Tuesday 24 July 2012

Bybelstudie: Johannes



Johannes
Jesus is self God, en die enigste Verlosser en Saligmaker vir die wereld.
1.     Eenjaar Leesrooster:
Okt. 24
Joh.1-2
25
*
26
3-5
27
6-8
28
*
29
9-12
30
13-17
31
18-21
2.   Samevatting van die Eenjaar Leesrooster / Walk Through the Bible:
Johannes :


Hoofstuk 1
Hoofstuk 2
Hoofstuk 3
Die Seun van God as
Die Seun van God se gesag
Nikodemus
die Woord              die Lam
oor die natuur    oor die tempel
in die nag
Die Woord word mens
die water word wyn
weergebore



Hoofstuk 4
Hoofstuk 5
Hoofstuk 6
Die vrou
Die verlamde
5 000
by die put
langs die bad
gevoed
water van lewe
wondergenesing
"Ek is die Brood"



Hoofstuk 7
Hoofstuk 8
Hoofstuk 9
Jesus die
Egbreekster
sig vir
Christus
vergewe
n blinde
"Ek is die Messias"
"Ek is voor Abraham"
"Ek is die lig"



Hoofstuk 10
Hoofstuk 11-12
Hoofstuk 13-16
Herder vir
Lewe vir Lasarus
Laaste woorde aan dissipels:
die skape
Koningskap vir Christus
Dien      Glo      Bly      Oorwin
"Ek is die ingang"
"Ek is die opstanding"
Onderrig



Hoofstuk 17
Hoofstuk 18
Hoofstuk 19
Laaste gebed
verraai en
verhoor en
vir die dissipels
gevang
veroordeel
Voorbidding
Voor die kruis
Aan die kruis



Hoofstuk 20-21


verskyning aan dissippels


by graf   by meer  in kamer


Ná die kruis



3.       Opsomming van “Walk Through the Bible”:
Joh 1-2
JC is vir elkeeen van ons afsonderlik life, en gee vir elke mens om. 1:34 = “Die volgende dag wou Jesus
 na Windhoek vertrek; en Hy het  Esmé (jou naam) gekry en vir hom/haar gesé: Volg My.” Ons Here se
 boodskap bly dieselfde. Dit is nie vir massas bedoel nie, maar vir elke mens.
Dis nie wat ons kry wat ons ryk maak nie, maar wat ons weggee.
Redding is om te verander van ‘n lewende sterwende na ‘n onsterflike lewende. Net God kan ‘n mens
red deur die plaasvervangende dood van Sy Seun, Jesus Christus – en Sy opstanding uit die dood.
Joh 3-5
Redding begin as jy jou sonde begin raaksien.
Jesus se bediening was nie beperk tot die tempel of sinagoge nie. Op elke plek en geleentheid was
 Hy altyd gereed met die regte woord en ‘n genesende aanraking.  Wat van jou? Is jy altyd en oral
 beskikbaar vir God?
Joh 6-8
Sommige sien net ‘n hopelose einde, maar die christen juig in ‘n eindelose hoop.
As God iets goeds wil doen, begin Hy met ‘n probleem. As Hy iets groots wil doen, begin Hy met
‘n onmoontlikheid. Dit beteken wat ook al vandag vir jou voorlé, die kanse is goed vir ‘n wonderwerk!!!
Al wat nodig is om God se uitkoms in enige situasie of omstandigheid te ervaar, is dat jy jou magteloosheid
moet erken.
JC is God se antwoord op elke mens se totale nood.
Joh 9-12
Jesus Christus is niks minder as die Seun van God nie, en jy kan slegs deur Hom die ware lewe –
ewige lewe – verkry. (20:30-31)
Joh 13-17
‘n Biddelose dag is ‘n seenlose dag; en ‘n biddelose lewe is ‘n kragtelose lewe.
Joh 17 leer jou bid:
1.              Kort gebede; 
2.              Spesifieke gebede;
3.              vir jouself;
4.              vir jou familie;
5.              en vir God se werk oor die hele wereld.
Dus, stort jou hart uit voor jou hemelse Vader; en tree in vir mense wat jy ken (en nie ken nie,
 maar wat God se dienaars is, en dié wat nog tot bekering moet kom)
Joh 18-21
God se werk wat op God se manier tot God se eer gedoen word, sal nooit God se voorsiening kortkom nie.
Jou daaglikse werk moet eintlik net daar wees om die rekeninge te betaal – jou eintlike voltydse werk is
 om ‘n christen te wees; en die evangelie te verkondig.

