Wednesday 15 August 2012

Bybelstudie: Lukas



Lukas
Jesus, die Verlosser van almal, se aardse lewe se outobiografie.
1.     Eenjaar Leesrooster:
Okt. 15
Luk.1-2
20
13-15
16
*
21
16-18
17
3-6
22
19-21
18
7-9
23
22-24
19
10-12

2.   Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Lukas :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Aankondiging van Johannes
Geboorte van Johannes
Voorloper van die
Aankondiging van Jesus
Geboorte van Jesus
Seun van die mens
Johannes die voorloper
Jesus die Messias
Johannes



Hoofstuk 4
Hoofstuk 5-6
Hoofstuk 7
Geesvervulde
Dissipels van die
Bediening van
Seun van die mens
Seun van die mens
barmhartigheid
Jesus
Petrus,Jakobus & Johannes
Soldaat



Hoofstuk 8
Hoofstuk 9
Hoofstuk 10-11
Bediening  van
Bediening van
Seun van die mens aavaar
 bevryding
vermeerdering
Seun van mens teengestaan
Saaier
Seun
70 uitgestuur



Hoofstuk 12
Hoofstuk 13
Hoofstuk 14
Die Seun van die mens
Stories van
Stories van
waarsku
die gevaar
die koste
12 toegerus
"Bekeer!"
"Bereken!"



Hoofstuk 15
Hoofstuk 16
Hoofstuk 17
Stories van
Wenke vir
Wenke vir
verlore goed
rentmeesters
diensknegte
"Soek!"
Getrouheid
Vergewing



Hoofstuk 18
Hoofstuk 19
Hoofstuk 20
Wenke vir
Die tempel
Die tempel
selftevredenes
gereinig
se leiers
Nederigheid
Triomf
Toetsing



Hoofstuk 21
Hoofstuk 22
Hoofstuk 23
Die tempel
Die Paaslam
Die Koning van
se einde

die Jode
Toekoms
Verwerp
Veroordeel



Hoofstuk 24


Opgestane


Heiland


Verrese



3.       Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Luk 1-2
Een van die tekens van Geesvervuldheid is om te “sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander
geestelike liedere” (Ef 5:19)
Musiek en sang is een van die beste maniere om te loof en prys en aanbid.
JC – die Seun van die mens – is die volmaakte, sondelose mens; maar ook volmaak God. Hy het
dieselfde as ons ervaar en verduur, en juis daarom kon Hy as God ons sonde aan die kruis dra sodat
ons verlos kan word. Dank God daarvoor.
Luk 3-6
Satan is slim en lustig – daar is slegs een verdediging teen hom : die Woord van God (Ps.119:11)
Ken jy jou Bybel goed genoeg om die duiwel te kan teenstaan en weerstaan?
Bestudeer die Bybel, memoriseer dit en wees gereed vir satan se aanval.
Luk 7-9
Gebed is om die behoeftes waarin jy nie kan voorsien nie, oor te gee aan die God wat in elke
behoefte voorsien. (Fil.4:19)
Maak hierdie jou leuse: Ek vertrou terwyl ek wag, want my God is nooit laat nie. En Hy voorsien
 altyd oorvloediglik (Hfst 9)
Luk 10-12
Evangelisasie is die permanente taak van die hele kerk, nie die stokperdjie van ‘n paar lidmate nie
Ons moet die evangelie een-tot-een oordra: praat met een persoon oor Christus en lei hom/haar so na
 die Here. JC het Sy dissipels ook so uitgestuur en so be-opdrag.
Luk 13-15
God is vir elkeen van ons so lief asof ons die enigste mens is om lief te hé. God vergeet jou nooit (Hfst 15)
Maar moenie probeer om God se waarheid aan te pas volgens menslike voorkeure nie – noem die ding
by die naam en moenie compromise nie.
Luk 16-18
JC self beklemtoon die belangrikheid om te volhard in gebed (18:1-8; 9-14)
Onthou gebed is harde werk, maar deur gebed kry jy leiding en versterking van God af; en word jy
‘n kanaal van Sy krag.
Luk 19-21
Laat ons gee volgens ons inkomste, voordat God ons inkomste aanpas by ons gawes.
Iets wat vir ons onbelangrik lyk, kan voor God baie tel. (bv.19:7 & die weduwee se penning).
Luk 22-24
Maak ‘n lys van al die seeninge wat God jou daagliks gee – en onthou 24:6 “Hy is nie hier nie,
 Hy is uit die dood opgewek!” Loof en prys God.
Prys God, al verstaan jy nie wat Hy doen nie!!

