Monday 9 July 2012

Bybelstudie: Handelinge


Handelinge
Die uitstorting van die Heilige Gees lei die begin van die kerk van Christus in.
1.     Eenjaar Leesrooster:
Nov

6
*
1
Hand.1-4
7
16-18
2
5-7
8
19-20
3
8-9
9
21-23
4
10-12
10
24-26
5
13-15
11
27-28
2.      Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Handelinge :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2-4
Hoofstuk 5
Bediening
Bediening deur verkondiging,
suiwering van  binne
van geduld
van krag & van volharding
vervolging van buite
Jesus vaar op na die hemel
Heilige Gees daal neer na aarde
die kerk gekortwiek



Hoofstuk 6-7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 9
dienende diakens
Massa verkondiging
Een mens se
model martelaar
enkeling verkondiging
bekering, bekeerlinge & bediening
Stefanus gestenig
Fillipus
Paulus                      Petrus



Hoofstuk 10
Hoofstuk 11-12
Hoofstuk 13-14
Petrus
Petrus gekonfronteer
Roeping van 2 sendelinge
reggewys             oortuig
Petrus gearresteer
oproep vir die sending
bevry van vooroordeel
bevry uit gevangenis
Paulus & Barnabas



Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17-18
bymekaarroep van
Prediking in
probleme in Tessalonika
n vergadering
Filippi
voortsetting in Korinte
Apostels & ouderlinge
Griekse gasvryheid
Joodse jaloesie



Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Hoofstuk  21
Oproer in
opwekking van Eutigus
Paulus se
Efese
afskeid van Efese
gevangeneming
rumoer
reis                    retoer
Jerusalem



Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Hoofstuk 24
Paulus se
Paulus se argument
Opportunistiese
getuienis
Paulus se oorplasing
Feliks
Jode
Jerusalem
soek 'n omkoopprys



Hoofstuk 25
Hoofstuk 26
Hoofstuk 27
Onseker
Onkant betrapte
Paulus op die skip
Festus
Agrippa
Paulus in die storm
soek 'n guns
soek 'n verskoning
vasberade op pad na Rome



Hoofstuk 28


Paulus op Malta


Paulus in Rome


vasgebind in Rome



3.      Opsomming van “Walk Through the Bible”:

Hand 1-4
Jou geestelike “dieet”moet ook gebalanseerd wees: (2:42) genoeg porsies Bybelstudie, saamwees en
aanbid met mede-christene en van jou eie stiltetyd. Sorg dus moet jy deur die Woord gevoed word.
Hand 5-7
Besef jy wat dit beteken om vir jou geloof vervolg te word? Dank God dat jy vry is om Hom te dien –
en DIEN Hom met vrymoedigheid.
Bid vir die christene wat in vervolgde lande lewe – raak so betrokke by die lydende lede van die christelike liggaam.
Hand 8-9
Goedhartigheid is ‘n taal wat dowes kan hoor en blindes kan sien.
Om die kerk te vervolg, is soos om die atoom te split: dit stel groot hoeveelhede Goddelike energie vry
– wat die wereld kan verander. Soos met Saulus gebeur het, wat Paulus geword het en toe die evangelie
na nie-Jode geneem het.
Hand 10-12
Die wereld mag dalk gebed se krag onderskat; maar gelowiges weet van beter (of behoort van beter te weet).
Satan sal alles probeer om die kerk se gees te breek en groei te keer (Hfst 10-12); mar met die Heilige
Gees se leiding en bystand kan en moet ons dit teéstaan, en die evangelie oral waar ons is verkondig.
Oppas om nie soos die dissipels(12:15)nie te glo dat God jou vurige gebede kan en sal beantwoord nie
– as jy bid, verwag en wees veseker dat God gaan antwoord!!!!!
Hand 13-15
Daar is ‘n aanvaarbare – maar ook onaanvaarbare – manier om verskille te besleg. Gebruik Hfst.15 as
handleiding as jy verskille het om uit te sorteer. En doen dit vandag nog – moenie dat verskille oud word nie.
(Onthou ook dat elke christen by sending betrokke behoort te wees – dis immers ‘n opdrag wat Christus
 gegee het. Jy kan ook deur gebed vir sendelinge, ens. jou deel vir sending doen; asook deur finansiele bydraes.)
Hand 16-18
Dissipelskap behels meer as om te weet wat jou leermeester weet; dis om te word soos hy is.
Dis nie genoeg om mense net na die redding in Christus te lei nie; jy moet hulle ook in hulle geestelike
groei kan bystaan en versorg.
(15:36; 16:4-5 & 2 Tim 2:2) Lei mense na Christus, bid vir hulle, versterk hulle in hul geloof en
sorg dat hulle weer nuwe bekerlinge maak.
Leer by Paulus en Silas: in plaas van deur in woede te reageer op onregverdigheid, borrel oor met
 lofsange (leef jou eie preke uit)
Hand 19-20
Vrygewiges gee hulleself ryk; inhaliges palm hullself arm in.
“Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”(20:35) Daar is geen beter manier om onmiddelike
seen te geniet as wanneer jy hierdie woorde ter harte neem nie. En dit gaan nie net oor geld nie jy kan
jouself en jou tyd ook gee – wees kreatief.
Hand 21-23
Om te leef vir Christus maak dit die moeite werd om ook vir Hom te sterf.
As jy vandag eerder van jou probleme en seer en swaarkry wil weghardloop, hardloop dan daarmee na
jou hemelse Vader toe: Hy sal vir jou ‘n lewende oorwinning oor jou probleme gee.
Hand 24-26
Die Here het die hele wereld ingerig en georganiseer om aan die behoeftes van Sy uitverkorenes te voldoen.
Paulus het elke verleentheid gesien as ‘n Goddelike geleentheid om die evangelie te verkondig. Sy
gevangeskap het die geleentheid gegee om die evangelie aan die regering te verkondig.
My verleentheid = God se geleentheid. Dis die geheim om God se beheer te sien in al jou daaglikse
omstandighede wat op die oog af buite beheer mag lyk!
Hand 27-28
Party mense droom net gedurig van groot dinge doen; maar ander bly wakker en doen dit.
Watter droom het jy oor wat jy vir God wil doen? Neem ‘n rukkie en droom jou magtige droom vir die Here.
Gee dit aan God oor. Bid daaroor. Werk om dit te verwesenlik. En maak dit met God se toerusting en
tydsberekening waar – tot Sy eer!!!!