4.       Ekstras:
·         Johannes is die enigste evangelie wat deur ‘n ooggetuie / dissipel geskryf is.
·         Joh 1:1-3 = dieselfde beskrywing as in Genesis verduidelik hoe God die aarde geskep het. Die Griekse woord wat hier vertaal word as “Woord”, beteken ook rede of doel. In die Joodse Ou Testament gebruik God Wysheid om te skep. Dit wys ook God se mag – die mag om te skep deur slegs die woord te spreek. In Joh verwys die Woord na JC, wat God se boodskap na die mensdom bring en om God se mag en doel te verduidelik. Dit bewys ook dat al is JC as mens gebore, is HY waarlik God, want Hy bestaan saam met God van voor die begin van tyd af.
·         Joh 1:26 = Johannes doop met water om te simboliseer dat die ou lewe weg gewas word, en dat jy nuut gemaak word.
·         Joh 1:9 = JC = Lam wat vir ons sonde geslag moet word, soos die paaslam geslag is vir die Israeliete met die trek uit Egipte – en elke daar opvolgende paasfees.
·         Joh 1:33 = Doop in die naam van JC maak mense heeltemal nuut van binne en buite deur die gawe van die HG. Soos God die HG oor JC uitgestort het, sal JC die HG uitstort oor die wat Hom volg.
·         Messias & Christus beteken Uitverkorene – gekies deur God – God het aan Hom die authoriteit gegee – om Sy mense te lei.
·         Joh 3:14 = soos die slang op die kruis die Israeliete gered het van dood in die woestyn weens slangpik, so red JC op die kruis ons van die slange / sonde van die wereld.
·         Joh 4:37 = Die wat die saad plant, is die wat die Woord versprei. Die wat die oes inbring, is die wat ander help om in JC te vertrou.
·         Joh 5:14 = Sonde is wanneer jy van God wegbeweeg en ongehoorsaam is aan SY Woord en wette .
·         Joh 5:25 = die wat JC se boodskap van vergifnis en ‘n nuwe lewe aanneem, sal ewig lewe – ook die wat reeds gesterf het as gelowiges.
·         “Manna” direk vertaal, beteken “Wat is die?”.
·         Joh 6:35 = JC = Manna = God het manna gegee sodat die Jode in die woestyn kon oorleef – JC is ons manna om die ewige lewe te kry.
·         Fariseers = kenners van die wet van Moses. Sadusseers = bestudeer die skrifte (skrifgeleerdes).
·         Joh 8:24 = die wat nie in JC glo as Seun van God nie, sny hulle self af van die vergifnis wat God gee in JC.
·         Joh 12:24 = as jy JC wil volg, moet jy alle aardse verbintenisse afsny en bereid wees om jou lewe te gee om die ewige lewe te verkry.
·         Joh 12:44 = geloof in JC = vertroue in God
·         Joh 14 = die HG is God se kragtige teenwoordigheid in die wereld. Die HG moet JC se plek op aarde inneem, Sy werk voortsit en tot volheid bring deur gelowiges.
·         Joh 14:27 = die vrede van JC is nie net aardse vrede nie, maar volkome wellbeing and wholeness of mind, body and spirit/soul.
·         Die wat hul geloof in JC plaas, kan seker wees dat niks hulle kan skei van die liefde van God nie.
·         Dissipel = volgeling / leerling. Apostel = gekies vir ‘n spesiale missie.
5.      Opsomming van Johannes:

Johannes


Johannes, Jesus se geliefde dissipel, skryf die evangelie om aan alle mense te verduidelik dat Jesus waarlik God is, wat as mens gestuur word deur God ons Vader omdat Hy ons so lief het dat Hy Sy Seun stuur om ons sondes met Sy bloed te kom wegneem, en aan ons die ewige lewe kom skenk as kinders van God.