4.       Ekstras:
  • Jesus was MENS op aarde:
Daarom KAN ons soos Jesus wees – gehoorsaam, met onvoorwaardelike vertroue en geloof in God, liefdevol en ons kan versoekings weerstaan:
    1. Lukas 4:13 – na Jesus die duiwel se versoekings weerstaan en hom bestraf het, het die duiwel Hom vir ‘n rukkie uitgelos.
    2. Lukas 5:17(b) – God het aan Jesus die mag gegee om siekes te genees.
    3. Lukas 9:28-36 – God stuur die enigste ander 2 mense wat lewend in die hemel opgeneem is (Moses & Elia) om Jesus ‘n “pep-talk” te kom gee oor wat vir Hom voorle, indien Hy kies om gehoorsaam te wees en gekruisig te word.
    4. Lukas 9:51 – Jesus neem die wilsbesluit om na Jerusalem en Sy kruisdood te gaan.
    5. Lukas 10:21 – Jesus ervaar die vreugde vanaf die Heilige Gees; en bid ‘n lofgebed tot God.
    6. Lukas 22:39-42 – Jesus is bang vir wat voorle en bid in groot angs tot God; MAAR Hy bly steeds gehoorsaam omdat hy weet God sal daardeur verheerlik word.
    7. Lukas 6:12 – Jesus sonder Hom af en bid die hele nag om God te vra wie Sy 12 apostels moet wees. Hy doen niks voor Hy nie vir God gevra het wat Sy wil is nie !!
  • Beelsebul was ‘n Baalse afgod – beteken “prins van die gode / god van krag”. Die Jode verander die naam effens en maak van hom ‘n bespotting: BeelsebuB = god van die vliee.
  • Die uitstuur van 72 dissipels (Lukas 10:1-12)– hierdie ouens is gewone volgelinge soos ONS. En hulle het a.g.v hul geloof die mag oor bose geeste en siektes ontvang. Die 72 is ‘n verwysing na Gen.10 – al die nasies van die aarde.
  • Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37): Die priester en Leviet het verby gestap omdat hulle nie bereid was om bietjie verontrief te word en deur ‘n reiningingseremonie te gaan nadat hulle aan bloed geraak en dus as onrein en unfit vir tempeldiens beskou te word. Dus, naasteliefde beteken in kort om iets vir iemand anders te doen wat jou verontrief!!!!
  • Lukas 11:33-36 = Jesus gebruik die voorbeeld van ‘n olie lamp om te verduidelik dat as ons op God se liefde fokus, ons vry is van ‘n lewe van duisternis. God se lig verander ons lewens.
  • Lukas 11:38-39 = wat in ons binneste aangaan, is baie belangriker as om wette te gehoorsaam.
  • Die Fariseers het gefokus op netheid i.p.v kindness; om geskenke aan God te gee i.p.v eerlikheid
  • Lukas 12:11-12 = as jy jou geloof in JC belei, sal die HG jou die woorde gee om jou man te staan teen jou teenstanders. Vertrou in God – Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.
  • Lukas 12:13-21 = Jy kan geld en besittings nie saam vat as jy sterf nie.
  • Pilatus was volgens geskiedskrywers ‘n ongelooflik wrede regeerder, wat niks gevoel het vir menselewens en godsdiens nie. Tog was hy sy hande aan JC en stel dit duidelik dat Hy onskuldig is. Terwyl die Joodse leiers wat die Messias verwag het, Hom laat doodmaak.
  • Lukas 15 – “Die verlore seun”- Die wat bereid is om na God terug te keer, sal nie deur God gestraf word omdat hulle afgedwaal het nie. Hulle sal terug verwelkom word met die vreugde van ‘n Vader wat ‘n verlore seun terug ontvang.