Handelinge het geen afsluiting nie, want die werk waarvoor die Heilige Gees gelowiges toegerus het, is
nog nie afgehandel nie.



4.      Ekstras:
  • Hand 1 = God stuur die beloofde HG om mag en moed aan die apostels te gee. Skielik is hulle nie meer bang en kruip weg nie, maar gaan openlik uit en verkondig die Woord  vreesloos – terwyl hulle ondersteun word deur die HG se krag. Die HG gee mag, krag en moed / dapperheid – word vreesloos.
  • Grieks vir Lord = Kyrios = meester = sir / meneer. Bevestig JC se krag/mag en heerskappy.
  • Hand 2:47 = om gered te wees = gedoop in JC naam = nuwe lewe en vry van sonde = bevry mense van sonde, hartseer, siekte, dood en die mag van satan.
  • Die apostels kon deur die HG wonders doen, sodat mense kon sien en beleef dat hulle JC se werk voortsit – en ook daardeur tot bekering kom.
  • Angel = angelos (Griels) = boodskapper
  • Hand.5:21 - Die Joodse Raad se streng vervolging van die christene is 2-ledig: hulle was bang die Romeiene dink die Jode wil ‘n opstand begin, en dat die Romeine die Jode en die tempel sal aanval en vernietig; en hulle was bang vir hul eie posisies – netnou vervang die christen geloof die Joodse geloof, en dan het hulle nie meer aansien nie. Daarom moet die christene vervolg en onderdruk word.
  • Grieks vir “kerk”is ëkklesia”en beteken enige byeenkoms van mense – gelowig of ongelowig..
  • Hand 7:9 – Josef is ‘n voorbeeld vir christene = al is hy verwerp deur sy broers/familie, het God hom gehelp en gebruik om uit te styg en later tot redding van sy mense te wees – soos JC moes suffer voor God Hom verhef het.
  • Hand 8:20 - Grieks vir hel is “äpoleia” en beteken plek van complete destruction.
  • Hand 8:27 – die Hebreus se woord vir die Grieks se woord “Ethiopia”is cush, “black” = darked skinned people. Cush is ook die kleinseun van Noag wat die vloek gedra het. Kus en sy nageslag het in suid Egipte = Sudan gewoon.
  • Hand 10 se gesig van rein en onrein kos gaan nie net oor kos nie, maar eintlik oor Jode en nie-Jode. JC tref nie onderskeid nie – almal is vir Hom aanvaarbaar (rein).
  •  Hand 10:34-35: God behandel almal eenders – deur JC
  • Antieke Jode definieer “skoon”op 3 maniere: 1) skoon van vuilgoed; 2) skoon deur godsdienstige gebruike na te kom; en 3) skoon van slegte dade of aksies wat ander kan skaad en wat teen God se opdragte indruis.
  • The name Jesus is the Greek version of Joshua (beteken “Jehovah is his help / Jehovah the Saviour”)
  • Hand 15:11 – mens kan slegs gered word deur geloof in JC – nie deur die wet of rituele te onderhou nie. Om gered te word, is om van jou sondes vergewe te wees deur JC (en ook met die doop in JC se naam as teken van jou geloof in JC) Dit lei tot ‘n nuwe lewe, vry van die ou sondige lewe. Om gered te wees, wys na wat God doen om ons vry te maak van sonde, siekte, hartseer, dood en die mag van die bose.
  • Hand 15:20 – Die eet van offerhande vleis was verbode omdat daar gevoel is dat as jy die vleis eet, jy die afgod aan wie dit geoffer is, goedkeur. Bloed is ook vermy omdat geglo is dat bloed die bron van lewe is. Die “terrible sexual sins”verwys na die verkeerde tipe huwelike.