Jesus se identiteit as God word weergegee met al die wonderwerke; en ook deur Jesus se eie woorde en dade.
Die Heilige Gees se funksie word pragtig weergegee. En die belofte dat ons ook die Heilige Gees sal ontvang by ons bekering en geloof in Jesus, is 'n wonderlike en vreugdevolle gebeurtenis om na uit te sien en na uit te reik.

Johannes 1:Die hoof figuur, Jesus Christus, word bekend gestel - die Woord is wat mens geword het; Hy is die Lam van God.
Jesus roep die eerste dissipels.
Doop deur Johannes die doper - na die uitstorting van die HG oor Jesus, en God se verklaring dat JC Sy Seun is, begin Jesus se bediening.
Johannes 2 - 12:Jesus se wonderwerke, prediking en bediening -
  1. Bruilog in Kana = water in wyn;
  2. reiniging van die tempel;
  3. Nikodemus;
  4. Samaritaanse vrou;
  5. genesing van die regeringsamptenaar se seun;
  6. Sabbatdag genesing by Betesda;
  7. die Seun maak lewend;
  8. Eerste vermeerdering van brood en vis;
  9. Jesus loop op die see (om Sy dissipels te red uit die storm);
  10. Ongeloof en geloof onder Sy dissipels en broers;
  11. Die owerspelige vrou;
  12. Jesus is God - sekere mense sal dit aanvaar en gered word; ander nie.
  13. Genesing van die blinde man - en die Joodse Raad se reaksie daarop;
  14. Jesus is die goeie herder;
  15. Lasarus se dood en opstanding;
  16. Maria salf Jesus met olie;
  17. Jesus se intog in Jerusalem.
Johannes 13-16:Die laaste dae -
Die avondsmaal waar Jesus Sy dissipels se voete was, vir Judas uitwys en die dissipels voorberei om wat kom. Ook wat voorentoe van hulle verwag word.
Petrus word ingelig dat hy Jesus sal verloon; Jesus verduidelik Hy moet terug na die Vader (om vir ons in te staan) en dat die Heilige Gees in Sy plek by en in ons sal kom woon. Jesus beveel ons om mekaar lief te he; om in Hom te bly en nie afvallig te word nie; en Hy verduidelik die werk van die Heilige Gees. Hy verseker ons dat Hy die wereld en die bose oorwin het (en ons saam met Hom deur ons geloof in Hom).
Johannes 17:Jesus se gebed vir Sy dissipels en alle gelowiges.
Johannes 18 - 21:Jesus word gevange geneem; verhoor voor die Joodse Raad en Pilatus; en word oorgegee om gekruisig te word.
Die kruisiging; Sy dood en begrafnis; en die lee graf!!
Jesus verskyn aan Maria Magdalena, Petrus en Johannes - asook later aan al die ander dissipels en laaste aan Tomas.
Laastens verskyn Jesus weereens aan Sy dissipels (en vermeerder vir die 3de maal brood en visse).
Petrus ontvang sy opdrag om die leier van die kerk te wees.
6.      Handleiding vir ‘n Christelike lewe:
Johannes 4: 34 Jesus help hulle toe reg: "Weet julle wat is vir My soos kos? Dít: om presies te doen wat God wat My gestuur het, wil hê Ek moet doen. Alles wat Hy wil hê Ek moet doen, wil Ek klaarmaak. Wanneer Ek dit doen, voel Ek 'versadig', net soos iemand wat lekker geëet het. 36 Die oes word nou reeds volstoom ingesamel. Mense wat 'oes', kry al hulle 'lone'. Dit gaan natuurlik nie om 'n gewone oes nie, maar om die 'oes van mense'. Omdat hulle deel van die 'oes' is, sal hulle vir altyd saam met God leef.37 Julle ken mos die gesegde: 'Die een saai en die ander een maai.'38 Dit is ook hier waar. Julle weet wat julle in die wêreld vir My moet doen: julle moet gaan om hierdie 'oes' in te samel, al het julle nie self daaraan gewerk nie. Ander mense het hard daaraan gewerk. Julle moet egter die goeie resultate van wat hulle gedoen het, gaan insamel."