  • Die ring en sandale wat aan die seun gegee word, bewys dat die vader hom volkome as seun aanvaar – slawe het nie sandale gedra nie; en die ring is die bewys van ‘n hoe posisie in die samelewing.
  • Lukas 15:11-32 = Ons as gelowiges moet bly wees as ander tot bekering kom. Ook oor die wat ons nie kan glo gelowig kan word nie.
  • Lukas 16:9-13 = Gebruik geld (wat geen ewige waarde het nie) om vir jou ‘vriende” in die hemel te maak – wend geld aan om te help dat ander / vreemdelinge tot bekering kom.
  •  Verantwoordelike eienaarskap is ‘n tema regdeur Lukas. Dit is soms meer as om net geld vir die armes te gee – dit kan ‘n hele nuwe lewenswyse behels.
  • Lukas 17:11-17 = slegs die Samaritaan erken JC se mag vanaf God en gee dank en erkenning aan God. Die 8 Joodse melaatses wil sake met die Joodse owerhede (priesters) regstel – en gee nie aan God dank of erkenning vir hul genesing nie.
  • Lukas 18 = Net soos die mense in Noag se tyd nie geglo het dat God die aarde sou verwoes met ‘n vloed nie; net so het die mense ook nie geglo dat die Seun van die Mens sou kom om te oordeel oor die mensdom en om vrede op aarde te herstel nie.
  • Die dissipels se salarisse : hulle het alles gelos om JC te volg – hulle het nuwe “gesin/families’ gekry as deel van die groep wat JC volg. Niemand het tekort geskied nie, omdat die (in die groep) wat besittings gehad het, dit met almal gedeel het.
  • Kinders het geen regte – hule is afhanklik van hul ouers vir alles – dus gebruik JC kinders as voorbeeld om te wys dat die weg na die Koninkryk is vertroue in God se liefde.
  • Die Woord van God (Evangelie) moet bestudeer, oordink en uitgeleef word om lewens te verander en vrug te dra.
  • Na die verwoesting van Jerusalem en die tempel in 70 AD, en die verstrooiing van die Jode oor die wereld heen, het die godsdiens praktyke verander na die bestudering van die Skrif en gebede, i.p.v diere-offers.
  • Lukas 21:6 = JC stel dit dat HOE mense aanbid en leef is baie belangriker as hoe die plek waar hulle aanbid lyk.
  • Lukas 21:26 = In die ou tyd is die sterre vergelyk met koninkryke en nasies of spirituele magte. Dus stel JC dit dat God aardse en spirituele magte sal skud wat HOM teenstaan.
  • Lukas 22 = JC bid dat die lyding hom gespaar moet bly; maar bly bid dat GOD se wil moet geskied. HY gee homself oor met volle vertroue dat GOD in beheer is.
  • Lukas 23:45 = Die skeuring van die gordyn met JC se sterwe versinnebeeld dat daar nie meer ‘n barrier tussen ons en GOD is nie – JC het die weg na God vir ons oopgemaak. Ons het nou direkte en konstante toegang tot God – niemand hoef as tussenganger (priester) vir ons op te tree nie.
  • Lukas 24: Die opgestane JC ontmoet ons in ons telleurstellings, verduidelik die Skrif aan ons, openbaar sy teenwoordigheid aan ons met die breek van die brood (nagmaal) en stuur ons uit na ons broers en susters met die blye boodskap. JC se werk stop nie met Sy hemelvaart nie; die gaan voort  met ons wat uitgetsuur word die wereld in om te getuig van die verlossing wat Hy gee.
  • Lukas was die skrywer van die Lukas Evangelie & Handelinge.


