inderdaad gebeur dat julle swaarkry omdat julle doen wat reg is, sal God sy seën op julle laat rus. Moet dus nie dat mense julle bangmaak of afskrik nie.15 Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer.16 Doen dit egter taktvol en eerbiedig. Sorg dat julle gewete skoon bly. Wanneer mense dan sleg van julle praat, sal hulle skaam kry wanneer hulle agterkom hoe voorbeeldig julle leefstyl is omdat julle aan Christus behoort.17 Hou in gedagte: As God beskik dat julle moet ly omdat julle goeddoen, is dit beter as om te ly omdat julle kwaad doen.
1 Petrus 4: 3 In die verlede het julle lank genoeg soos nie-Christene geleef. Julle het vrye teuels gegee aan losbandigheid en natuurlike neigings, julle het wilde en uitspattige dronkpartytjies gehou en afskuwelike afgodery bedryf.
1 Petrus 4: 7 Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees; dan sal julle kan bid. 8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. 9 Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla.10 Derdens: God het aan elkeen van julle 'n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei.11 Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen
1 Petrus 4: 19 As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het. Hy sal julle nooit in die steek laat nie.
1 Petrus 5:2 As herders moet julle die kudde van God goed oppas; hulle is aan julle toevertrou. Hou gewillig toesig oor hulle, nie omdat julle gedwing word nie, maar omdat julle wil doen wat God wil hê; nie om julleself finansieel te verryk nie, maar omdat julle graag in God se diens staan. 3 Moenie baasspeel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar stel die voorbeeld vir die kudde.
1 Petrus 5:5 En julle, jong manne, erken die gesag van die ouderlinge. Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, 6 Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak. 7 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. 8 Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.9 Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly.

No comments:

Post a Comment