Johannes 8: 31  Jesus sê toe vir hierdie Jode wat hulle vertroue in Hom begin stel: "Julle is regtig my volgelinge as julle glo wat Ek sê. Hou vas daaraan en leef daarvolgens. So sal julle ontdek wat vir God belangrik en sinvol is.32 En hoe meer julle dit ontdek, hoe meer sal julle word wat God julle gemaak het, vry mense." 51 Nou wil Ek regtig vir julle iets belangriks sê: as iemand dit wat Ek sê so ernstig opneem dat dit die enigste manier word waarop hy dink en optree, sal hy nooit, maar nooit, geestelik doodgaan nie."
Johannes 9:31 Ons almal weet tog dat God nie na mense luister wat niks met Hom te doen wil hê nie. God verhoor slegs die gebede van iemand wat Hom dien en so optree dat God met hom tevrede voel. 
Johannes 12: 26 "Iemand wat My wil dien, moet dus bereid wees om my voorbeeld te volg. Hy moet in enige situasie presies doen wat Ek sou doen; ja, in hierdie lewe moet hy aan die werk wees op plekke waar Ek graag sou wou werk. God self sal iemand wat dít doen, prys.
Johannes 15: 4 "Niks moet ons van mekaar skei nie! Julle moet baie naby aan My bly, soos takkies wat aan die druiwestok vasgegroei is. Ek sal net so naby aan julle bly  - soos 'n druiwestok wat vasgegroei is aan sy takkies. 'n Takkie kan mos nie druiwe dra as dit eenkant lê en nie aan die druiwestok vas is nie. Net so het julle My nodig om 'n goeie, vrugbare lewe te kan lei. Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My. Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees. So sal julle vir God 'n vrugbare lewe kan lei. 10 Julle vra: Hoe kry 'n mens dit reg? As julle doen wat Ek vra en dit goed doen, wys julle hoe julle my liefde vir julle waardeer en geniet. Ek doen dit self. Ek doen wat my Vader vra omdat Ek sy liefde vir My so waardeer. 16 Julle het Mý nie gekies nie. Dit was Ek wat julle gekies het. En Ek het julle met 'n doel gekies: julle moet 'n vrugbare lewe vir God gaan leef. Ja, julle moet 'n permanente verskil in hierdie wêreld gaan maak. Vra God om julle daarmee te help en Hy sal dit doen.17 Onthou wat die verskil maak: julle moet mekaar liefhê."
Johannes 17: 17 Laat hulle besef dat hulle spesiaal aan U behoort omdat hulle in niks anders as die waarheid belangstel nie. "Hulle weet wat die waarheid is, want hulle ken u boodskap.18 Daarom stuur Ek hulle na die sondige mense in die wêreld toe met daardie boodskap. "Ek stuur hulle met dieselfde doel en opdrag as waarmee U My gestuur het.19 Ek wy My nou geheel en al aan U toe sodat hulle daarby kan baat vind. Hulle sal dan ook geheel en al aan U toegewy wees omdat hulle hulle bes probeer vir wat waar en eg is."