  • Hand 16 – Paulus en Silas is so oorrompel deur God se almag en liefde en krag dat hulle self in die tronk nie anders kan as om God te loof en te eer met lofliedere nie. Maak nie saak wat die omstandighede nie – prys en loof God altyd deur en jy sal nie mismoedig en depressief wees nie.
  • Paulus konsentreer op die hawe stede, want daar kan hy die Woord die vinnigste die wereld instuur – via matrose en wereldreisigers.
  • God gebruik Paulus om die heidene te bekeer, juis omdat Paulus ‘n besonder geleerde persoon vir daardie tyd was – hy doen sending werk tot in Athene en Rome (selfs teenoor die keiser) – die akademiese en kultuur sentra van die “bekende wereld”. Omdat hy geleerde is, kan hy met die geleerdes van sy tyd op hul vlak kommunikeer – maar ook met die ongeletterdes, soos die kriminele en slawe in die tronke, ens. Omdat hy ook ‘n Jood was, kon hy die Jode ook bekeer, omdat hy die Joodse skrifte en wette geken het (as Skrifgeleerde) – was dus bekend met die Messiaanse profesiee.
  • Hand 18:18 – Nasereense belofte beteken dat jy ‘n verbond met God sluit vir ‘n tydperk; en gedurende daardie tydperk mag jy nie jou hare gesny het of enige wyn gedrink het nie – en na afloop van die tydperk moes jy jou hare afskeer en aan God ‘n offer gebring het. Die lang hare en geen wyn was ‘n bewys van jou erns met jou belofte teenoor God.
  • Hand 21 – Paulus voel die leiers van die kerk moet self sorg en voorsien vir hul behoeftes – soos hy gedoen het. Hy was nooit afhanklik van die gemeentes vir ‘n inkomste nie; hy het self voorsien deur tente te maak.
  • Hand 21:28 – Paulus sé nie die wet is verkeerd of sleg nie – hy sé net die wet kan jou nie red nie – slegs JC kan.
  • Hand 23 – God gebruik Paulus se Romeinse burgerskap om hom te laat beskerm deur die Romeinse soldate teen die Joodse leiers wat hom wil vermoor. Ironies dat ‘n garnisoen ‘n gevangene begelei en bewaar soos met ‘n VIP.(maar vir God en in Sy oe is ons VIP’s wanneer ons Sy Naam eer en verheerlik en verkondig.)
  • Die Fariseers en Skrifgeleerdes het ‘n ander idée oor die Opstanding as Jesus Christus as Messias, soos Paulus dit aan die Joodse Raad verkondig – en dis die rede van die konflik wat ontstaan.
  • Hand 24:25 – Felix was nie so geintereseerd in die evangelie as wat hy was om omgekoop te word nie. Hy was ‘n korrupte leier wat vonnis gefel het nagelang van die grootte van die omkoop geskenk wat aangebied is. Daarom het hy bang geword toe Paulus oor eerlikheid begin praat; en het hy Paulus stilgemaak.
  • Hand 25:8 – Soos Jesus het Paulus ook nie probeer om enige aardse koninkryk omver te werp toe hy die evangelie verkondig het nie – hy het mense selfs aangemoedig om die landswette na te kom.
  • Hand 26:18 – In die Bybel verwys donkerte/duisternis na plekke van pyn en swaarkry of verwarring. God se teenstanders word die heersers van die duisternis genoem; en die wie ongehoorsaam aan God is sal in die duisternis gewerp word (Matt.22:13). Lig word gebruik om na God en Sy Woord te verwys, as ook na mense en dinge wat God se waarheid openbaar. Satan is die bron van euwel en ‘duisternis’ en is God en Sy mense se teenstaander.