5.       Opsomming van Lukas:

Lukas


Die evangelie van Lukas is die beste outobiografie van Jesus se aardse lewe. Dis elke persoon, christen en nie-christen, wat meer oor Jesus se aardse lewe wil weet.
Lukas het die gebeure baie deeglik nagevors en baie duidelik en mooi uiteengesit. Hierdie is die ideale boek vir nuwe christene of mense wat jy tot christenskap wil lei, om Jesus te leer ken want dit beeld God se heilsplan uit soos geopenbaar deur Jesus Christus.
Die boek kan in 7 "verhale" verdeel word:
  1. die Geboorteverhaal:Hfst 1&2- aankondiging van Johannes die Doper en Jesus se geboorte; asook die onderskeie geboortes.
  2. die Voorbereidingsverhaal:Hfst 3&4- Johannes die Doper se werk; Jesus se doop en Sy versoeking deur satan in die woestyn.
  3. die Galilea-verhaal: Hfst 5-9- Jesus se wonderwerke begin: besetene in Kapernaum; Jesus begin Sy dissipels bymekaar maak; genesing van 'n melaatse; genesing van Petrus se skoonma; Verlamde man loop; roeping van Levi; Jesus se prediking en leringe; genesing van die offisier se slaaf; opweking van die weduwee se seun; verskeie gelykenisse; Jesus maak die storm stil; uitdryf van bose geeste; Jairus se dogtertjie word opgewek; die vrou met bloevloeiing; Jesus stuur die dissipels uit; vermeerdering van brode; Petrus se geloofsbelydenis en Jesus kondig Sy eie dood aan.
  4. die Reisverhaal: Hfst 10-19- Sending van 72 dissipels; die barmhartige Samaritaan; Jesus besoek Marta & Maria; Jesus onderrig ons in gebed (hfst.11); Jesus gee baie leringe oor baie sake, veral deur gelykenisse;
  5. die Jerusalem-verhaal: Hfst 19-21- Jesus se intog in Jerusalem; die reiniging van die tempel; Jesus se profetiese redes.
  6. die Lydingsverhaal:Hfst 22-23- die Paasmaal; instelling van die nagmaal; Getsemane; Jesus word gevange geneem en deur Judas verraai; Petrus verloen Jesus; Jesus voor die Joodse Raad en Pilatus en Herodus; Jesus word gekruisig, Hy sterwe en word begrawe.
  7. die Opstandingsverhaal:Hfst 24- Jesus se opstanding uit die dood!! Ons God is GROOT en GOED!!!!!die Emmausgangers; Jesus verskyn aan Sy dissipels; Jesus se hemelvaart.
6.       Handleiding vir ‘n christelike lewe:
Lukas 3:10"Sê asseblief vir ons wat ons moet doen om in die regte verhouding met God te leef."
11 Johannes sê toe: "As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.
Wees eerlik. Moenie julle mag misbruik nie. Moenie mense met geweld intimideer nie. En moenie mense afpers om geld uit hulle te probeer kry nie. Wees tevrede met julle betaling. 18 Johannes het die mense aangespoor om te doen wat God vra. God se goeie nuus het dag na dag oor sy lippe weerklink.
Lukas 4:4 Toe sê Jesus: God se Woord is belangriker as kos. Jy mag net die Here as jou God aanbid. Hom alleen moet jy dien. Jy mag nie die Here jou God uittart nie.
Lukas 5: 25 Die man het nie 'n oomblik gehuiwer nie. Voor almal het hy opgestaan, sy draagbaar gevat en na sy huis toe gestap. Hy het God hardop geloof en geprys. Levi het nie op hom laat wag nie. Hy het alles waarmee hy besig was net so gelos en saam met Jesus gestap.