5.      Opsomming van Handelinge:

Handelinge


Handelinge is die tweede boek van Lukas, waarin hy vertel van die totstandkoming van die christelike kerk.

Na die Opstanding en hemelvaart van Jesus Christus, vind die beloofde uitstorting van die Heilige Gees plaas.
Hierdie gebeurtenis lei tot die bekering van christene, die vervolging van christene, en die verspreiding van die Blye Boodskap oor die verlossing van sondes deur geloof in Jesus Christus (ook onder nie-Jode) - deur die apostels van Christus (Petrus, Johannes, ens) en deur die bekeerling Paulus.

Dit vertel ook die verloop van Paulus se sending-reise en sy tog na Rome.

Handelinge is hoe elke christen veronderstel is om te handel: verkondig die Woord van God onverskrokke aan almal wat jy teekom!!!!

Handelinge 1:Belofte van die Heilige Gees; Judas se opvolger word gekies; Jesus se hemelvaart.
Handelinge 2:Uitstorting van die Heilige Gees - eerste bekeerlinge en eerste gemeente.
Handelinge 3:Petrus & Johannes - genesing van 'n verlamde; Petrus se toespraak.
Handelinge 4:hul verskyning voor die Joodse Raad.Gebed van die gelowiges en mededeelsaamheid.
Handelinge 5:Verhaal van Ananias & Saffira. Apostels doen wonderwerke en word vervolg.
Handelinge 6 & 7:7 Diakens word gekies om die gemeente te dien. Verhaal van Stefanus. (Saulus kom op die toneel).
Handelinge 8:Saulus vervolg die kerk. Evangelisasie in Samaria & Fillipus dood die Etiopier.
Handelinge 9:Saulus kom tot bekering en word Paulus - hy begin dadelik met evangelisasie.
Handelinge 10:Nog wonderwerke deur Petrus (wek Talita uit die dood; besoek Kornelius en hele gesin kom tot bekering): Nie-Jode ontvang ook die Heilige Gees.
Handelinge 11& 12:Petrus verduidelik evangelisasie onder nie-Jode; Jakobus word doodgemaak; en Petrus word gevange geneem - asook bevry. Herodes se dood.
Handelinge 13 & 14:Eertse sendingreis van Paulus en Barnabas.
Handeline 15 - 17:Vergadering in Jerusalem. Tweede sendingreis - Paulus & Timoteus (tot in Athene).
Handelinge 18 - 21:Derde sendingreis - tot terug in Jerusalem, waar hy weereens gevange geneem word.
Handelinge 22 - 28:Paulus verskyn in verskeie verhore waar voor almal getuig oor sy bekering. Hy word deur verskeie hooggeplaastes gesien en onskuldig verklaar. Omdat hy hom tot die keiser beroep, word hy na Rome geneem om ook hier voor die hoogste Romeinse gesag te kan getuig. Sy gevangeneskap lei tot die wonderlikste geleenthede om God se Woord te verkondig, wat andersins nooit moontlik sou wees nie.

God gebruik mense in alle moontlike omstandighede op alle moontlike wyses - hou net aan om Sy wil te doen en die evangelie te verkondig; Hy sal vir die res sorg!!!!!!