Lukas 6: 27  "Kom Ek sê nou vir julle hoe Ek wil hê julle moet leef. Julle moet julle vyande liefhê. Wees goed vir almal wat julle haat. Moenie hulle sleg behandel nie.28 "Spreek die Here se seën uit oor elkeen wat julle vloek. Moenie iets leliks terugsê nie. Bid vir almal wat julle beledig.29 "As iemand jou deur jou gesig klap om jou te beledig, moenie terugslaan nie. Nee, sê vir hom om jou sommer nog 'n keer op jou ander wang te klap."As iemand jou klere wil vat, skenk dan nog 'n ekstra stel van jou beste klere aan hom.30 "As iemand iets van jou wil hê, gee dit. Wanneer iemand iets van jou gevat het, moenie dit later gaan terugvra nie.31 "As daar een reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Spring hulle dan voor: gaan tree eerste so teenoor hulle op. 35 "Ek sê vir julle: julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan hulle. Deel julle besittings met ander sonder om iets terug te verwag. 37  "Moenie ander mense oordeel of verdoem nie. Vergeef ander mense. 38 "Deel julle besittings met ander, dan sal God vir julle sorg”. Ken daarom jou plek voor God en ander. Wees nederig.
Lukas 10: "Die wet sê jy moet die Here jou God liefhê met alles in jou: met jou wil, jou emosies, jou krag en jou denke. En jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself."
Lukas 12: 29 "Ek sê weer: hou op om julle heeltyd te bekommer oor dinge soos kos en klere. En moenie so angstig wees oor alles nie. Dit is goed waaroor al die nasies van die wêreld wat nie in God glo nie hulle bekommer.30 Maar julle het 'n Vader in die hemel. Hy is baie lief vir julle en Hy weet presies wat julle nodig het.31 Al wat julle moet doen, is om heeltyd sy koninkryk eerste te stel. Leef dag en nag soos burgers van sy nuwe wêreld. En los die res vir Hom. Hy sal wel sorg dat julle alles kry wat julle elke dag nodig het.
Lukas 13: 5 Ek sê weer 'n keer: God werk nie so nie. Hou op om allerhande uitsprake oor ander se lewe te maak. Kry liewer julle eie lewe in orde. Binnekort is julle ook dood. Dan is dit vir altyd te laat om julle saak met God reg te maak."
Lukas 17: 3 "Sorg dat jy elke dag op die regte pad bly. Wanneer dinge skeefloop tussen jou en ander gelowiges, gaan stel dit dadelik reg. Veral wanneer 'n ander gelowige 'n lelike ding aan jou doen. Gaan spreek hom daaroor aan. As hy jammer is daaroor, moet jy hom dadelik vergewe en daarvan vergeet.
Lukas 18: 8 Hy luister na almal wat dag en nag tot Hom bid. Hy sal uitkoms gee. En gou ook! Hou maar net aan om te bid.
Lukas 21: 19 Onthou: God se nuwe wêreld wag op almal wat tot die bitter einde toe volhard." 35 "Ek waarsku julle nou voor die tyd: kry julle lewe in orde. Vandag nog! Bid elke dag dat die Here julle sal oppas en julle sal help om reg te leef.
Lukas 22: 27 As julle regtig belangrik wil wees, moet julle die minste wees. Dié van julle wat die meeste respek verdien, moet van nou af die heel geringste wees. Behandel ander mense met groot respek, maak nie saak wie hulle is nie. Elkeen van julle wat 'n baie belangrike posisie wil beklee, moet nou dadelik julle moue oprol en begin om ander gelowiges te dien.
Lukas 24: 47 Wel, van nou af gaan julle hierdie goeie nuus wêreldwyd oorvertel; van hier in Jerusalem af tot aan die uithoeke van die wêreld. Julle moet vir ander mense sê om hulle sondes te laat staan en dat hulle hulle tot God moet bekeer. Sê vir hulle dat al hulle sondes vergewe word wanneer hulle in My glo.

No comments:

Post a Comment