6.       Handleiding vir die christelike lewe:
Handelinge 2: 21 Almal wat die Here se Naam aanroep en Hom smeek om hulle sondes weg te vat, sal gered word.'" 38 "Laat staan dadelik julle sondes. Kom terug na God toe," het Petrus geantwoord. "Laat julle ook doop in die Naam van Jesus Christus. God sal julle sondes dan vergewe. Julle sal ook die Heilige Gees ontvang.39 Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle. En ook vir julle kinders. 41  Na Petrus se woorde het 'n groot aantal mense, omtrent 3 000, tot bekering gekom. Daarna is hulle gedoop.42 Van toe af het hierdie nuwe gelowiges gereeld bymekaargekom om te hoor wat die apostels leer. Hulle het nou in 'n splinternuwe verhouding met God en met mekaar gestaan. Hulle het ook gereeld saamgeëet en saamgebid.43 Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen. Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad.44 Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in 'n hegte eenheid saamgesnoer.45 Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het alles verkoop wat hulle besit het en die geld vir die armes gegee.46 Dag na dag het hulle ook na die tempel toe gegaan om God daar te aanbid. Hulle het ook by verskillende huise saam geëet. Hierdie maaltye was glad nie uitspattig nie. Al die gelowiges was vol vreugde.47 Hulle het God heeltyd geprys omdat Hy so groot en goed is. Die gelowiges se lewenstyl het die ander mense in Jerusalem aangegryp. Almal het daaroor gepraat. Daarom het daar elke dag baie mense tot geloof in Christus gekom.
Handelinge 3: 31 Na hierdie gebed het die gebou waarin die gelowiges bymekaar was, begin skud. Dit is veroorsaak deur die Heilige Gees wat met sy groot krag opnuut van hulle lewens besit geneem het. Hy het hulle gehelp om vreesloos aan te hou om oor God te praat en sy woord bekend te maak. 32  Die gelowiges was 'n hegte eenheid. Hulle het baie vir mekaar omgegee. Niemand van hulle het krampagtig aan hulle besittings vasgeklou nie. Die apostels het ook vir almal vertel dat God Jesus lewendig gemaak het. Hulle was glad nie bang om dit te doen nie.
Handelinge 4: 29 Petrus en die ander apostels het dadelik geantwoord: "Ons moet in die eerste plek aan God gehoorsaam wees, nie aan mense nie. 42 Hulle het hulle nie aan die Joodse Raad se waarskuwings gesteur nie, maar aangehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis die nuus bekend te maak dat Jesus die Christus is.
Handelinge 8: 21 Daarom moet jy jou lewe radikaal verander. Laat staan dadelik al jou goddelose dade.22 Vra God om jou te vergewe omdat jy gedink het jy kan geld maak uit die werk van die Heilige Gees.
Handelinge 9: 31 Gelowiges se vertroue in die Here het sterker geword. Hulle almal het ook groot eerbied vir die Here gehad. En hulle het al hoe meer bewus geword van die bystand en troos van die Heilige Gees in hulle lewe. 36 Sy het baie omgegee vir ander mense. Waar sy kon, het sy die armes gehelp en goeie dinge vir ander mense gedoen.
Handelinge 10: 2 Hy was 'n goeie mens. Kornelius en almal in sy huis het groot respek vir God gehad. Sy hand was altyd oop vir ander mense wat swaargekry het. Hy het ook baie tyd aan gebed afgestaan. 28 Maar gelukkig het God my oë oopgemaak. Hy het vir my gewys dat ek glad nie op mense uit ander volke mag neersien nie. 34  "Weet julle, ek sien nou dat God niemand voortrek nie," het Petrus geantwoord. "Hy het regtig nie witbroodjies nie!35 Hy aanvaar almal wat respek vir Hom het en wat doen wat reg is, maak nie saak uit watter volk hulle kom nie.
Handelinge 13:43 Paulus en Barnabas het nog lank met hulle gepraat. Hulle het vir die mense gesê: "Hou altyd net aan God se goedheid vas. Glo in Christus!" 47 'Ek het jou aangestel om 'n lig vir ander volke te wees. Jy moet vir almal tot aan die verste uithoeke van die wêreld gaan vertel dat Ek hulle verlos.'"
Handelinge 14: 3 Hulle was nie bang om oor die Here te praat en vir die mense van God se goedheid te vertel nie. Hulle het ook wonderwerke en allerhande buitengewone dinge gedoen. So kon die mense sien dat God regtig deur hulle praat. 22 Hulle het die gelowiges moed ingepraat en hulle aangemoedig om op God se pad te volhard. "Ons gaan nog baie swaarkry voordat ons na God se wêreld toe verhuis," het hulle ook vir die gelowiges gesê. 23 Hulle het ook ouderlinge in hierdie gemeentes aangestel wat moes sorg dat die gelowiges op die regte pad bly. Paulus en Barnabas het saam met hulle gebid en gevas om hulle aan die Here se sorg op te dra.
Handelinge 15: 20 Bly weg van die afgode af. Moenie van die kos eet wat aan hulle gode geoffer is nie. Moet julle nie skuldig maak aan seksuele sondes nie.
Handelinge 20: 24 My eie veiligheid is in elk geval nie belangrik nie."Al wat saak maak, is dat ek doen wat die Here vir my sê om te doen. En dit is om die goeie nuus oor God se goedheid bekend te maak. 35 Op dié manier wou ek vir julle wys dat julle nie net vir julleself moet lewe nie. Sien ander mense se nood en armoede raak. En help hulle. Onthou: ons Here Jesus het gesê: 'Dit is beter om te gee as om net te wil ontvang.'"
Handelinge 28: 30  Daarna het Paulus twee jaar lank in sy gehuurde huis in Rome gebly. Hy het almal wat hom kom besoek het met oop arms ontvang. Paulus het met al sy gaste oor God se nuwe wêreld gepraat.31 Hy het gesê dat Jesus die Messias, die Gestuurde van God is. Hy regeer nou as Here oor alles en almal. Niemand het Paulus verbied om oor Jesus te praat nie.

No comments:

Post a Comment